Nuutste bydraes

GEDAGTES VIR ELKE DAG

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons moet waak teen die sorge van hierdie wêreld dat dit ons nie insluk nie, anders het ons geloof nie veel waarde en kan ons nie vrugbaar wees in ons geestelike lewe nie.

ROEP HOM AAN!

Hannes Ollewagen

Psalm 28:1-9

...Ek roep U aan, o HERE! My rots, draai nie stilswygend van my af weg nie, sodat ek nie, as U teenoor my bly swyg, word soos die wat in die kuil neerdaal nie. (:1).

Ek deel graag n treffende verhaal met u wat n bejaarde onlangs aan my vertel het. Op 'n dag stap 'n man by die haarkapper in en neem op die stoel plaas. Die haarkapper vra na die man se welstand en die man antwoord dat dit deur die genade van die Here met hom baie goed gaan en dat hy veel het om voor dankbaar te wees.

Nadat die haarkapper sy werk klaargemaak het en die man oppad uit was, groet die haarkapper hom en sê: Ek wil maar net vir u sê meneer, daar bestaan nie iets soos n God nie. As daar werklik n God bestaan het sou daar mos nie soveel ellende, hartseer en probleme in die wêreld gewees het nie? Die man was stomgeslaan en het die haarsalon verslae verlaat.

Oppad na sy motor kom n bedelaar hom tegemoet. Hierdie bedelaar was verwaarloos en die man besluit om hom sommer na die haarkapper te neem. Met sy terugkeer na die haarkapper sê die man aan die haarkapper: Daar bestaan nie iets soos n haarkapper nie! Sprakeloos staar die haarkapper die man aan wat net n paar minute gelede dan juis van sy dienste gebruik gemaak het en nou so n bewering kwytraak. Die man gaan voort: Kyk na hierdie man langs my. As daar iets soos n haarkapper bestaan het, sou hierdie man nie só gelyk het nie.

Natuurlik wou die haarkapper homself verontskuldig: Die man lyk nie só omdat daar nie iets soos n haarkapper bestaan nie, maar omdat hy nooit na n haarkapper toe gaan nie. En hierop kon die man die haarkapper natuurlik uitboul: Presies! En die wêreld en mense se lewens is nie vol van hartseer en ellende omdat daar nie n God is nie, maar eerder omdat hulle nooit na Hom gaan nie.

Ons lees in vers 1 van Psalm 28 hoedat Dawid met erns in gebed tot God nader. Hoeveel gelowiges doen dit steeds vandag en vir hoeveel mense het gebed maar net n gewoonte geword? Dieselfde gebedsrympie word maar vanoggend gou opgesê en vanaand afgerammel net dat ek tog weet dit is afgehandel. En ons verwag dat God na ons moet luister wanneer ons met só min ywer en só min opregtheid en ontsag met Hom praat? Christus Jesus leer ons juis in Matt. 6 dat ons met n opregte gesindheid tot die Vader moet bid en nie met ydelheid nie. Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en bid jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde. En as julle bid, gebruik nie n ydele herhaling van woorde soos die heidene nie, want hulle dink dat hulle deur hul baie woorde verhoor sal word. (:6&7).

Wat meer is, is dat ons verwag dat God aandagtig sal luister wanneer ons met Hom praat. Ons verwag dat as ons gebede voor Hom gelê is, ons onmiddellik die resultate moet sien! Maar onthou ons dat die HERE ook gehoorsaamheid van ons verwag dat Hy van ons verwag om te luister wanneer Hy met ons praat? Dink maar aan koning Saul wat aan die HERE ongehoorsaam was en toe hy na God geroep het, moes besef dat God hom nie verhoor nie. En Saul het die HERE geraadpleeg, maar die HERE het hom nie geantwoord nie - .... (1 Sam. 28:6). Ons word ook deur die woorde van Spreuke 28:9 daarop gewys dat die HERE nie sal gehoor gee aan die gebede van hulle wat nie na Hom luister nie. Wie sy oor wegdraai om nie na die wet te luister nie, selfs sy gebed is n gruwel.

Daarenteen het die HERE n groot welgevalle daarin wanneer sy kinders met n opregte hart in gebed tot Hom nader om met Hom te praat. ...maar die gebed van die opregtes is Hom welgevallig. (Spr. 15:8)....maar die gebed van die regverdiges hoor Hy. (Spr. 15:29). En omdat die gebede van die regverdiges voor die aangesig van God kom, is daar groot krag in die gebede van regverdiges en ons behoort hierdie wapen veel meer in ons worstelstryd hier op aarde te gebruik. ...Die vurige gebed van n regverdige het groot krag. (Jak. 5:16).

Moenie u gebedslewe afskeep nie dit sal u geloofslewe groot skade berokken! Alhoewel ons versigtig moet wees in ons gebede omdat n mens wél verkeerd kan bid weet ons dat ons gebede voor God nooit ontydig is nie!

Opsoek na inligting?

  •  BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    ___________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________
     
    DIGBUNDELS:
      'n Versameling van 4 elektroniese bundels - 226 gedigte @R350.00:  
    Vir alle navrae  skryf aan 
    Amanda
    @waterstrome.co.za
    Uittreksel uit:
    'n Nasie in Pyn:
    ...Saam sal die hele wêreld vir hulle bid.
    Saam sal ons met pyn in ons harte sit.
    Mag hulle berus in u wil
    Mag hulle voor U verstil.
    _________
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    'n Boek getiteld DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, uit die pen van ds AE van den Berg, het  in gedrukte vorm verskyn. 
    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.  
    DIE
    VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, bring helder perspektief oor rasseverskille en die natuurlike skeiding van rasse wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte aan geestelike transformasie wat landsburgers van denkrigting sal laat verander en van al die sogenaamde polities-korrekte onregte en gewaande vryheid waarmee hulle belas word, sal bevry.
    Lesers word aangemoedig om hulle daadwerklik vir 'n Christen-teokrasie in 'n volmaakte republiek te beywer deur sinvolle besluite te neem in die lig van God se Woord, en onophoudelik te bid dat dit spoedig hier aan die suidpunt van Afrika verwesenlik word. Politiek is 'n saak van erns en harde werk waardeur wet en orde gehandhaaf word en durf nie in eerlose hande gelaat word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel, iets wat op staatkundige gebied slegs in 'n Christen-teokratiese bestel tot sy reg sal kom.

    U kan hierdie boek bestel by
    ds AE van den Berg
    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com
    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

DIT IS GRATIS

In ons moderne tyd en veral in die Nuwe Suid-Afrika waar orde nie meer 'n saak van belang is nie, is daar maar min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. As leiers binne die Afrikanervolk sal ons vinnig moet leer hoe om dissipline en orde te handhaaf waar 'n paar mense byeenkom - sonder hierdie kennis en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms sinloos wees - vandaar die chaotiese wanorde binne die regime.

Kliek hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures gratis af te laai.  Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

Dit is deur Johan Dorfling geskryf en kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind ongeag die agenda of doel van die byeenkoms.

'n Opegte dankie aan Johan wat baie moeite hiermee gedoen het. Mag dit tot groot heil en samewerking in ons volk meewerk!

 
 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________ 

 

APARTHEID:

 

 

Elke volk regeer homself en help ander.

 

Werkgeleenthede aan almal.

 

Gun aan ander soos vir jouself verwag.

 

Gee krag aan jou volk.

 

Geestelike waarheid.

 

                                              ___________________                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2070 gaste aanlyn