Nuutste bydraes

GEDAGTES VIR ELKE DAG

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Abraham Lincoln: “Ek is en was nog nooit ten gunste van die maatskaplike en politieke gelykskakeling van die blanke en swart rasse nie.  Ek is en sal ook nooit ten gunste daarvan wees om Negers stemgeregtigdes of jurielede te maak of met blankes te laat ondertrou nie. In hierdie opsig is die verskil tussen blankes en swartes net te groot om gelykheid en saamwonery toe te laat”. (Vry vertaal uit The Collected Works of Abraham Lincoln deur Roy Basler).

OPPAS VIR JAN GAPS

Hannes Ollewagen

Ons almal ken die uitdrukking wat lui –“Gee die keiser wat hom toekom, maar hoe gemaak as die keiser begin om te eis wat hom nie toekom nie?

Die bepaling en beredenering van billike belastingkoerse, betaling en weerhouding van belasting aan n korrupte owerheid en dergelike onderwerpe is sake wat afsonderlike bespreking verdien. Die doel van hierdie artikel is om belastingpligtige volksgenote binne die Republiek van Suid-Afrika se aandag te vestig op aktuele belastingsake wat hul sakebedrywighede en finansiële posisie ernstig kan beïnvloed.

Die huidige minister van finansies het in sy toespraak op 22 Mei 2017 openbaar dat die SAID die taak opgelê is om in die komende finansiële jaar (01/03/2017 28/02/2018) belasting ten bedrae van R 1200000000000 (R 1,2 triljoen rand) te vorder. Dit is n noemenswaardige styging van 16,5% op die R 1030000000000 (R 1,03 triljoen rand) wat in die vorige belastingjaar (01/03/2016 28/02/2017) ingevorder is.

Wanneer ons die begrotingsoorsig vir 2017 van die Nasionale Tesourie bestudeer, moet n mens wonder hoe die minister die styging in verwagte inkomste kan regverdig. Die ekonomiese groeikoers vir 2016 was na raming n skamele 0,5% terwyl die groeikoers vir 2017 en 2018 onderskeidelik op 1,3% en 2,0% vasgestel is. Die taak om n verhoogde belastinginkomste van 16,5% uit son rigiede ekonomie te genereer, is heeltemal onrealisties.

Dit is hierdie ondeurdagte en onrealistiese vooruitsigte wat bepaalde onaangename gevolge vir die burgery inhou. Die SAID is nie onwillig om hierdie taak wat hom opgelê is met aanwending van alle ywer te probeer verwesenlik nie al sou dit ook die benadeling, mishandeling en selfs openlike plundering van belastingbetalers beteken.

Dit is geen geheim dat die SAID presies weet waar om jou op te spoor in die geval waar n betaling aan hulle nie betyds geskied nie. En wanneer hulle nie vinnig genoeg jou geldjies ontvang nie sal hulle sonder versuim van hul opsie om n 3de party aanstelling te doen, gebruik maak. Laasgenoemde beteken dat die kommissaris van die SAID n 3de party (bv. jou werkgewer of jou bankier) sal aanstel om die verskuldigde fondse namens die SAID in te vorder, sonder enige vergoeding vir hul dienste aan die SAID gelewer natuurlik. In die geval waar n 3de party (bv. n werkgewer) nie hierdie aanstelling van die kommissaris behoorlik tot uitvoer bring nie kan die 3de party self aanspreeklik gehou word vir hierdie skuld.

In die geval waar daar egter n eis teen die SAID ingestel word vir n belastingterugbetaling is die inisiatief en insig wat in die SAID se invorderingsprosedures weerspieël word natuurlik nie altyd so prysenswaardig nie. Ek sal toegee dat uitbetalings na afloop van finalisering van ouditprosedures wel betreklik vinnig geskied (gewoonlik binne 7 dae), maar om by hierdie suksesvolle afhandeling van sake uit te kom, is gewoonlik waar die probleme ondervind word.

In die belastingjaar van 2010/2011 was daar 79631 oudits uitgevoer op die 14,6 miljoen geregistreerde belastingbetalers vir hierdie tydperk. In die belastingjaar van 2015/2016 het die SAID ongeveer 1800000 (1,8 miljoen) oudits uitgevoer op die 24,4 miljoen geregistreerde belastingbetalers vir hierdie tydperk. Dit sou beteken dat die geregistreerde belastingbetalers vir hierdie tydperk met 67,12% toegeneem het terwyl die hoeveelheid oudits op belastingopgawes met 2160,43% gestyg het!

Wanneer n belastingbetaler uitgewys word vir n oudit op sy belastingaanslag sal stawende dokumentasie gewoonlik aangevra word. Hierdie is gewoonlik n baie standaard dokument wat deur n geoutomatiseerde proses uitgereik word en kan menigmaal baie onduidelik wees. Die belastingbetaler het vanaf datum van uitreiking van hierdie skrywe een-en-twintig werksdae om die bewyslas aan die SAID te lewer. In die geval waar die SAID nie volledige dokumentasie binne hierdie tydperk ontvang nie, sal hulle gewoonlik n hersiene belastingaanslag uitreik. En glo my as u gedink het dat die minister se vooruitsigte vir n verhoogde inkomste die wenkbroue laat lig, wag totdat u n belastingaanslag kry wat deur dieselfde kantoor bereken word.

Natuurlik afhangende van die tipe belasting bv. btw, persoonlike inkomstebelasting, maatskappybelasting, ens. asook die samestelling van inkomste en uitgawes van die belastingbetaler kan die hersiene aanslag insluit n terugskrywing van ALLE belastinginsette of -krediete wat geëis is en nie net daardie insette waarvoor stawende bewyse aangevra (en/of dalk nie betyds gelewer) is nie. Die SAID kan ook in sommige omstandighede die inkomste van n belastingbetaler herbereken en n hersiene aanslag op hierdie herberekende inkomste uitreik.

n Hersiene belastingaanslag is ook net die middel wat die kommissaris se taak om n verhoogde inkomste uit belastingbetalers te kry, vergemaklik. n Hersiene aanslag sal met n onmiddellike boete van 10% op die bedrag wat betaalbaar is vergesel word en daarbenewens sal rente (tans 10,50% per jaar) op die verskuldigde bedrag uitgewerk word en tot die bedrag betaalbaar aan die SAID toegevoeg word. Alhoewel die boete net eenmalig is, sal die rente aanhou oploop totdat die skuld ten volle vereffen is.

Die SAID het dan ook n maatreël ingestel dat geen terugbetalings aan belastingbetalers gemaak sal word indien hul belastingsake nie ten volle op datum is nie. Dit beteken dat verdere eise teen die SAID opgehou sal word terwyl slegs een aanslag in n proses van dispuut is. Hierdie maatreël het natuurlik verreikende gevolge vir veral sakeondernemings wat vir verskeie belastings geregistreer is en wat selfs wesenlike inkomstebelastingterugbetalings in hul kontantvloeibegrotings opneem.

Die proses om n foutiewe of hersiene aanslag wat deur die SAID uitgereik is teen te gaan, is baie omslagtig. Dit is egter in belang van ons volksgenote om wel n basiese kennis van hierdie remedie tot hul beskikking te hê. Ek sal poog om in n volgende artikel hierdie proses breedvoerig, dog eenvoudig te verduidelik, DV.

Daar is alreeds in 2014 bereken dat die gemiddelde persoon in Suid-Afrika ongeveer 38,22% van sy inkomste aan statutêre betalings moet afstaan. Ten spyte van hierdie hoë las op die burgery en ten spyte van R 1030000000000 (R 1,03 triljoen) se belastinginkomste wat in die 2017-belastingjaar ingevorder is, is die staatskas dolleeg! En elkeen van ons sal moet katvoet loop vir die kaal keiser in die Republiek van Suid-Afrika wat nie skaam is om sy burgery ook van dit wat regmatig aan hulle behoort te beroof nie!

U soek na?

  • HOU VAKANSIE IN MOSSELBAAI !

    Baie netjiese vakansie-akkommodasie in Fraai Uitsig, Kleinbrakrivier, Mosselbaai Munisipaliteit. Twee kilometer vanaf Kleinbrak en Tergniet se swemstrande en ongeveer 10 kilometer vanaf Hartenbosch. Pick n Pay binne loopafstand.
    Kliek hier vir volledige inligting en foto's: OPSOEK NA BEHUISING VIR VAKANSIE?
     
    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________
     
    SKAARS BOEKE TE KOOP
    C J LANGENHOVEN 16 VOLUMES
    FAK-SANGBUNDEL 1 VOLUME
    Hierdie 16 volume Langenhoven-stel is 'n goedopgepaste kosbare versamelstuk. Dit beslaan die volledige inhoud van Langenhoven se bundels soos Sonde met die Bure; Loeloeraai; Herrie op die ou Tremspoor; Doppers en Filistyne; en al die kosbare stories uit die pen van Langenhoven.
    Die FAK-sangbundel is ook in goeie toestand en kan saam of apart van die Langenhovenstel gekoop word.
    Eienaar moet na 'n kleiner woonplek verhuis en vra 'n redelike aanbod vir sy boeke.
    Die aanbevole waardasieprys vir die Langenhovenstel is R1600.00; en vir die FAK R100.00
    Koerierkoste sal bykomend wees.
    Kontak

    Chris Carstens

    Sel no 082 954 3383

    Epos adres

    chris.carstens

    @vodamail.co.za

    ___________
    DIGBUNDELS:
      'n Versameling van 4 elektroniese bundels - 226 gedigte @R350.00:  
    Vir alle navrae  skryf aan 
    Amanda
    @waterstrome.co.za
    Uittreksel uit:
    'n Nasie in Pyn:
    ...Saam sal die hele wêreld vir hulle bid.
    Saam sal ons met pyn in ons harte sit.
    Mag hulle berus in u wil
    Mag hulle voor U verstil.
    _________
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    'n Boek getiteld DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, uit die pen van ds AE van den Berg, het  in gedrukte vorm verskyn. 
    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.  
    DIE
    VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, bring helder perspektief oor rasseverskille en die natuurlike skeiding van rasse wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte aan geestelike transformasie wat landsburgers van denkrigting sal laat verander en van al die sogenaamde polities-korrekte onregte en gewaande vryheid waarmee hulle belas word, sal bevry.
    Lesers word aangemoedig om hulle daadwerklik vir 'n Christen-teokrasie in 'n volmaakte republiek te beywer deur sinvolle besluite te neem in die lig van God se Woord, en onophoudelik te bid dat dit spoedig hier aan die suidpunt van Afrika verwesenlik word. Politiek is 'n saak van erns en harde werk waardeur wet en orde gehandhaaf word en durf nie in eerlose hande gelaat word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel, iets wat op staatkundige gebied slegs in 'n Christen-teokratiese bestel tot sy reg sal kom.

     

    U kan hierdie boek bestel by
    ds AE van den Berg
    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com
    Prys: R50-00

     
  • BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    ('n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 'n Nuwe Trek (Exclusive Books) Prys: ZAR180

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is by http://tinyurl.com/lx9vrs8

    ... en loot.co.za dit verkoop teen R169 http://tinyurl.com/l26h6jl

    ... kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD


    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    JULIE 2013

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. 

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2 NOU BESKIKBAAR

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
    of skakel hom by
    074 967 5187


    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  • Kliek op DIE CHARISMATIESE GEVAAR om meer oor hierdie boek te wete te kom Lees verder...  
  • FILM OOR DR HF VERWOERD

    Kyk by hierdie skakel http://youtu.be/TcO3zPF8998

      na die kort film oor dr HF Verwoerd.   
    Dit kan ook direk bestel word by Riaan: +27823712682 of by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
     

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

 

'N BIETJIE LANGENHOVEN:

Ek sê nie al die suur mense is Fariseërs nie, maar naastenby al die Fariseërs is suur. In alle geval, solank hulle onthou om Fariseërs te wees. Want dis ook 'n inspanning.
Verbeel jou 'n wêreld sonder 'n skaterlag, sonder eens 'n glimlag. 'n Hemel op aarde, sal die Fariseër sê. Uit so 'n hemel sou ek wou wegloop hel toe.

Die man wat ek na soek, is nie dié wat die minste foute maak nie, maar dié wat die meeste foute régmaak.

Slaap laat solank as jy jou eie baas is en daar sal 'n tyd kom wanneer 'n 'n baas jou sal laat vroeg opstaan.

Ontydige vlyt is die merk van die luiaard. Dis sy verskoning vir ontydige rus.

Ons reken ons geluk vir ons loon en ons straf vir ons ongeluk.

Welvaart is die  dogter van matigheid en die moeder van weelde.

My swaarste pad trap ek self vir my plat, en die swaarste is die wat my voete nooit vat.

Daar is geen kuns by sukkel en geen sukkel by kuns.

Die boer wat nie saai nie sal nie misoeste kry nie, maar hy sal geen goeie ook kry nie.

Het die daeraad lief en die dag sal jóu liefhê.

'n Man wat werklik oor homself baas is, is nooit die kneg van 'n ander nie.

Dis die flukse perd wat flou word. Meer moeite as wat die vlytige het vir sy loon, het die luiaard verniet.

Op die ou end werk die vlytige man vir homself, die luiaard vir 'n ander.

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Kla net oor jou kooi as dit 'n ander is wat dit vir jou opgemaak het.

Hoe korter jy jou kuier maak, hoe gouer sal jy weer genooi word.

Om my naaste lief te hê is vir my 'n sware gebod. Met die mense daargunter kry ek dit nog op 'n manier reg.

Jy sê "ja" waar jy moes "nee" gesêhet omdat jy die ander nie wil aanstoot gee nie. Maar eken hoe het hy jou aanstoot gegee met sy versoek!

Aan 'n nuwe wa kan jy sien of dit 'n goeie skilder was; aan 'n oue of dit goeie wamaker was.

Trek liewer vir jou vriend jou broek uit as om vir hom vir 'n baadjie borg te staan. Anders loop julle naderhand albei nakend.

Die vriendskap wat jy moet koop is 'n duur artikel. Jy sal nie weer jou prys kry as jy dit van die hand wil sit nie.

Moenie vriendskap en besigheid meng nie – jy bederf albei.

'n Man wat nie vyande het nie deug nie vir 'n vriend nie.

Maak jou vriendelikheid goedkoop en hou jou vriendskap duur.

Moenie jou vriend vergeet nie; dit sal hom seermaak. Maak jou vyand daarmee seer.

'n Skare is 'n versameling van eensames.

Stuur die luiaard na die miere, en as hy nie te lui is om te gaan nie sal hy te lui wees om weer terug te kom.

Dis net so moeilik om maklikheid in die ou wêreld te kry as wat dit maklik is om moeilikheid te kry.

Waardeer die werk van jou vrou. Jy kan nie op die aarde 'n ander kneg kry vir dieselfde diens en dieselfde prys nie.

Met spaarsaamheid sal jy uit die kleinste inkomste iets oorhou; met verkwistery sal die grootste vir jou te min wees.

Besorg jou eie boodskap en reken die moeite teen dit wat die misverstand jou sou gekos het.

Het die ryk man nodig om so suinig te wees? Maar hy is nie 'n ryk man wat suinig geword het nie; hy is 'n suinige man wat ryk geword het.

Help jou swakke mededinger op die bene bly.  As hy tot niet gaan, kom daar dalk 'n sterke in sy plek.

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES (7)

(Lees die reeks by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

  • Die adderbyt van naberou is verskriklik (Naberou is ontstellend.)
  • Hy het hom in 'n addergebroedesel begewe (Hy was tussen 'n groep nydige, aanvallende mense.)
  • Sy het hom adieu toegeroep (Sy het vaarwel gesê.)
  • 'n Adres van adhesie is 'n geskrif waarin instemming betuig word met 'n versoek.
  • Jy is nou by die verkeerde adres (Jy soek die oorsaak van die kwaad by die verkeerde persoon.)
  • Dit was advokatery (Dit was regskundige uitoorlêery.)
  • Hy sal die werk weer afbroddel. (Hy sal knoeiwerk of slordige werk verrig.)
  • Sy wil elke takie afbrom (Sy kla die hele tyd terwyl sy werk.)
  • Jy kan nou maar afdans (Jy kan nou maar skoert.)
  • Moet hom nie op sy verdienste afdwing nie (Moet hom nie verkleineer nie.)
  • Die ou werkie draf ek gou af (Ek sal dit sommer gou afhandel.)
  • Hulle wil die rusie afdrink (Hulle wil vrede maak.)
  • Sy het soms baie affêrinkies (Sy is dikwels vol nukke en nonsens.)
  • Hy sal wel weer geld van haar affutsel (Hy sal dit op 'n oneerlike manier van haar kry.)
  • Daar kan niks van afgaan nie (Dit kan nie ontken word nie.)
  • Hy sal 'n afgehekste loesing kry ('n deeglike pak slae.)
  • Sy is 'n afgelekte meisie (Sy het al baie kêrels gehad.)
  • Jy lyk so afgesak (Jy lyk baie moeg.)
  • Hy het afgetop gelyk (Hy het verleë gelyk.)
  • As jy iets van hom wil hê sal jy dit moet afgoël (Hy is so suinig!)
  • So 'n afhaler is onnodig ('n Onnodige belediging.)
  • As dit afhang moet ons dit maar opbind (Skertsend wanneer iemand gedurig begin met "Dit hang af..."
  • Na elke partytjie is hy babalaas ( dan ly hy aan die gevolge van te veel alkohol).
  • Daar was 'n Babelse gegons van stemme (Almal het gelyktydig gepraat).
  • Dit was 'n Babelse verwarring (Dit was baie deurmekaar).
  • Hy sal weer mooi broodjies kom bak (Hy sal kom vlei en mooipraat om sy doel te bereik),
  • Hulle eet nie uit een bak nie (Hulle is nie vriende nie).
  • Sy het hom 'n bak gewys (Sy het hom onvriendelik tereggewys).
  • Gou by die bak maar lui by die vak (Hy is eerste daar waar iets te ete is maar traag as hy moet werk).
  • Hy maak sy hande bak (Hy kom bedel iets).
  • Ons moes bak staan (Ons moes hard werk).
  • Dit was sommer 'n bakerpraatjie (Dit was 'n skinderstorie).
  • Jerusalem is die bakermat van die Christelike Kerk ( Dis waar dit begin het. 'n Bakermat was 'n mandjie waarin die baker – die vrou wat 'n pasgebore baba versorg het – die kindjie op haar skoot voor die vuur versorg het).

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2055 gaste aanlyn