VERWOERDMAAND

HY WAT KALM IS VAN GEES

Hannes Ollewagen

Spreuke 17:1-28

Wie sy woorde inhou, besit kennis; en hy wat kalm is van gees, is n man van verstand. (:27).

Ons almal het seker al iets in oorhaastigheid gedoen waaroor ons dan later spyt gekry het. En nog meer van ons het al dinge in oorhaastigheid gesê waaroor ons dan ook later spyt gekry het. Dit laat ons opnuut dink aan die suiwer lering uit Jakobus 3:2 is: Want ons almal struikel dikwels. As iemand in woorde nie struikel nie, is hy n volmaakte man, in staat om ook die hele liggaam in toom te hou.

Daar is die bekende Afrikaanse gesegde wat lui –“Waar die hart van vol is, loop die mond van oor.”‘n Liggaam wat n onrustige gees huisves, sal sekerlik gekenmerk word aan oproerige en opvlieënde optrede en gesprekke. Daar is ook dan geen tekort aan oproeriges en twisgierige mense in ons tyd nie.

Daardie mense wat rede soek om oor iets te baklei omdat hulle nie vrede in hul hart koester nie, maar eerder deur onrus en twisgierigheid aangevuur word. “’n Opvlieënde man verwek twis, en n driftige man is ryk aan oortreding. (Spr. 29:22).

Wanneer ek praat van twisgierige en opvlieënde mense wys die vinger ongelukkig nie net na mense wat van die wêreld is nie, maar ook na gelowiges. Daar is talle gelowiges wat hulself oor n neteligheid kan vererg. En wanneer n mens nie daarop let en hierteen waak nie, raak dit kort voor lank sommer n lelike gewoonte. Hierdie lelike gewoonte word dikwels verdedig deur te beweer dat dit is wie jy is en as mense jou nie op hierdie wyse wil aanvaar nie is dit hulle probleem. En as God u nie so wil sien nie moet Hy dit ook maar so aanvaar? Of is die woorde in Jakobus 1:19&20 net vir ander gelowiges geskryf en nie ook vir u nie? SO dan, my geliefde broeders, elke mens moet gou wees om te hoor, stadig om te praat, stadig om toornig te word. Want die toorn van n man bewerk nie die geregtigheid voor God nie.

Benewens die feit dat gelowiges in geen onduidelike taal deur die Woord aangespreek word om oor ons humeur en emosies beheer uit te oefen, word ons ook gemaan om die vrugte van die Gees voort te bring. Ons moet onthou dat die vrugte van die Gees nie verniet vrugte van die Gees genoem word nie. Ons is uit onsself, deur die vlees, onmoontlik daartoe in staat om die vrugte van die Gees voort te bring. Wanneer ek egter in my eie lewe al minder word sodat God deur sy Heilige Gees in my hart kan woon en werk, sal die Heilige Gees hierdie vrugte in my lewe voortbring. Ek moet my lewe en werke voortdurend beoordeel om vas te stel of ek in die Gees of in die vlees wandel. My lewe, besluite en optrede sal die getuienis lewer. Wanneer ek die werke van die vlees raaksien, moet ek weet om na God terug te keer! En wanneer ek die vrugte van die Gees uit my lewe en optrede sien spruit moet ek nie roem nie, maar God dank vir sy genade in my lewe.

Ons leer uit Galásiërs 5 dat vyandigheid, twis, toornigheid en dergelike dinge werke van die vlees is. En die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid, afgodery, towery, vyandskap, twis, jaloersheid, toornigheid, naywer, tweedrag, partyskap, afguns, moord, dronkenskap, brassery en dergelike dinge, waarvan ek julle vooraf sê, soos ek al vroeër gesê het, dat die wat sulke dinge doen, die koninkryk van God nie sal beërwe nie. (:19-21). Daarenteen is lankmoedigheid en selfbeheersing kenmerke van n lewe wat deur die Heilige Gees beheer word. Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing. (:22).

Wanneer u in die toekoms in n situasie beland waarin u normaalweg opvlieënd sou optree en opslag u humeur sal verloor, vra uself die vraag af of u die Heilige Gees hierdeur op die agtergrond in u lewe wil stel om uself op die voorgrond te plaas? Óf sal u eerder uself op die agtergrond skuif sodat Hy voortdurend op die voorgrond kan wees om in u lewe te wil en te werk na sy welbehae?

Onthou, Hy is ons lewe en vrede en wanneer ons gees in waarheid aan Hom onderwerp is, sal sy vrede wat alle verstand te bowe gaan ook in ons lewens teenwoordig wees. Wanneer hierdie vrede in my hart is, sal ek kalm van gees wees. En n man wat kalm van gees is, is n man van verstand.

Opsoek na inligting?

  • VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD

    Stuur u aansoek saam met ’n CV waarin u ‘n persoonlike bekendstelling, werkservaring en tersaaklike kwalifikasies insluit, voor 15 September 2018 aan ds. CM Erasmus by die e-pos adres: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Vir meer inligting:

    VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD


    __________

    BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    ___________

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

DIT IS GRATIS

In ons moderne tyd en veral in die Nuwe Suid-Afrika waar orde nie meer 'n saak van belang is nie, is daar maar min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. As leiers binne die Afrikanervolk sal ons vinnig moet leer hoe om dissipline en orde te handhaaf waar 'n paar mense byeenkom - sonder hierdie kennis en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms sinloos wees - vandaar die chaotiese wanorde binne die regime.

Kliek hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures gratis af te laai.  Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

Dit is deur Johan Dorfling geskryf en kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind ongeag die agenda of doel van die byeenkoms.

'n Opegte dankie aan Johan wat baie moeite hiermee gedoen het. Mag dit tot groot heil en samewerking in ons volk meewerk!

 
 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________ 

 

APARTHEID:

Dr Verwoerd het gesê skeiding beoog volle kanse vir almal op woongebied, landgebied en lewensterrein binne elkeen se eie rassegemeenskap tot elkeen se voorspoed, tevredenheid en beskerming. Hy stel sy beste werkkrag, geesteskrag, elke oomblik van sy lewe, tot beskikking.

                                              ___________________                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 896 gaste aanlyn