NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Is jy dalk aan sonde gewoond?   Miskien praat God al lank met jou om vir Hom iets in belang van sy Koninkryk te doen, maar jy minag sy Stem.   Hoe verder jy uitstel, hoe swakker word sy Stem.  Gevolglik brand jou geestelike vuur baie laag brand en is dit winter in jou gees.

IS EK MY BROER SE WAGTER?

Hannes Ollewagen

Génesis 4:1-26

Toe sê die HERE vir Kain: Waar is jou broer Abel?En hy antwoord: Ek weet nie. Is ek my broer se wagter? (:9).

Nadat Adam en Eva in die Paradys gesondig het, het God hulle gaan opsoek. Alreeds bewus van hul oortreding probeer Hy n skulderkenning van hul kry deur vrae aan hulle te stel. In plaas daarvan dat hulle hul skuld erken en bely, probeer die een maar net die skuld op die ander plaas.

So het Adam en Eva se seun, Kain, ook teen God oortree. Alreeds bewus van sy oortreding, soek God ook vir Kain op en stel aan hom n vraag wat hom die geleentheid bied om sy skuld te erken en te bely. En herhaal die geskiedenis homself nie maar gedurig nie? Kain probeer op dieselfde wyse as sy voorsate sy skuld verberg deur die aanklag van God met n vraag te omseil. Hoe sal ek weet waar my broer is? Is ek dan sy wagter?

God het n regsaak met Kain aangegaan omdat hy sy broer Abel leed aangedoen het. In God se woorde het die bloed van Abel van die aarde af na Hom geroep! God het sy oë nie toegesluit vir die ongeregtigheid wat Kain sy broer aangedoen het nie.

Kain was egter nie die laaste mens wat sy broer geweldige leed sou aandoen nie. Hy was nie die laaste mens wat nie op die berisping in vers 7 ag gegee het en toegelaat het dat die sonde hom oorval nie. Is daar nie verheffing as jy goed doen nie? En as jy nie goed doen nie die sonde lê en loer voor die deur, en sy begeerte is na jou; maar jy moet daaroor heers.

Die afgelope week is n jongman in die Kaap Provinsie drie maal lewenslange gevangenisstraf opgelê omdat hy sy ouers en broer vermoor het. Ons lees in die koerant van n jongman in die Wes-Transvaal wat twee jongmeisies se lewens geneem het. Die tragiese van dit alles is dat ook hierdie skuldiges só lank aanhou om hul onskuld te probeer staande hou.

Die individualisme van ons tyd word soos n kanker wat mense besmet. Só vasgevang in hul eie dwalinge dat hul verkeerdheid vir hul nie eers meer verkeerd vertoon nie. En ons sal dalk elkeen geskok word wanneer ons kyk waar onsself met die volgende vraag staan: Is ek my broer se wagter? Gee ons nog werklik vir mekaar om? Sien die een nog om na die belang van die ander soos wat die Here van ons verwag? Ek is dalk so besig met my eie selfsugtige gejaag na wind dat ek nie eers weet van my broer se ellende, hartseer en swaarkry terwyl hy pleit om hulp nie. En dan dink ons dat dít ongesiens by God sal verbygaan? Ek is mos nie my broer se wagter nie hy moet maar self sien en kom klaar.

Ons hoef nie bemoeisiek te wees en onsself onnodig met ander se sake op te hou nie. Maar God verwag van sy kinders om na mekaar om te sien. Hy het sy wrewel in mense te kenne gegee wat onwillig is om hul naaste te ondersteun in die woorde van Deut. 25:5-10 wat handel oor die huwelik met n broer se weduwee. ...dan moet sy skoonsuster voor die oë van die oudstes na hom toe nader kom en sy skoen van sy voet aftrek en in sy gesig spuug, en sy moet verklaar en sê: So moet met die man gedoen word wat die huis van sy broer nie wil bou nie.

Hy leer ons verder uit talle Skrifgedeeltes dat ons n verantwoordelikheid het om na mekaar om te sien. Julle moet nie elkeen na sy eie belange omsien nie, maar elkeen ook na die ander sn. (Fil. 2:4). Laat niemand sy eie voordeel soek nie, maar elkeen die voordeel van n ander. 1 Kor. 10:24. En op ons wat sterk is, rus die verpligting om die swakhede te dra van die wat nie sterk is nie, en nie onsself te behaag nie. Want elkeen van ons moet die naaste behaag met die oog op wat goed is tot stigting. Rom. 15:1&2. Net so leer ons uit Rom. 12:1-8 om mekaar te dien met die genadegawes wat ons van God ontvang om sodoende aan Hom diensbaar te wees.

Die feit dat die god van hierdie wêreld oor mense mag uitoefen om gode in hulle eie oë te wees mag nie veroorsaak dat ons as gelowiges verleer om diensbaar te wees nie. Dit moenie ons liefde en diensbaarheid laat verkoel nie. Dit moenie veroorsaak dat ons ook maar gelykvormig raak aan n gevoellose en liefdelose wêreld wat maar die ellende raaksien, maar niks daaraan doen nie. Dit moenie veroorsaak dat ons nie meer as wagters na ons broers en susters se belange in liefde omsien nie.

Ons het ook vandag die keuse om hierdie wekroep te probeer omseil met n slim vragie soos –“Nou wat wil jy hê moet ek aan die wêreld se probleme doen? As alternatief kan ons besluit om ons Christelike verantwoordelikheid teenoor mekaar opnuut op te neem en mekaar se belange werklik op die hart te dra en God sodoende in handel en wandel diensbaar te wees.

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    __________________

     

    ONS IS OPSOEK NA ‘N UITGEWER

    VIR DIE BOEK “VOLKSREGERING” (teen normale tarief)

    Die inhoud is ‘n beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling vir enige  volk, hetsy klein in getalle of groot.

    Apartheid behels regverdige behandeling. Uiteraard is apartheid ingeweef in elke volk se onafhanklikheid. Dit bevat geen rassemeerder-waardigheid soos kwaad- williges voorgee nie. Ook nie onderdrukking van enigeen nie. Dit is juis erkenning van elke volk se regte en die skepping van ruimte om daardie regte te beoefen en ongehinderd uit te leef. Daar is geen rassehaat aan apartheid te koppel nie. Diegene wat rassisme aanhaal, bedoel rassehaat en probeer oproer bewerkstellig en moet ophou om vrede te probeer voorhou. Wie is verantwoordelik vir die geweld en opstand wat tans landwyd voorkom?  Geen ondersteuner van apartheid nie.

    Bostaande is 'n kort opsomming waarin die omvang en volle betekenis van apartheid beskryf is. Indien daar 'n uitgewer is wat in die uitgee van die boek belangstel, kan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. genader word.

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

     

    VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD

    Stuur u aansoek saam met ’n CV waarin u ‘n persoonlike bekendstelling, werkservaring en tersaaklike kwalifikasies insluit, voor 15 September 2018 aan ds. CM Erasmus by die e-pos adres: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Vir meer inligting:

    VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD

    ___________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 
 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________ 

 

APARTHEID:

 

Rassisme is die teenoorgestelde van rassehaat en is 'n aanprysing omdat rassisme dui op kennis van rasse en die uitstekende voordele van onderskeiding uitbeeld. Dit sluit in die voordele van apartheid se onderskeiding.

 

                                              ___________________                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 818 gaste aanlyn