VERWOERDMAAND

SPORE VAN GEREGTIGHEID

IN DIE SPORE VAN GEREGTIGHEID DEUR SY LEIDING

Hannes Ollewagen

Psalm 23:1-6

Hy verkwik my siel; Hy lei my in die spore van geregtigheid, om sy Naam ontwil. (:3).

Wat sou dit beteken om in die spore van geregtigheid te wandel? Ons kan met reg sê dat diegene wat in die spore van geregtigheid wandel mense is wat met God wandel. Dit is mense wat God se leiding in volle geloofsvertroue volg.

Dit is belangrik dat ons sal verstaan dat om God te dien nie van jou vereis dat jy een of ander hooggeleerde in teologie of iets dergeliks moet wees nie. Inteendeel, daar is in ons tyd soveel mense wat só hoog geleerd raak dat hulle dink dat hulle God kan voorskryf. En daarom matig hulle hulself die reg aan om die evangelie van Christus te verdraai om by hul eie leringe in te pas en word selfs die heilige Woord van God, teen sy bevel in, willens en wetens oor-en-oor vertaal om by die sogenaamde veranderde tye in te pas. Hoe lasterlik om te sinspeel dat God oudmodies geword het en tog moet bykom! Tereg het Christus self teen hierdie mense gewaarsku wat vêr van die spore van geregtigheid beweeg. En Hy sal sê: Ek sê vir julle, Ek ken julle nie waar julle vandaan is nie. Gaan weg van My, al julle werkers van die ongeregtigheid! (Luk. 13:27).

Dit is duidelik dat diegene wat die spoor van geregtigheid byster raak ook die nou poort wat toegang tot die ewige lewe bied, sal misloop. Daardie mense wat op hul meerderwaardige kennis vertrou sal deur hul sogenaamde kennis in die war gebring word en heeltemal verdwaal. Daarenteen sal diegene wat in nederige geloofsvertroue die weg van die waarheid hou nougeset in die spore van geregtigheid wandel. Hulle sal sodoende op n reguit weg wandel na hul ewige eindbestemming en die toegang hiertoe vind deur die nou poort tot die ewige lewe.

Dit beteken natuurlik nie dat ons geen kennis van die Woord van God moet hê nie. Inteendeel, n mens kan ten gronde gaan weens n gebrek aan kennis. Maar kennis wat nie met die geloof verenig is nie sal vir jou n swarigheid wees. n Persoon wat reken dat sy kennis genoegsaam is, is een wat meen dat hy in eie krag in die spore van geregtigheid kan wandel. Hy meen dat hy nie in die spore van geregtigheid gelei hoef te word nie omdat hy volwasse en wys genoeg is om self die weg te vind.

Die Woord leer ons egter die teendeel. Ons is as mense inherent tot die kwaad geneig en ons kan nie uit eie krag in die weë van die Here wandel nie. Maar dit is waar dat die Here Jesus die mag van hierdie kwaad waartoe ons in ons vleeslike liggaam neig, daardie sondemag van die Satan, verbreek het. Wanneer u Hom dus toelaat om in u lewe deur sy Heilige Gees en deur die Woord die leiding te neem, sal Hy u rig om in die spore van geregtigheid te wandel. Hy sal van u n werktuig van geregtigheid maak as u uself tot sy beskikking stel om vir Hom diensbaar te wees eerder as om aan u eie vleeslike begeertes diensbaar te wees. En moenie julle lede stel tot beskikking van die sonde as werktuie van ongeregtigheid nie, maar stel julleself tot beskikking van God as mense wat uit die dode lewend geword het, en julle lede as werktuie van geregtigheid in die diens van God. (Rom. 6:13).

Ons sal ook sonder kennis van die Woord nie weet wanneer ons van die spore van geregtigheid afdwaal nie. Ons sien daagliks soveel mense wat nie eers daarvan bewus is dat hulle in die oë van die Here verkeerd doen nie juis omdat hulle kennis van die Woord van God heeltemal ontbreek. En dan praat ek nou van mense wat gereeld by n kerk n draai maak, hoor! Maar dit doen hulle omdat hulle so grootgemaak is en nie om in opregtheid na die weg van geregtigheid te soek nie.

Wanneer dit ons erns is om daagliks na die weg van geregtigheid te soek en daarna te streef om dit na te volg, sal ons vinnig besef wanneer ons van die gebaande weg afdwaal. Ons sal besef dat ons nie meer die duidelike leiding van ons Herder ervaar nie en sal gou daarna verlang en Hom weer opsoek. Ons sal al meer besef dat die weg wat ons vir onsself uitkies menigmaal afwyk van die spore van geregtigheid wat die Here vir ons aanwys. En dat ons telkens in n doodloopstraat beland wanneer ons van die spore van geregtigheid afwyk. Ons sal besef dat ons elke liewe keer verdwaal wanneer ons self leiding in ons lewens probeer neem eerder as om die leiding van die Here te volg.

Die weg van geregtigheid lei nie na n doodloopstraat soos ons eie kronkelpaaie nie. Hierdie spore loop dalk langs n smal weg en dit voel soms moeilik om koers hierop te hou. Gelukkig hoef u nie die weg so duidelik te sien as die Leidsman en Herder langs hierdie weg nie, want Hy ken elke treë van hierdie weg selfs daardie treë wat deur dale van doodskaduwee loop!

Jesus Christus het hierdie weg van geregtigheid ons vooruit gestap en Hy het hierdie weg enduit gestap. Hy is daarom die ware Leidsman wat ons in die spore van geregtigheid kan lei wat loop tot by ons ewige woning by ons Vader in die hemel. En hulle wat geregtigheid doen, sal welkom wees in die huis van God onse Vader. ...HERE, wie mag vertoef in u tent? Wie mag woon op u heilige berg? Hy wat opreg wandel en geregtigheid doen, en wat met sy hart die waarheid spreek; (Ps. 15:1&2).

Opsoek na inligting?

  • VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD

    Stuur u aansoek saam met ’n CV waarin u ‘n persoonlike bekendstelling, werkservaring en tersaaklike kwalifikasies insluit, voor 15 September 2018 aan ds. CM Erasmus by die e-pos adres: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Vir meer inligting:

    VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD


    __________

    BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    ___________

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

DIT IS GRATIS

In ons moderne tyd en veral in die Nuwe Suid-Afrika waar orde nie meer 'n saak van belang is nie, is daar maar min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. As leiers binne die Afrikanervolk sal ons vinnig moet leer hoe om dissipline en orde te handhaaf waar 'n paar mense byeenkom - sonder hierdie kennis en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms sinloos wees - vandaar die chaotiese wanorde binne die regime.

Kliek hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures gratis af te laai.  Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

Dit is deur Johan Dorfling geskryf en kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind ongeag die agenda of doel van die byeenkoms.

'n Opegte dankie aan Johan wat baie moeite hiermee gedoen het. Mag dit tot groot heil en samewerking in ons volk meewerk!

 
 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________ 

 

APARTHEID:

Dr Verwoerd het gesê skeiding beoog volle kanse vir almal op woongebied, landgebied en lewensterrein binne elkeen se eie rassegemeenskap tot elkeen se voorspoed, tevredenheid en beskerming. Hy stel sy beste werkkrag, geesteskrag, elke oomblik van sy lewe, tot beskikking.

                                              ___________________                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1674 gaste aanlyn