Nuutste bydraes

GEDAGTES VIR ELKE DAG

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Lyding maak gelowiges sterk. Dit brei, vorm en verdiep.  Dit gee ons krag en weerstand.  Kortom: Dit gee ons geestelike staal.

HY WAG OP SY BRUID

Hannes Ollewagen

Génesis 24:1-67

“Rebekka het ook haar oë opgeslaan en Isak gesien. Toe het sy van die kameel afgegly en aan haar dienaar gesê: Watter man is dit wat ons tegemoetloop in die veld? En die dienaar antwoord: Dit is my heer. Toe neem sy die sluier en bedek haar.” (:64&65).

Hoe kosbaar is die onderdanigheid van Rebekka nie in die gelese gedeelte nie. En nie alleen is haar onderdanigheid waarvan ons in verse 64&65 lees ‘n kosbare deugde nie, maar ook haar bereidwilligheid om diensbaar te wees in die groei en uitbreiding van haar volk. Sy het op die vraag of sy met die man wil saamgaan en of sy nog ‘n wyle wou vertoef sommer onverwyld ingestem om haar heer te gaan ontmoet.

Die lees van hierdie gedeelte laat dit so maklik klink om die regte lewensmaat te vind. Dit lyk op die oog af asof dit sommer net een gebed van Abraham se dienaar geverg het en siedaar! Skielik daag die perfekte vrou by hom op. Wanneer ons tog aan die begin van hoofstuk 24 noukeurig lees, sal ons Abraham se besorgdheid oor hierdie saak opmerk. Dit was vir hom, soos vir enige goeie vader, baie belangrik dat sy seun ‘n goeie, deugsame en rein vrou sou kry. Ek is ook redelik seker daarvan dat Abraham al heelwat oor hierdie saak gebid het voordat hy sy dienaar uitgestuur het. Die dienaar van Abraham se gebed was derhalwe nie die enigste een wat daartoe sou lei dat die regte vrou vir Isak gehaal word nie.

Dit is dan ook seker menige jongman se wens om ‘n rein, deugsame en goeie lewensmaat te vind. Die gedagte aan ‘n lewenslustige, tog beskeie vrou met hande wat vir niks verkeerd staan nie is genoeg om ‘n jongman opgewonde te maak. En as jy nou hierby sal voeg die feit dat sy ‘n eerbare en reine meisie is, het jy darem iets kosbaar gevind.

Ons is vinnig om ons eie standaard vir ‘n lewensmaat baie hoog te stel. Tog het ons allerhande verskonings wanneer Christus ook hoë eise stel waaraan Sy bruid moet voldoen. Die gedagte aan ‘n sedelose meisie laat my gril, maar ‘n losbandige gemeente wat met die wêreld hoereer, is maar in ons oë aanvaarbaar. Onthou, ek praat nou van gemeentes waarvan ek en u deel vorm! Christus moet maar tevrede wees met dit wat daar is, want ons gaan ten minste nog kerk toe en dit is meer as wat die meeste ander mense kan sê. Hierdie gesindheid, liewe broer en suster, is totaal en al onaanvaarbaar! “Weet julle nie dat julle liggame lede van Christus is nie? Sal ek dan die lede van Christus neem en dit lede van ‘n hoer maak? Nee, stellig nie!” (1Kor. 6:15).Elke lid van die ware kerk vorm deel van die liggaam van Christus. Ons het die verantwoordelikheid om eerbaar en Godvrugtig te leef ten einde sy bruid kosbaar te versier. ‘n Bruid wat met opgewondenheid sal wag op die koms van haar Heer!

As gemeentes is ons veronderstel om aan Christus onderdanig te wees soos wat ‘n vrou aan haar man onderdanig moet wees. “Want die man is die hoof van die vrou, soos Christus ook Hoof is van die gemeente; en Hy is die Verlosser van die liggaam. Maar soos die gemeente aan Christus onderdanig is, so moet die vroue dit ook in alles aan hul eie mans wees.” (Efés. 5:23&24). Dit beteken dat ons onself aan die gesag van die Woord sal onderwerp eerder as om allerhande verskonings uit te dink oor waarom ons nie volgens sy ordening hoef te leef nie. Tye het mos verander en daarom kan ons vandag maar saambly. Verkeerd! God is onveranderlik en só ook sy gebod. Hy sal hoereerders en egbrekers oordeel en so ook gemeentes wat hoereer! Ek is nog jonk en nie nou al gereed om ‘n kind groot te maak nie en daarom kan ek ‘n aborsie regverdig. Verkeerd! Jy mag jou hand nie uitsteek na ‘n lewe om dit te neem nie, want dan is jy in God se oë skuldig aan moord.

Jy is dalk nie skuldig aan hierdie lelike vergrype wat ek sopas genoem het nie. Maar dalk is jy deel van ‘n groot groep mense wat net vir die skyn ‘n goeie lewe lei. Asof God nie alles sien nie. Hy sien dat ek voor maats en in die openbaar dalk die mooiste maniere voorhou, maar tuis behandel ek my ouers, broers en susters sonder respek. Hy sien dat jy jou werk doen om deur mense geëer te word eerder as om dit in nederige diensbaarheid aan God te doen om sy eer eerder as die van mense te soek. Hy hoor met watter grappies en gesprekke kerkmense hulself besig hou. En Hy weet na watter films hulle graag kyk.

Ons moet onsself dalk ernstig afvra hoeveel van hierdie dinge ‘n versiering van die bruid van Christus is en of dit eerder ‘n sedelose verhouding is met dit wat aards en duiwels is. Onthou, wanneer Christus weer kom, is dit om sy bruid te kom haal. En as u dink dat Hy tevrede gaan wees met ‘n bruid wat ontrou is, wag daar ‘n groot ontnugtering op u.

Opsoek na inligting?

  •  BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    ___________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________
     
    DIGBUNDELS:
      'n Versameling van 4 elektroniese bundels - 226 gedigte @R350.00:  
    Vir alle navrae  skryf aan 
    Amanda
    @waterstrome.co.za
    Uittreksel uit:
    'n Nasie in Pyn:
    ...Saam sal die hele wêreld vir hulle bid.
    Saam sal ons met pyn in ons harte sit.
    Mag hulle berus in u wil
    Mag hulle voor U verstil.
    _________
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    'n Boek getiteld DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, uit die pen van ds AE van den Berg, het  in gedrukte vorm verskyn. 
    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.  
    DIE
    VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, bring helder perspektief oor rasseverskille en die natuurlike skeiding van rasse wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte aan geestelike transformasie wat landsburgers van denkrigting sal laat verander en van al die sogenaamde polities-korrekte onregte en gewaande vryheid waarmee hulle belas word, sal bevry.
    Lesers word aangemoedig om hulle daadwerklik vir 'n Christen-teokrasie in 'n volmaakte republiek te beywer deur sinvolle besluite te neem in die lig van God se Woord, en onophoudelik te bid dat dit spoedig hier aan die suidpunt van Afrika verwesenlik word. Politiek is 'n saak van erns en harde werk waardeur wet en orde gehandhaaf word en durf nie in eerlose hande gelaat word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel, iets wat op staatkundige gebied slegs in 'n Christen-teokratiese bestel tot sy reg sal kom.

    U kan hierdie boek bestel by
    ds AE van den Berg
    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com
    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________ 

 

APARTHEID:

Beklemtoon volkseie as enigste regverdige politieke bedeling.

Laat die lig skyn in die donkerte.

Is die groei van 'n volk uit eie wortels.

Erken alle volke se regte.

                                                  Saamstaan is sterkstaan vir strewe na uitnemendheid

                                                 ___________________                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2068 gaste aanlyn