4 Junie 2023

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Hoe ons dink, bepaal wie ons is.  Ons lewe is wat ons gedagtes daarvan maak. Gedagtes regeer die wêreld.  Jou denke speel ‘n baie groter rol in jou lewe as wat jy ooit sal besef.  Daarom moet ons ophou om aan lelike dinge te dink.  Om van bose gedagtes vry te wees, is groot genade!  Sê vir jouself: “Wat ek nie kan wegdink nie, gaan ek regdink”.