12 SEPTEMBER 2019

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons wonder dikwels waarom sommige mense situasies met soveel wysheid en insig benader terwyl ander weer dwarsweg in moeilike omstandighede handel en onnadenkend groot skade veroorsaak. Die Psalmdigter gee die antwoord hiervoor wanneer hy sĂȘ dat God se Woord as lig die eenvoudiges verstandig maak. Ons hoef dus nie eers baie slim te wees om verstandig te wees nie, die Here se woorde leer ons wysheid wanneer ons bereid is om daarmee opgevoed te word. En diegene wat weier om God's Woord met oop gemoed te bestudeer sal dwars en onwys bly.