GOD GEBRUIK GEWONE MENSE! (2)

Terry Virgo

Lees reeks by God gebruik gewone mense!

WIE IS HIERDIE FILISTYN?

Goliat het oorgenoeg rede gehad om to glo dat hulle die Israeliete maklik en vinnig sou verslaan, veral aangesien hulle alreeds' ‘n oorwinning oor die Moabiete behaal het. Maar daar was iets wat Gol iat nie geweet het nie en waarmee hy dus nie rekening gehou het nie. Die Israeliete was nie net 'n klein volkie nie — hulle was Gcod se verbondsvolk!

Perspektief is belangrik

Dawid het dit egter wel deeglik besef. Hy was een van God se verbondskinders en het self as kind die teken van die verbond, die besnydenis, ontvang.

Ek kan my voorstel hoe Goliat elke more gevoel het as hy homself die spieël sien. Hy was inderdaad 'n reus van 'n man - selfs sy wapens moes spesiaal vir hom aangepas word. Dit is dus geen wonder nie dat hy die Israeliete elke dag met soveel moed en minagting aangedurf het.

Dawid het egter iets anders gesien toe hy na die veteraan  voor hom gekyk het. Goliat kon maar in sy indrukwekkende logsmondering daar staan en skree — hy was glad nie beïndruk nie; al wat hy gesien het, was 'n man wat nie die teken van die verbond gehad het nie, en dus nie 'n kind van God nie. Vir hom was Goliat maar net 'n heiden soos enige ander heiden: 'n mens sonder God.

In Dawid se oë was die Here God groter en magtiger as enigiemand of enigiets anders. God was dus die maatstaf waaraan hy alle ander dinge gemeet het. Daarom het hy ook verstaan dat die eintlike geveg nie tussen die Filistyn en 'n Israeliet sou wees nie, maar tussen die Filistyn en die God van hemel en aarde! En daar was geen manier wat die man voor hom teen die Here sou kon standhou nie.

Ons tree dikwels soos die ander Israeliete op en nie soos Dawid nie. Hulle het nie, soos hy, die Here raakgesien nie, maar net die reus voor hulle. Net so is ons ook bang vir die vyand en glo ons dat ons verslaan sal word. Ons hoop maar net dat die Here ons so 'n bietjie sal help voor die ramp ons tref!

Ek wil graag vir jou die verhaal van 'n man met die naam Bhakt Singh vertel. lemand het eendag vir hom vertel hoe wonderlik mooi dit is om die berg Everest te sien as die dag breek. Daarom het hy en 'n groepie belangstellendes besluit om te gaan kyk hoe dit lyk. Hulle het een môre voor donker al vertrek sodat hulle by die berg kon wees as die son opkom.

Die dag het gebreek en hulle het die majestieuse berg in die eerste sonlig gesien. Die ander was almal opgewonde en het gereed gemaak om terug te gaan. Maar nie Bhakt Singh nie. Hy was teleurgesteld en het vir die gids so gesê. "Wag nog so twintig minute," was die antwoord. Die ander het omgedraai, maar hy het daar bly sit.

'n Rukkie later het die mis oor die vallei weggeskuif en skielik was dit asof die berg as 't ware vorentoe tree om in al sy magtige skoonheid voor Bhakt Singh te staan. Dit was waarlik 'n oorweldigende en onvergeetlike gesig en hy het agterna opgemerk: "Daar is twintig ander mense wat dink dat hulle Everest met dagbreek gesien het ... maar ek kan getuig dat hulle nie regtig gesien het hoe die berg met dagbreek lyk nie."

Net so is daar vandag baie mense wat sê dat hulle die Here ken, en tog laat hulle hulle deur elke probleem — elke Goliat — onderkry. Hoekom het Dawid hom nie deur Goliat laat intimideer nie? Omdat hy geweet het dat die Here nog sterker as die reus voor hom was. Dawid het die Verbondsgod voor hom gesien en Hy was groter as die Filistyn.

Paulus het vir die gelowiges in Efese gebid: "... dat die God van onse Here Jesus Christus, die Vader van die heerlikheid, aan julle die Gees van wysheid en openbaring in kennis van Hom mag gee, sodat julle kan weet wat die hoop van sy roeping en wat die rykdom van die heerlikheid van sy erfdeel onder die heiliges is; en wat die uitnemende grootheid van sy krag is vir ons wat glo, na die werking van die krag van sy sterkte" (Ef. 1:17 —19).

Dit help nie om net die regte dinge te kan sê nie; om net te praat oor die skoonheid van die berg in die eerste sonlig, terwyl 'n mens in jou hart weet dat daar soveel meer is om te sien nie. Nee, ons moet soos Paulus bid: "Here, maak my oë oop sodat ek U kan sien soos U regtig lyk." Dan sal Hy Hom in al sy heerlikheid aan ons oper en geen mens wat dit beleef het, sal ooit weer dieselfde wees nie.  Voor so iemand sal geen Goliat kan standhou nie.

Al het Dawid se broers en selfs sy pa dus van horn vergeelt, het hy iets gehad waarvan hulle nie geweet het nie: hy het 'n persoonlike verhouding met God gehad. En al was Samuel so beïndruk met die ander se voorkoms, het die Here presies geweet hoe Dawid se hart lyk en was dít wat Hy in die hart van sy volk se leier wou sien.

Dawid wou God se goedkeuring hê en niemand anders s'n nie. Hy het waarskynlik in sy eensame dae en nagte by die skape na die helder hemel opgekyk en die aangesig van die Here daar gesoek. "Here, ek w eet U is my vreugde en lig en verlossing. U teenwoordigheid maak my bly en aan u regterhand is daar ewige heerikheid. Ek wil u ken, Here, my God!”

Dawid se hart was brandend vir die Here, en dit is wat Hy in die harte van sy kinders soek. Of hulle nou in die oë van die wêreld belangrik is maak nie vir Hom saak nie— solank hulle Hom in alles eerste stel is dit vir Hom genoeg. Jesus sê in Johannes 5:44: "Hoe kan julle glo, wat van mekaar eer aanneem, en die eer wat van die enige God kom, soek julle nie?”

Die Here het Dawid geprys. Kan Hy jou ook prys? Wil jy ook sy goedkeuring meer as enigiets anders in die wêreld hê? Dis maklik om ja te antwoord, en dan maar net weer voort te gaan om eer en goedkeuring by die mense te soek. Dis waarom ons so hard probeer om die “regte mense" te ken en op "die regte plekke" gesien te word tussen stel ons God hoegenaamd nie in daardie dinge belang nie. Al wat Hy van ons vra, is dat ons sal sê: "Here, het ek U vandag behaag? Het ek gedoen wat U van my verwag het?"

As God se goedkeuring vir jou belangrik is, sê dit dan vir Hom – maar as jy dit sê, moet jy dit ook met jou hele hart bedoel. Dan sal jy weet wat dit is om voor jou hemelse Vader te staan en te hoor: "Mooi so, my kind.”

Die stryd

Dawid se oorwinning oor Goliat het tot gevolg gehad dat die Israeliete die hele veldslag gewen het. Hulle het as oorwinnaars uit die stryd getree sonder om 'n vinger te verroer. As gevolg van sy dapper daad en sy oorwinning, was hulle ook skielik aan die wenkant.

Dit laat 'n mens onwillekeurig dink aan 'n ander stryd waarin mense ook deur een man se oorwinning aan die wenkant is. Jesus het 'n eensame stryd teen die aanslae van die Satan gevoer en Hy het dit nie net vir Homself gedoen nie, maar eintlik sodat ons as oorwinnaars uit die stryd kon tree. Sy dood aan die kruis was vir sy dissipels 'n geweldige slag en hulle het nie mooi geweet hoe om daarop te reageer nie. Toe hoor hulle skielik dat hulle Meester weer leef! En net daar het sy oorwinning 'n groepie verslae mense verander in 'n magtige Godsleer wat die hele wêreld omgekeer het.

Hoe gebeur dit dat verslae en verslane mense as oorwinnaars uit die stryd tree? Die antwoord is eenvoudig: hulle verkry deel aan Christus se oorwinning. Hy het die duiwel verslaan. Hy het oor die magte van die duisternis getriomfeer en Hy wil hê dat ons ook, soos Dawid, met vaste geloof voor ons vyande stelling moet inneem.

Dawid het nie op sy eie krag staat gemaak toe hy Goliat verlaan het nie, maar op God. Hy het geweet dat dit God se stryd was en daarom het hy die vyand in die Naam van God aangedurf. Hy het nie gehuiwer om dit vir hom te sê nie — en dit was die rede waarom hy die reus uiteindelik met 'n enkele klippie neergevel het.

Dawid se slingervelklippies was soos beloftes van God. 'n Mens kan jou amper voorstel hoe hy, terwyl hy na die klippies loop en soek het, vir homself gesê het: "Ek sal die reus doodmaak, maar ek het vyf beloftes van God daarvoor nodig." 'n Doodgewone klippie kan ongelooflik mooi lyk as dit onder die water lê, nie waar nie? Net so kan ons sêdat Dawid se klippies beloftes uit die Woord van God was waaroor die water van die Heilige Gees uitgestort is. Daarom was hulle kragtig, skerp en dodelik vir die vyand van God.

Wafter beloftes gee die Here vir ons as ons voor die Goliats van die wêreld staan? Hier is maar net 'n paar: "Geen afgod sal voor die lewende God standhou nie; Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie; Hy wat in jou is, is groter as hy wat in die wêreld is; Ek sal jou in oorwinning lei." Al hierdie beloftes is kragtige wapens in die hand van die soldaat van God, maar ek stel my voor dat die jong Dawid vir homself gesêhet: "God het gesê dat geen mens voor my sal standhou nie—dit is die klip wat ek nodig het."

Goliat was wel 'n reusagtige man — maar hy was net 'n mens. Daarom kon hy nie voor die almagtige God en die een aan wie Hy sy krag gegee het, staande bly nie. Dit was die belofte. Dawid sou as oorwinnaar uit hierdie stryd tree, want die Here sou beslis nie die reus toelaat om oor die leër van die lewende God te triomfeer nie.

Ons moet die Here sien en weet dat niks in die lewe teen Hom kan standhou nie. Hoe groot ons probleme ook al mag lyk, niks is sterker as sy verbondsbeloftes nie.

Goliat is net daar dood. Selfs al was by so groot en sterk, kon hy nie teen God se geseënde staande bly nie. Dawid het hom egter nie net met die klip neergevel nie, maar nader gegaan en sy kop afgekap – hy het dus nie tweegeveg enduit gevoer.

Net so moet ons ook die stryd enduit deurvoer. Daar mag niks oorbly wat die vyand dalk later weer teen ons kan gebruik nie. Josua het op ‘n keer die fout gemaak om nie die stryd enduit deur te voer nie: by Gasa,Asdod en Gat (Jos.1:22). Daarom is dit des te meer interessant dat daar opstande in al drie plekke was. Simson is byvoorbeeld in Gasa dood (16:21 — 30); die manne van Asdod het die gesteelde verbondsark van die Israeliete afgeneem (1 Sam. 5:1) en Goliat is in Gat gebore (1 Sam. 1

Dit help nie om die Goliats in jou lewe katswink te slaan nie - jy moet hulle koppe afkap en seker maak dat hulle dood is. Jy moet die sonde haat en dit bewys deur van elke moontlike geleentheid gebruik te maak om die sonde uit te roei. Maak God se beloftes van oorwinning jou eie en gebruik hulle as spiese en dodelike klippe om aan die vyand te slinger. Vra die Here God om sy beloftes in jou hart te bevestig en te bewaarheid. Onthou: "Die geloof dan is 'n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, 'n bewys van die dinge wat ons nie sien nie" (Heb 11:1)

Die oorwinning

Die vyand gaan van elke moontlike geleentheid gebruik maak om jou te vertel dat jy te swak is om hom te kan uitoorlê. Hy sal sy bes doen om jou te oortuig dat jy nêrens sal kom sonder om sterk en invloedryk te wees nie - dis immers hoe Goliat was, nie waar nie?

Nee, dis 'n leuen! Die Here God sê self vir jou dat Hy mense gekies het wat geen aansien in die oë van die wêreld geniet nie -  dwase en nederige mense. Hy het ook vir jou gekies. Hy het jou lief al is jy swak en Hy wil jou gebruik om vyande soos Goliat to verslaan.

Jy moet verwag dat die reuse van die wêreld jou gaan spot.  Hulle gaan vir jou vertel dat jy niks beteken nie — maar God wil dat jy jou kop moet oplig en vir hulle moet sê: "God het my op die naam geroep. Hy het my lief. Ek is deur Hom uitverkies. Ek is kosbaar en ek het 'n heerlike erfdeel van Hom ontvang. Met die hulp van sy Woord gaan ek oorwin! Ek is vry, want Jesus het my vry gemaak!"

Snoeityd... vervolg