Nuutste bydraes

GEDAGTES VIR ELKE DAG

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Wees nie haastig in jou gees om jou te vererg nie, want ergernis rus in die boesem van die dwase – Prediker 7:9

SAL ONS HOM VOLG?

Hannes Ollewagen

Matt. 4:12-25

En Hy sê vir hulle: Kom agter My aan, en Ek sal julle vissers van mense maak. (:19).

Hierdie was alles behalwe maar net nog n gewone dag in die lewe van hierdie Galilese vissermanne. Hulle was dalk maar net besig met die normale verloop van hul lewens en om hul dagtaak uit te voer totdat Christus by hulle verbygegaan en tot diens geroep het. En hoe merkwaardig het hierdie vier manne sonder versuim of sonder huiwering op sy roepstem gereageer !

Hierdie gehoorsaamheid van die dissipels is vir ons nogal inspirerend en weliswaar tot voorbeeld. Maar dink ons werklik aan die omvang van hulle bereidwilligheid?

Ons wat met die geskiedenis bekend is, weet natuurlik dat hulle die regte besluit geneem het. Besef ons egter tot watter opoffering hierdie mense bereid was en meer nog besef ons wat die omvang van die vertroue was wat hulle in Jesus gestel het om Hom sonder enige huiwering en teëspraak te volg?

Ek wonder hoeveel van ons sal hierdie vertroue en bereidwilligheid van die eerste dissipels kan ewenaar. Sal ons nie maar vir Jesus vra wie dan vir ons vrou en kinders gaan sorg, of vir ons oudag gaan voorsien of ons huis en voertuig se paaiemente teen die einde van die maand gaan betaal as ons nou alles opslag moet los en Hom volg nie? En juis omdat ons fokus heeltemal te veel op onsself gerig is, is die meeste van ons onwillig om Jesus se leiding in ons lewens te volg en op sy roepstem te antwoord.

Dit is natuurlik nie nodig dat ons almal môre ons werke moet bedank en tot aan die uithoeke van die aarde moet gaan sendingwerk doen nie. Alhoewel daar sekerlik ook diegene is wat daartoe geroep is, is daar vir baie van ons in ons onmiddellike omgewing heeltemal genoeg werk in mense se lewens. As u dalk sou begin luister na die roepstem van Hom wat u tot sy diens roep, is u dalk kort-voor-lank as n dienskneg van Hom besig met sy koninkrykswerk daar waar u nog altyd net op u eie strewes gefokus het en nie eers kon dink dat u vir onse Here Jesus kon diensbaar wees nie. Jy as kind word dalk geroep om tussen ander leerlinge in jou skool n helder lig deur jou lewe uit te straal tot n getuienis van Hom. En wie weet of baie mense in duisternis in hierdie wêreld nie hierdeur geraak word nie? U word dalk in u werksomgewing deur Hom geroep om aan kollegas, ondergeskiktes of selfs meerderes die Woord te verkondig en dalk het u die voorreg om n siel van die ewige verderf te red!

Dit is nie net sendelinge en predikante se werk om die koninkryk van die Here uit te bou nie. Inteendeel, daar is soveel valse profete wat die koninkryk van onse Here Jesus skade berokken en daarom die werk soveel groter en moeiliker maak. Maar dit is die plig van elke gemeentelid om in die koninkryk van ons Here Jesus diensbaar te wees sodat ons as n gesonde eenheid sy krag in hierdie wêreld kan uitleef en daarmee in sy koninkryk diensbaar kan wees. Die liggaam (kerk) funksioneer as n geheel en nie elke lid afsonderlik nie. WANT net soos die liggaam een is en baie lede het, en al die lede van die een liggaam, al is hulle baie, een liggaam is, so ook Christus. (1 Kor. 12:12).

Die hedendaagse kerkmens is vinnig om te vra waar die krag van die geloof en die kerk dan vandag is? Maar hierdie selfde mens is tog so traag om die opoffering te maak en in eensgesindheid saam te werk ten einde n gesonde en kragtige liggaam, wat uit n verskeidenheid lede saamgestel word, in Christus te vorm waardeur sy krag aan die wêreld rondom ons sigbaar sal wees.

Dit het tyd geword dat elkeen van ons onsself afvra wat ons moet los om op Jesus gerig te wees sodat ons Hom kan volg.

Opsoek na inligting?

  •  BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    ___________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________
     
    DIGBUNDELS:
      'n Versameling van 4 elektroniese bundels - 226 gedigte @R350.00:  
    Vir alle navrae  skryf aan 
    Amanda
    @waterstrome.co.za
    Uittreksel uit:
    'n Nasie in Pyn:
    ...Saam sal die hele wêreld vir hulle bid.
    Saam sal ons met pyn in ons harte sit.
    Mag hulle berus in u wil
    Mag hulle voor U verstil.
    _________
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    'n Boek getiteld DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, uit die pen van ds AE van den Berg, het  in gedrukte vorm verskyn. 
    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.  
    DIE
    VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, bring helder perspektief oor rasseverskille en die natuurlike skeiding van rasse wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte aan geestelike transformasie wat landsburgers van denkrigting sal laat verander en van al die sogenaamde polities-korrekte onregte en gewaande vryheid waarmee hulle belas word, sal bevry.
    Lesers word aangemoedig om hulle daadwerklik vir 'n Christen-teokrasie in 'n volmaakte republiek te beywer deur sinvolle besluite te neem in die lig van God se Woord, en onophoudelik te bid dat dit spoedig hier aan die suidpunt van Afrika verwesenlik word. Politiek is 'n saak van erns en harde werk waardeur wet en orde gehandhaaf word en durf nie in eerlose hande gelaat word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel, iets wat op staatkundige gebied slegs in 'n Christen-teokratiese bestel tot sy reg sal kom.

    U kan hierdie boek bestel by
    ds AE van den Berg
    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com
    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

DIT IS GRATIS

In ons moderne tyd en veral in die Nuwe Suid-Afrika waar orde nie meer 'n saak van belang is nie, is daar maar min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. As leiers binne die Afrikanervolk sal ons vinnig moet leer hoe om dissipline en orde te handhaaf waar 'n paar mense byeenkom - sonder hierdie kennis en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms sinloos wees - vandaar die chaotiese wanorde binne die regime.

Kliek hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures gratis af te laai.  Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

Dit is deur Johan Dorfling geskryf en kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind ongeag die agenda of doel van die byeenkoms.

'n Opegte dankie aan Johan wat baie moeite hiermee gedoen het. Mag dit tot groot heil en samewerking in ons volk meewerk!

 
 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________ 

 

APARTHEID:

 

 

Elke volk regeer homself en help ander.

 

Werkgeleenthede aan almal.

 

Gun aan ander soos vir jouself verwag.

 

Gee krag aan jou volk.

 

Geestelike waarheid.

 

                                              ___________________                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1805 gaste aanlyn