Nuutste bydraes

GEDAGTES VIR ELKE DAG

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Só lief het God ons dat Hy ons na sý beeld geskape het en ons daardeur 'n vennoot van liefde gemaak het, 'n wese met wie Hy praat, wat Hy soos 'n kind liefhet en wat Hom kan antwoord en as ons Vader kan liefhê.

IS U BEREID OM VIR HOM TE STERWE?

Hannes Ollewagen

Handelinge 21:1-39

Maar Paulus het geantwoord: Wat doen julle dat julle ween en my hart week maak? Want ek is bereid nie alleen om gebind te word nie, maar ook om in Jerusalem te sterwe vir die Naam van die Here Jesus. (13).

Paulus se toewyding as volgeling van Jesus Christus word vir ons duidelik geïllustreer in die woorde van vers 13 van hierdie gedeelte. Wanneer ander gelowiges hom waarsku om nie na Jerusalem te gaan nie omdat hy daar veel sou ly, is sy reaksie dat hy nie alleen bereid is om te ly vir die Naam van die Here Jesus nie, maar ook om vir Hom te sterwe.

As ek en u vanoggend in dieselfde situasie sou beland, nl. of ons bereid sou wees om te ly en selfs te sterwe om aan die Here Jesus getrou te wees hoe sou ons daarop reageer? Onthou, dit is maklik om n belydenis met die lippe te maak, maar as die tyd aanbreek om die daad by die woord te voeg, sal ons werklik bereid wees om dit deur te voer? Ons dink maar aan die bekende gedeelte van Petrus wat bely het dat hy bereid sou wees om sy lewe vir die Here te gee. Petrus sê vir Hom: Here, waarom kan ek U nie nou volg nie? Ek sal my lewe vir U gee. Jesus antwoord hom: Sal jy jou lewe vir My gee? Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, die haan sal sekerlik nie kraai voordat jy My drie maal verloën het nie. (Joh. 13:37-38). En dit was nie net Petrus wat hierdie belydenis afgelê het nie, maar ook die ander dissipels. Maar hy het nog meer aangehou en gesê: Al moes ek saam met U sterwe, ek sal U nooit verloën nie! En net so het almal ook gesê. (Markus 14:31).

Volgens Petrus se eie oordeel was hy n toegewyde gelowige wat die Here getrou gedien het. Dit was seker ook nie sonder rede dat hy so geredeneer het nie hy het immers daagliks saam met Jesus rondgegaan en Hom gedien. Jesus het egter geweet dat Petrus nog nie Gees vervuld was nie en omdat sy vlees nog nie aan die Gees van God onderworpe was nie kon hy nie daardie belydenis van hom nakom nie. Petrus wou dalk vir Jesus sterf, maar hy was nie in eie krag daartoe in staat om homself ter wille van Jesus Christus te verloën nie.

Die Heilige Gees is egter later op die dissipels uitgestort. Petrus het later jare weer voor dieselfde keuse te staan gekom - of sy eie lewe of diensbaarheid aan God die swaarste weeg. Asn Geesvervulde gelowige was Petrus hierdie keer werklik bereid om vir Jesus Christus te sterf. Hy het dit nie alleen bely nie, maar is inderdaad ook gekruisig. As n volgeling van Christus het hy selfs in sy uur van dood n laaste versoek tot eer van God gerig. En dit was dat hy onderstebo gekruisig moet word omdat hy homself nie waardig ag om op dieselfde wyse as Christus te sterf nie! Uiteindelik het hierdie Petrus gelewe tot eer van God en ook gesterf tot eer van God. Want niemand van ons leef vir homself nie en niemand sterf vir homself nie. Want as ons lewe, leef ons tot eer van die Here; en as ons sterwe, sterf ons tot eer van die Here; of ons dan lewe en of ons sterwe, ons behoort aan die Here. (Rom. 14:7-8).

Maar weer terug by Paulus. Ons onthou dat Paulus aanvanklik die gemeentes van Jesus Christus vervolg en probeer vernietig het. Nadat die Heilige Gees van God egter in sy lewe intrek geneem het, was hierdie man sekerlik een van die mees toegewyde gelowiges van alle tye. Hy was n man wat nie alleen bely het dat hy bereid is om te ly en selfs te sterf in diens van Jesus Christus nie, maar omstandighede en sy lewe het daarvan getuig. Is hulle dienaars van Christus? ek praat in uitsinnigheid ek nog meer: in arbeid oorvloediger, in slae bo die maat, in gevangenskappe baie meer, in doodsgevare dikwels. (2 Kor. 11:23).

As u nou weer gevra sou word of u werklik bereid is om vir Jesus Christus te sterf, sou u steeds hiervan oortuig wees? Of kom ons stel die vraag n bietjie anders: Het u al vir die Here Jesus gesterf? M.a.w. was u al by n punt in u lewe waar u daadwerklik die besluit geneem het dat u u eie lewe wil aflê, dat u die vlees en u eie wil met sy begeerlikhede wil kruisig en begrawe sodat Hy deur sy Heilige Gees in u lewe kan woon? Indien u nie hierop ja kan antwoord nie is dit die realiteit dat u ook nie bereid sal wees om vir Hom te sterf in hierdie lewe nie ongeag wat u met u lippe bely.

Elkeen daarenteen wat sy eie lewe afgelê het ten einde vir Hom te leef en wat deur sy Gees gelei word, sal deur die Heilige Gees selfs die dood as n oorwinning en wins beskou en daarom nie daarvoor vrees nie. Want vir my is die lewe Christus en die sterwe wins. (Fil. 1:21).

Opsoek na inligting?

  •  BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    ___________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________
     
    DIGBUNDELS:
      'n Versameling van 4 elektroniese bundels - 226 gedigte @R350.00:  
    Vir alle navrae  skryf aan 
    Amanda
    @waterstrome.co.za
    Uittreksel uit:
    'n Nasie in Pyn:
    ...Saam sal die hele wêreld vir hulle bid.
    Saam sal ons met pyn in ons harte sit.
    Mag hulle berus in u wil
    Mag hulle voor U verstil.
    _________
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    'n Boek getiteld DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, uit die pen van ds AE van den Berg, het  in gedrukte vorm verskyn. 
    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.  
    DIE
    VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, bring helder perspektief oor rasseverskille en die natuurlike skeiding van rasse wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte aan geestelike transformasie wat landsburgers van denkrigting sal laat verander en van al die sogenaamde polities-korrekte onregte en gewaande vryheid waarmee hulle belas word, sal bevry.
    Lesers word aangemoedig om hulle daadwerklik vir 'n Christen-teokrasie in 'n volmaakte republiek te beywer deur sinvolle besluite te neem in die lig van God se Woord, en onophoudelik te bid dat dit spoedig hier aan die suidpunt van Afrika verwesenlik word. Politiek is 'n saak van erns en harde werk waardeur wet en orde gehandhaaf word en durf nie in eerlose hande gelaat word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel, iets wat op staatkundige gebied slegs in 'n Christen-teokratiese bestel tot sy reg sal kom.

    U kan hierdie boek bestel by
    ds AE van den Berg
    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com
    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________ 

 

APARTHEID:

Beklemtoon volkseie as enigste regverdige politieke bedeling.

Laat die lig skyn in die donkerte.

Is die groei van 'n volk uit eie wortels.

Erken alle volke se regte.

                                                  Saamstaan is sterkstaan vir strewe na uitnemendheid

                                                 ___________________                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1846 gaste aanlyn