NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Gebed is nie ’n towerformule wat jou hemeltoe vat nie.   Jy word nie gered omdat jy bid nie, maar omdat jy bewustelik van sonde weggedraai het en lewenslank aanhou wegdraai.   Ons moet onophoudelik bly glo en gedurig tot “bekering” kom.   Dis wat heiligmaking is - een saligmakende bekering en daarna daaglikse bekering.

‘n OFFER VAN DANK

Hannes Ollewagen

Ps. 50:1-23

Die een wat dank offer, eer My; en die een wat op sy weg ag gee, hom sal Ek die heil van God laat geniet. (:23).

U het seker al die gevoel beleef om vir iemand iets te doen en dan waardeer daardie persoon dit nie in die minste nie. So n ondankbare houding laat n mens sommer maklik voel asof al jou moeite en opoffering heeltemal verniet was. n Mens sal boonop nie baie begerig wees om n ondankbare persoon weer van hulp te wees nie.

Ek hoop egter dat u ook al daardie voorreg gehad het om iemand van hulp te wees wat n diepe en opregte waardering daarvoor toon. Daardie mens wat regtig in baie, baie groot nood verkeer en nie genoeg kan dankie sê wanneer iemand aan hom hulp betoon nie. So n opregte dankbaarheid is gewoonlik nie alleen in woorde nie, maar ook in n persoon se optrede sigbaar. Dink maar aan n persoon wat lank werkloos was en dalk by u n werkie kon kry. Wanneer so n persoon met aanwending van alle ywer dan sy pligte getrou uitvoer en telkens die ekstra myl aflê, is dit asof die dankbaarheid vir daardie geleentheid uit hom straal. En ongeag hoe belangrike funksie so n persoon vervul so n gesindheid van dankbaarheid is bewonderenswaardig.

Dankbaarheid is egter n deug wat in ons tyd nie meer baie algemeen bespeur word nie. Luister gerus na mense se gesprekke en let op hulle houdings. Daar word gekla oor n slegte huwelik, of n onbillike werkgewer,n slegte werk, ongehoorsame kinders, een of ander probleem met ander familielede en dergelike sake. En dit terwyl daar soveel is om oor dankbaar te wees. Dink ons dat ons God se hart verbly met hierdie tipe van murmureringe en klagtes oor nietighede? Ons wonder dan waarom dit voel asof God nie na gebede luister nie dalk omdat Hy so selde, indien ooit, die eer van ons as mensekinders ontvang wat Hy vra! ...en roep My aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp, en jy moet My eer. (Ps. 50:15).

Ons is vinnig om na die Here te hardloop wanneer daar probleme in ons lewens is, maar onthou ons ook om Hom waarlik en met n opregte hart te dank? Onthou ons om na Hom te gaan met n goed voorbereide en absoluut opregte gebed van dank om dit soos n offer voor Hom neer te lê en te wens dat Hy dit met welgevalle mag aanneem? Bring ons daardie gebede en offers van dank met dieselfde ywer en erns as waarmee ons hulpgeroep na Hom opstyg?   Ons behoort dit te doen, liewe broer en suster, want die Here eis hierdie offers van ons. Offer dank aan God, en betaal jou geloftes aan die Allerhoogste; (Ps. 50:14). Ek wil die Naam van God prys met n lied en Hom groot maak met danksegging; en dit sal die HERE welgevalliger wees as beeste, as stiere wat horings en gesplitste kloue het. (Ps. 69:31&32).

Ons het al meermale mense tot God hoor bid om hulp en dan is daardie gebed om hulp afgesluit met die volgende bekende woorde: Ons vra dit in die Naam van Jesus Christus. Hoeveel keer daarenteen het u al self gebid of gehoor dat daar dalk as volg tot God in gebed genader word -Onse Vader wat in die hemel is ons wil U dank in die Naam van U Seun, Jesus Christus, vir. . . ? Spreek onder mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere; en sing en psalmsing in julle harte tot eer van die Here, terwyl julle God die Vader altyd vir alles dank in die Naam van onse Here Jesus Christus, (Efés. 5:19&20).

Sommige van ons onthou dalk nog om God te dank vir sy hulp en die goeie gawes wat ons uit sy Hand ontvang. Maar is daar enige van ons wat God selfs vir ons beproewing en loutering dank? Daardie beproewing en loutering wat ons dalk nie verstaan nie, maar wat ons glo uiteindelik tot ons beswil en heiligmaking sal wees. Wanneer ons in 1 Thes. 5:18 lees dat ons in alles dankbaar moet wees, sal dit nie die beproewinge en loutering insluit nie? Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle. Onthou hoedat Paulus en Silas selfs in die gevangenis lofliedere tot eer van God gesing het in plaas daarvan om met die Here te twis dat hulle in die gevangenis sit ter wille van die Evangelie. n Verwyt of klagte soosHere, hoe kan u dit toelaat? het nie daar plek gehad nie omdat die ruimte gevul was met die lofliedere van hierdie gelowiges.

Ek sê nie vir een oomblik dat ons nie met die Here moet praat oor ons probleme en bekommernisse nie. Inteendeel, Hy verwag van ons om hierdie dinge na Hom te bring sodat Hy ons kan help. Maar net so verwag Hy van ons om aan Hom die dank en eer toe te bring wat Hom toekom.

Ek deel graag die volgende gedagte met u: As u môre moes opstaan en net dit oorgehad het waarvoor u God die vorige dag gedank het, hoe sou u lewe daar uitsien? Laat ons ons daarop toespits om God gedurig met dankoffers tegemoet te gaan. En nie met formele gebede wat maar net van tyd-tot-tyd herhaal word nie, maar met opregte offers van dank wat diep uit ons harte kom. Mag ons daagliks in ons gees só besig wees om God gedurigdeur te dank dat daar nie genoeg tyd in ons dag sal oorbly om oor nietighede te kla nie.

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    __________________

     

    ONS IS OPSOEK NA ‘N UITGEWER

    VIR DIE BOEK “VOLKSREGERING” (teen normale tarief)

    Die inhoud is ‘n beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling vir enige  volk, hetsy klein in getalle of groot.

    Apartheid behels regverdige behandeling. Uiteraard is apartheid ingeweef in elke volk se onafhanklikheid. Dit bevat geen rassemeerder-waardigheid soos kwaad- williges voorgee nie. Ook nie onderdrukking van enigeen nie. Dit is juis erkenning van elke volk se regte en die skepping van ruimte om daardie regte te beoefen en ongehinderd uit te leef. Daar is geen rassehaat aan apartheid te koppel nie. Diegene wat rassisme aanhaal, bedoel rassehaat en probeer oproer bewerkstellig en moet ophou om vrede te probeer voorhou. Wie is verantwoordelik vir die geweld en opstand wat tans landwyd voorkom?  Geen ondersteuner van apartheid nie.

    Bostaande is 'n kort opsomming waarin die omvang en volle betekenis van apartheid beskryf is. Indien daar 'n uitgewer is wat in die uitgee van die boek belangstel, kan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. genader word.

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

     

    VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD

    Stuur u aansoek saam met ’n CV waarin u ‘n persoonlike bekendstelling, werkservaring en tersaaklike kwalifikasies insluit, voor 15 September 2018 aan ds. CM Erasmus by die e-pos adres: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Vir meer inligting:

    VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD

    ___________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 
 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________ 

 

APARTHEID:

 

Rassisme is die teenoorgestelde van rassehaat en is 'n aanprysing omdat rassisme dui op kennis van rasse en die uitstekende voordele van onderskeiding uitbeeld. Dit sluit in die voordele van apartheid se onderskeiding.

 

                                              ___________________                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1437 gaste aanlyn