Op 16 Oktober 1836 het 6 000 Matabeles onder aanvoering van Kalipi die laer by Vegkop (naby die huidige Heilbron) met sy 33 weerbare manne aangeval. Dit is afgeslaan met die verlies van twee Voortrekkers, terwyl 430 Matabeles in die stof gebyt het. Die Matabeles het egter die aftog met al die Voortrekkervee geblaas en hulle sodoende gestrand gelaat. Daarna het die Voortrekkers onder aanvoering van Potgieter in 1837 twee strafekspedisies teen Mzilikazi onderneem.
Nadat hulle verslaan is, het hulle uiteindelik landuit gevlug. Hendrik Potgieter het hierdie gebied waaroor die "lem" van Mzilikazi regeer het, die Verowerde Gebied genoem en dit tesame met die Geruilde Grond, die gebied tussen die Vet- en Vaalriviere in 1844 tot Voortrekkergebied verklaar en die Republiek Potchefstroom-Winburg daarop tot stand gebring.
Ook hierdie grondgebied is derhalwe nie gesteel nie, maar in ooreenstemming met internasionaal-aanvaarde standaarde bekom.