VERWOERDMAAND

‘N GOD VAN LEWENDES

Hannes Ollewagen

Markus 12:18-27

“En Jesus antwoord en sê vir hulle: Is dit nie daarom dat julle dwaal dat julle die Skrifte en ook die krag van God nie ken nie?” (:24)

“God is nie ‘n God van dooies nie, maar ‘n God van lewendes. Julle dwaal dus grootliks.” (:27).

Jesus wys die Sadduseërs in die gelese gedeelte op hul dwaling en voer ook as rede aan waarom hulle dwaal. Die rede is tweeledig dat hulle die Skrifte nie ken nie en tweedens dat hulle die krag van God nie ken nie.

Vandag, in 2018, sien ons steeds dieselfde verskynsel in baie kerke. Daar is vandag steeds baie dwaalleraars wat vreemde leringe verkondig omdat hulle nie die Skrif ken nie. Dit het tot gevolg dat hulle, presies soos die Sadduseërs, menigmaal teksverse buite verband aanhaal om hul eie teorieë te probeer regverdig of verdedig eerder as om hul leer te vorm o.g.v. die leer van die Woord van God.

En dan is daar ook talle plekke waar die verkondiging van die Woord nie met die geloof verenig is nie. Dit lei tot ‘n oppervlakkige godsdienstigheid wat maar net die naam van godsdiens dra, niks meer nie. Is dit nie hieroor wat Christus die gemeente van Sardis in Openbaring 3:1 aanspreek nie? “EN skryf aan die engel van die gemeente in Sardis: Dít sê Hy wat die sewe Geeste van God en die sewe sterre het: Ek ken jou werke, dat jy die naam het dat jy leef en jy is dood.” Mense wil graag Christene genoem word, maar die opofferings, selfverloëning en nederige diensbaarheid aan God wat hiermee saamgaan, is soms te veel gevra.

Alhoewel Abraham alreeds ontslaap het, verwys Jesus juis na hom wanneer Hy verkondig dat God ‘n God van lewendes en nie dooies is nie. Hierdie man, Abraham, was in sy gees lewend vir God. Hy het deur sy lewende verhouding met die Almagtige God die vader van die belofte geword. Abraham was nie maar in naam ‘n kind van God nie, maar hy was dit in hart en siel. Sy godsdiens was nie een van kerkbywoning eenmaal per week en so nou en dan bid nie, maar sy lewe was ‘n lewe van nederige gehoorsaamheid aan God. Abraham het nie met sy lippe loop en vertel dat hy aan God gehoorsaam sal of wil wees nie, maar het dit met sy optrede bewys. Ja, hierdie Abraham was selfs bereid om sy seun, Isak, aan God af te staan op God se versoek om daardeur sy liefde aan Hom te bewys. Daardie selfde seun deur wie God beloof het om aan hom ‘n groot nageslag te skenk. En alhoewel God Abraham eindelik verhoed het om sy seun te offer, leer ons uit Heb. 11:17 dat die totale vasberadenheid en oorgawe van Abraham is sy hart om God se opdrag te gehoorsaam deur God beskou is as ‘n uitvoering van die opdrag. “Deur die geloof het Abraham, toe hy op die proef gestel is, Isak geoffer; ja, hy wat die beloftes ontvang het, het sy eniggeborene geoffer,”

Teenoor Abraham was daar die Fariseërs wat baie ‘godsdienstig’ was. Dit wat vir die mense sigbaar was, het hulle foutloos uitgevoer. Maar hierdie mense se harte was nie trou teenoor God nie. En die liefde vir Hom was nie in hul harte nie. Dit is immers bewys deurdat hulle Jesus aan ‘n vloekhout laat ophang het! Hulle was dus geestelik dood ten spyte van hul godsdienstige vertoon. “Wee julle skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle is net soos gewitte grafte wat van buite wel fraai lyk, maar van binne vol doodsbene en allerhande onreinheid is.” (Matt. 23:27).

Mag ons in hierdie nuwe jaar leef as kinders van die lewende God van hemel en aarde. Mense wat na sy Woord luister om dit trou en in liefde en nederigheid te gehoorsaam eerder as om dit te verdraai om ons in die gehoor te streel. Mense wat sal luister na sy vermaning en waarskuwings, maar ook mense wat sal vashou en GLO aan sy beloftes. Mense wat nie maar godsdienstig sal wees nie, maar lewend en godvrugtig sal wees in ons diensbaarheid aan die lewende God van hemel en aarde!

Opsoek na inligting?

  • VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD

    Stuur u aansoek saam met ’n CV waarin u ‘n persoonlike bekendstelling, werkservaring en tersaaklike kwalifikasies insluit, voor 15 September 2018 aan ds. CM Erasmus by die e-pos adres: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Vir meer inligting:

    VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD


    __________

    BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    ___________

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

DIT IS GRATIS

In ons moderne tyd en veral in die Nuwe Suid-Afrika waar orde nie meer 'n saak van belang is nie, is daar maar min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. As leiers binne die Afrikanervolk sal ons vinnig moet leer hoe om dissipline en orde te handhaaf waar 'n paar mense byeenkom - sonder hierdie kennis en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms sinloos wees - vandaar die chaotiese wanorde binne die regime.

Kliek hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures gratis af te laai.  Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

Dit is deur Johan Dorfling geskryf en kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind ongeag die agenda of doel van die byeenkoms.

'n Opegte dankie aan Johan wat baie moeite hiermee gedoen het. Mag dit tot groot heil en samewerking in ons volk meewerk!

 
 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________ 

 

APARTHEID:

Dr Verwoerd het gesê skeiding beoog volle kanse vir almal op woongebied, landgebied en lewensterrein binne elkeen se eie rassegemeenskap tot elkeen se voorspoed, tevredenheid en beskerming. Hy stel sy beste werkkrag, geesteskrag, elke oomblik van sy lewe, tot beskikking.

                                              ___________________                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1435 gaste aanlyn