NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

" '...maar as dit verkeerd is in julle oë om die HERE te dien, kies dan vir julle vandag wie julle wil dien... maar ek en my huis, ons sal die HERE dien...'   Daarop sê Josua aan die volk: 'Julle is getuies teen julleself dat julle vir julleself die HERE gekies het om Hom te dien.' En hulle sê:' Ons is getuies.' 'Verwyder dan nou die vreemde gode wat onder julle is, en neig julle hart tot die HERE, die God van Israel.' " Josua 24.

DIE WEDERKOMS (3)

Ds Andrè vd Berg

Lees reeks by  WEDERKOMS VAN CHRISTUS

God praat nie in enkele sinne nie

As ons wil verstaan wat God vir ons in die Bybel sê, moet ons eerstens weet dat Hy nie in enkel sinne met ‘n mens praat nie.  Ons praat dan nie eens in enkel sinne met mekaar nie! God praat altyd in paragrawe, hoofstukke, boeke en selfs groter gehele soos die OT en NT.  Hy praat ook nie kort nie, maar lank sodat ons maar goed moet luister na wat Hy sê - veral oor die eindtyd.

Die verkeerdste ding om te doen, is om ‘n teks uit sy verband aan te haal en ‘n sekere betekenis daaraan te koppel wat jou standpunt moet ondersteun.  Neem Mark 16:16 as voorbeeld waar daar staan: “Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word, maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word”. Hierdie teks word deur die voorstanders van die grootdoop uit sy verband aangehaal om die kinderdoop as verkeerd te bewys.  Indien dit egter in sy verband gelees word, sien ‘n mens wat dit werklik bedoel.

  Markus het sy evangelie vir die Romeine geskryf.  As ‘n Romein tot bekering gekom het, het hy hom laat doop – uiteraard as volwassene.  Die teks roep die heiden-Romeine tot bekering op en om die doop as verbondsteken te ontvang.

Die Bybel bly altyd nuut

Die Bybel is ‘n aangrypende verhaal wat vir ons vertel wat God in die verlede vir sy kinders gedoen het.  Dis egter ook die wonderlike verhaal van wat Hy vandag nog steeds vir sy kinders doen en ook in die toekoms sal doen.  Die Bybel omspan die verlede, die hede en die toekoms. Daarom bly dit altyd nuut!

Die Bybel is eintlik ‘n baie maklike verhaal om te verstaan.  God praat nooit met ons in raaisels of deur geheime kodes soos die wankoersige skrywers van die omstrede boek The Bible Code beweer nie.  God praat eerder in alledaagse taal soos wat ons met mekaar praat – reguit en sonder omhaal van woorde.  Ons moet net reg luister!   Verwarring ontstaan wanneer mense nie luister na wat God werklik vir hulle sê nie!

‘n Ander tydsbegrip

Wanneer dit by die dinge van die eindtyd kom, is tyd een van die hoofoorsake van verwarring. In die tyd van die Bybel het mense baie anders as ons oor tyd gedink. Veral oor die toekoms. Hulle was nie so erg in die toekoms geïnteresseer soos ons Westerlinge vandag nie.  Daarom moet ons nie met ‘n Westerse bril na die Bybelse uitsprake oor die eindtyd probeer kyk nie.

Die mense van die Bybeltyd het meer belang by die verlede gehad.   Lees gerus Ps.77 wat vir ons vertel hoe die gelowiges van 3000 jaar gelede na die oplossing vir hul probleme gaan soek het.  Hulle het teruggekyk na God se groot dade in die verlede en vir mekaar gesê: “As Hy dit destyds kon doen, kan Hy dit vandag ook nog doen”.

Die gelowige Asaf sê:“Ek dink aan die dade van die Here; ja, ek wil dink aan u wonders uit die voortyd…U het U volk met ‘n sterk arm verlos, die kinders van Jakob en van Josef”.

Johannes die sendbriefskrywer, gebruik dieselfde resep.  Die gelowiges in die verstrooiing het so swaar gekry dat sommige selfs aan God se liefde begin twyfel het.  Hulle het geredeneer dat indien God liefde is, Hy nie sulke slegte dinge oor hulle sou laat kom het nie.  Baie het dan ook die geloof verlaat.

Johannes draai hulle as’t ware om met hul gesigte na die verlede en wys hulle op Christus se kruisdood en die redding wat daar vir mense gekom het.  Dit is God se liefde.  Ja, op Golgotha word die antwoord op die vraag na God se liefde glashelder.  Gelowiges moes terugkyk om ‘n antwoord te kry.

Die verlede is baie belangrik. Daarom is daar ‘n vak soos Geskiedenis. Eerstens leer dit jou om nie ‘n fout te herhaal nie en tweedens help dit jou om die toekoms in fokus te bring.  As iemand onverskillig teenoor sy geskiedenis staan, sal ook met die hede en die toekoms sukkel.

Die Bybelse mense het, so anders as ons moderne mense, die toekoms nooit tot in die fynste besonderheid beplan nie.  Daarom moet ons baie versigtig met die Bybel omgaan en weet dat Bybelse profesieë nie uitsluitlik handel oor gebeure wat honderde of duisende jare later vir die eerste maal in vervulling sou gaan nie. Dis die groot fout wat Hal Lindsay bv.maak!

Vir die mense van die Bybelse tyd was tyd nie aan horlosies of kalenders gekoppel nie. Tyd was eintlik ‘n relatiewe begrip. ‘n Koning kon bv.nooit vir ‘n afspraak laat wees nie. As daar laat weet is dat hy op ‘n sekere dag ‘n sekere stad sou besoek en hy daag eers ‘n paar dae later op, was hy nog steeds betyds.  Die tyd was eintlik eers reg sodra hy opgedaag het.  Mense moes maar net geduldig wag.

Teen hierdie agtergrond moet ons die Gelykenis van die Tien Maagde en die bruidegom wat getalm het verstaan.  As Jesus in die tweede laaste vers van die Bybel sê: “Kyk, Ek kom gou” en dit neem 2000 jaar of langer, kom Hy nog steeds gou!

Wanneer Jesus dus oor die wederkoms praat, is HY nie besig om wederkomsdatums uit te deel nie.  Hy skerp eerder sy kinders op om gereed te wees.  Hy kom nie op ‘n datum wat deur mense bepaal is nie, maar op sy eie tyd.  Die groot Koning se onderdane moet geduldig wag!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1051 gaste aanlyn