‘n Uittreksel uit die boek “Vryheidsvegters van die ZAR” geskryf deur dr Gustav Norval 
Die Australianers was bekend vir hul misdade en wreedhede teenoor die Boerefamilies gedurende die Tweede Vryheidsoorlog van 1899-1902. Hulle het in baie gevalle krygsgevange mans, vrouens en kinders in die verre Noord-Transvaal vermoor en hul vee geplunder. Geroofde vee was in Rhodesië verkoop vir eie gewin. Wat kan ’n mens in elk verwag van Australië, waar sowat een derde van blankes afstam van kriminele mans en straatvroue wat Engeland in die 1800’s in Australië afgelaai het? Aanvanklik wou Engeland die skobbejakke in die Kaap aflaai, maar gelukkig het die Kapenaars so ‘n bohaai opgeskop, dat die kroeks toe in Australië afgelaai was.
Die Boere was ook meer hatig teenoor Australianers as teenoor die Britte, vanweë hul berugte ongenaakbare houding teenoor die Boere. Wat hulle so gevaarlik gemaak het, was dat hulle net soos die Boere goeie ruiters en skuts was, weens hul harde leefwyse in die Australiese “outback” landskap. Die Australiese troepe was onder die wanindruk dat hulle moes kom om te veg teen wreedaards wat die uitlanders se vroue en kinders ernstig mishandel het. Hulle het egter gou agtergekom dat dit alles ‘n versinsel was en daarna was aan hulle voorgehou dat hulle vir “equal rights” veg.
Generaal Chris Muller en 150 burgers het hul kans gekry om ‘n Australiese kamp op die plaas Wilmansrust, aan te val. Twintig man moes die perde vashou en 130 het die kamp tot 50 meters bekruip en gewag tot Kmdt. Groenewald die eerste skoot afgevuur en “storm, voorwaarts” geskree het. Die 516 Australianers se gewere het in bondels teen mekaar gestaan en meeste troepe het onder hul komberse op die grond gelê. Die aanval het gedurende ‘n koue aand van 12 Junie 1901 plaasgevind en was ‘n groot sukses. Die Boere het 6 man verloor, maar talle Australianers het in die stof gebyt. 120 Perde was gedood en 7 waens met voorraad was gebuit. Die burgers het 300 perde, 3000 pom-pom bomme, gewere, saels, tooms en bandoliers gebuit en op die koop toe, was 400 van die vyand asook ‘n joiner, byname Drotsky, gevang. Lg. was later tereggestel.
Die oggend na die aanval het kaptein Hindon en 8 man van die treinbuiterskorps by die Australianers se kamp aangekom om te kyk of daar nog bruikbare items vir sy kommando was. Die nege man het ‘n paar beeste en 40 perde aangekeer en oppad na hul laer het twee perdesoekers by 'n rantjie verby hulle gery, waar Lt. Coulter van die Australiese kamp hulle van agter ‘n rots beveel het:
“stop…. Hands-up you ### Dutch!”
Die twee burgers, naamlik Johannes Nicholaas Hercules Grobler (40jr.) van Bethal en Jurg van Dyk, het van hul perde afgepring en op Coulter gevuur. Die troepe het losgebrand en Grobler gedood en Jurg in die kuit gewond toe hy weggehardloop het. Beide se perde is doodgeskiet en Jurg het daarin geslaag om weg te kom. ‘n Australiër genaamd Redstone het Grobler se lyk met sy stewel omgerol en sy sakke deursoek. Daarin was ‘n bebloede brief, ‘n Bybel en twee pennies. Dit was al wat hy sy vyand kon bied, behalwe sy lewe en so het hy op sy eie plaas, “Witbank”, gesterf. Dit was egter nie al nie, want toe sy maats hom later kom soek het, was sy lyk deur sangomas vermink, sonder kop, bene en arms. Sy oorskot was daarna op Witbank-plaas begrawe. Sy naam verskyn op die Burgergedenkteken in Bethal, saam met diegene wat by Wilmansrust gesneuwel het, naamlik LCJ van Vuuren (22 jr.), P Olivier (19), W Smit, PA Venter (32), WC Loftus (50) en HCJ Snyman (39).