NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Daar is talle genadegawes wat ons by God ontvang soos om barmhartig te wees, ander te vermaan, te onderrig, ens. Hierdie gawes moet beoefen word met net een doel voor oë: om in dankbaarheid God te verheerlik. Dit kan ons NIE regverdig maak en in die hemel bring nie – ons gebruik ons genadegawes uit dankbaarheid omdat ons reeds gered is!

DRAERS VAN SY NAAM

Hannes Ollewagen

1 Konings 8:12-66

“Maar sou God werklik op die aarde woon?  Kyk, die hemel,  ja, die hoogste hemel kan U nie bevat nie, hoeveel minder hierdie huis wat ek gebou het.”  (:27). 

“...sodat u oë oop mag wees nag en dag oor hierdie huis, oor die plek waarvan U gesê het:  My Naam sal daar wees!  sodat U mag luister na die gebed wat u kneg na hierdie plek toe sal bid.”  (:29).

Salomo het die voorreg gehad om die hartsbegeerte van sy vader Dawid ten uitvoer te bring.  Dawid het die brandende begeerte gehad om vir die Naam van die Here‘n huis te bou.  God het Dawid egter daarvan weerhou, maar aan hom belowe dat sy seun wel vir die Naam van die Here ‘n huis sou oprig. 

Dawid het daaraan gedink hoedat God hom as ‘n geringe man as veewagter raakgesien het en hom tot koning oor Israel verhef het.  Dawid het daaraan gedink dat dit deur die krag en hulp van God was dat hy as ‘n groot heerser veel mag en rykdom verwerf het.  En Dawid het gevoel dat dit verkeerd was dat hy in ‘n weelderige paleis woon terwyl die ark van die Here in tentdoeke moes bly.  Hierdie ark waarin die kliptafels was waarop die insettinge en verordeninge van die Here gegraveer was.  Hierdie ark waarin die heilige Naam van die God van Israel moes woon.

Hierdie stukkie geskiedenis van die volk Israel laat my telkens dink aan ‘n byna identiese gebeurtenis in die Afrikanervolk se geskiedenis.  Daardie tyd toe ons voorouers in 1838 ook ‘n Gelofte afgelê het dat ons ‘n huis tot God se eer sal oprig waar dit Hom behaag, m.a.w. dat ons vir sy Naam ‘n huis sou bou. 

Dit bring ons by die volgende saak – As God dan in Jerusalem gewoon het, waarom is Israel uiteindelik verower en in ballingskap weggevoer?  Is God dan nie almagtig en in staat om enige aanslag van die vyand af te weer nie?  En as ons dan vir God ‘n huis hier ter plaatse opgerig het waarom is ons volk verslaan deur ‘n goddelose oormag?  Waarom is ons staatkundige situasie in ons land soortgelyk aan‘n ballingskap in ons eie land?  Is die God wat ons aanbid dan nie die God van Israel wat almagtig is en in staat om enige aanslag af te weer nie?

Ons begrip van God se teenwoordigheid is dalk verkeerd.  Ons moet soos Salomo in vers 27 van die gelese gedeelte vra –“Maar sou God werklik op die aarde woon? ...”  Het God nie aan Ananías te kenne gegee dat Paulus ‘n draer van sy Heilige Naam sal word nie?  “Maar die Here sê vir hom:  Gaan, want hy is vir My ‘n uitverkore werktuig om my Naam te dra voor nasies en konings en die kinders van Israel.”  (Hand. 9:15).

Op hierdie selfde wyse leer die Here vir ons in 1 Kor. 3 dat elke gelowige wat die Gees van God ontvang dan ‘n tempel word, ‘n draer van hierdie Heilige Naam van God word.  “Weet julle nie dat julle ‘n tempel van God is en die Gees van God in julle woon nie?”  (:16).  In teenstelling met die kliptafels wat in die verbondsark gelê het, word die insettinge en die woorde van God se verbond op die vleestafels van ons harte ingeskrywe.  “...omdat julle duidelik ‘n brief van Christus is deur ons diens berei, geskrywe nie met ink nie, maar met die Gees van die lewende God; nie op kliptafels nie, maar op die vleestafels van die hart.”  En ons moet hierdie woorde van God in ons harte bewaar en dit met waardigheid dra!

Die belofte om ‘n huis tot God se eer hier te plaatse op te rig was inderdaad veel meer as net ‘n klipkerkie.  Dit was ‘n onderneming dat ons ‘n Godvresende volk sou wees wat gedurigdeur na Hom sal soek.  ‘n Godvresende volk op wie se harte die woorde van sy verbond ingegraveer is.  ‘n Godvresende volk wat ‘n draer van sy Heilige Naam sou wees.  M.a.w. ‘n Godvresende volk waar Hy in ons midde kon woon.

Kan ons vandag met alle eerlikheid sê dat ons draers van hierdie Heilige Naam is wat dit met waardigheid dra?  Daar is dalk te veel van ons wat met bedrieglike woorde probeer voorgee terwyl daar agter die skyn van godsdienstigheid ‘n bose hart en tempel van die satan eerder as van God ingerig is.  “Vertrou nie op bedrieglike woorde nie – wat sê:  Die HERE se tempel, die HERE se tempel, die HERE se tempel is dit!”  (Jer. 7:4).  “Sal julle steel, doodslaan en owerspel bedrywe en vals sweer en vir Baäl offerrook laat opgaan en agter ander gode aan loop, wat julle nie ken nie, en dan kom staan voor my aangesig in hierdie huis waaroor my Naam uitgeroep is, en sê:  Ons is verlos! - om al hierdie gruwels te doen?  Is hierdie huis waaroor my Naam uitgeroep is, ‘n spelonk van moordenaars in julle oë?  Ook Ek - kyk, Ek het dit gesien, spreek die HERE.”  (Jer. 7:9-11).

Ons bid die Here gedurig om ons land en ons volk te herstel.  Maar dalk het ek en u ook ‘n verantwoordelikheid om na te kom om sy woonplek onder ons volk, in elkeen van ons se harte, opnuut te reinig as ‘n heilige woonplek, ‘n enige tempel wat slegs aan Hom gewy is sodat Hy opnuut onder ons sal woon.  Dit is dan wanneer ons sy nabyheid en wonderwerkende krag as ‘n werklikheid sal ervaar!

DRAERS VAN SY NAAM

Hannes Ollewagen

1 Konings 8:12-66

Maar sou God werklik op die aarde woon?  Kyk, die hemel,  ja, die hoogste hemel kan U nie bevat nie, hoeveel minder hierdie huis wat ek gebou het.  (:27). 

...sodat u oë oop mag wees nag en dag oor hierdie huis, oor die plek waarvan U gesê het:  My Naam sal daar wees!  sodat U mag luister na die gebed wat u kneg na hierdie plek toe sal bid.  (:29).

Salomo het die voorreg gehad om die hartsbegeerte van sy vader Dawid ten uitvoer te bring.  Dawid het die brandende begeerte gehad om vir die Naam van die Heren huis te bou.  God het Dawid egter daarvan weerhou, maar aan hom belowe dat sy seun wel vir die Naam van die Here n huis sou oprig. 

Dawid het daaraan gedink hoedat God hom as n geringe man as veewagter raakgesien het en hom tot koning oor Israel verhef het.  Dawid het daaraan gedink dat dit deur die krag en hulp van God was dat hy as n groot heerser veel mag en rykdom verwerf het.  En Dawid het gevoel dat dit verkeerd was dat hy in n weelderige paleis woon terwyl die ark van die Here in tentdoeke moes bly.  Hierdie ark waarin die kliptafels was waarop die insettinge en verordeninge van die Here gegraveer was.  Hierdie ark waarin die heilige Naam van die God van Israel moes woon.

Hierdie stukkie geskiedenis van die volk Israel laat my telkens dink aan n byna identiese gebeurtenis in die Afrikanervolk se geskiedenis.  Daardie tyd toe ons voorouers in 1838 ook n Gelofte afgelê het dat ons n huis tot God se eer sal oprig waar dit Hom behaag, m.a.w. dat ons vir sy Naam n huis sou bou. 

Dit bring ons by die volgende saak As God dan in Jerusalem gewoon het, waarom is Israel uiteindelik verower en in ballingskap weggevoer?  Is God dan nie almagtig en in staat om enige aanslag van die vyand af te weer nie?  En as ons dan vir God n huis hier ter plaatse opgerig het waarom is ons volk verslaan deur n goddelose oormag?  Waarom is ons staatkundige situasie in ons land soortgelyk aann ballingskap in ons eie land?  Is die God wat ons aanbid dan nie die God van Israel wat almagtig is en in staat om enige aanslag af te weer nie?

Ons begrip van God se teenwoordigheid is dalk verkeerd.  Ons moet soos Salomo in vers 27 van die gelese gedeelte vra –“Maar sou God werklik op die aarde woon? ...  Het God nie aan Ananías te kenne gegee dat Paulus n draer van sy Heilige Naam sal word nie?  Maar die Here sê vir hom:  Gaan, want hy is vir My n uitverkore werktuig om my Naam te dra voor nasies en konings en die kinders van Israel.  (Hand. 9:15).

Op hierdie selfde wyse leer die Here vir ons in 1 Kor. 3 dat elke gelowige wat die Gees van God ontvang dan n tempel word, n draer van hierdie Heilige Naam van God word.  Weet julle nie dat julle n tempel van God is en die Gees van God in julle woon nie?  (:16).  In teenstelling met die kliptafels wat in die verbondsark gelê het, word die insettinge en die woorde van God se verbond op die vleestafels van ons harte ingeskrywe.  ...omdat julle duidelik n brief van Christus is deur ons diens berei, geskrywe nie met ink nie, maar met die Gees van die lewende God; nie op kliptafels nie, maar op die vleestafels van die hart.  En ons moet hierdie woorde van God in ons harte bewaar en dit met waardigheid dra!

Die belofte om n huis tot God se eer hier te plaatse op te rig was inderdaad veel meer as net n klipkerkie.  Dit was n onderneming dat ons n Godvresende volk sou wees wat gedurigdeur na Hom sal soek.  n Godvresende volk op wie se harte die woorde van sy verbond ingegraveer is.  n Godvresende volk wat n draer van sy Heilige Naam sou wees.  M.a.w. n Godvresende volk waar Hy in ons midde kon woon.

Kan ons vandag met alle eerlikheid sê dat ons draers van hierdie Heilige Naam is wat dit met waardigheid dra?  Daar is dalk te veel van ons wat met bedrieglike woorde probeer voorgee terwyl daar agter die skyn van godsdienstigheid n bose hart en tempel van die satan eerder as van God ingerig is.  Vertrou nie op bedrieglike woorde nie wat sê:  Die HERE se tempel, die HERE se tempel, die HERE se tempel is dit!  (Jer. 7:4).  Sal julle steel, doodslaan en owerspel bedrywe en vals sweer en vir Baäl offerrook laat opgaan en agter ander gode aan loop, wat julle nie ken nie, en dan kom staan voor my aangesig in hierdie huis waaroor my Naam uitgeroep is, en sê:  Ons is verlos! - om al hierdie gruwels te doen?  Is hierdie huis waaroor my Naam uitgeroep is, n spelonk van moordenaars in julle oë?  Ook Ek - kyk, Ek het dit gesien, spreek die HERE.  (Jer. 7:9-11).

Ons bid die Here gedurig om ons land en ons volk te herstel.  Maar dalk het ek en u ook n verantwoordelikheid om na te kom om sy woonplek onder ons volk, in elkeen van ons se harte, opnuut te reinig as n heilige woonplek, n enige tempel wat slegs aan Hom gewy is sodat Hy opnuut onder ons sal woon.  Dit is dan wanneer ons sy nabyheid en wonderwerkende krag as n werklikheid sal ervaar!

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    __________________

     

    ONS IS OPSOEK NA ‘N UITGEWER

    VIR DIE BOEK “VOLKSREGERING” (teen normale tarief)

    Die inhoud is ‘n beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling vir enige  volk, hetsy klein in getalle of groot.

    Apartheid behels regverdige behandeling. Uiteraard is apartheid ingeweef in elke volk se onafhanklikheid. Dit bevat geen rassemeerder-waardigheid soos kwaad- williges voorgee nie. Ook nie onderdrukking van enigeen nie. Dit is juis erkenning van elke volk se regte en die skepping van ruimte om daardie regte te beoefen en ongehinderd uit te leef. Daar is geen rassehaat aan apartheid te koppel nie. Diegene wat rassisme aanhaal, bedoel rassehaat en probeer oproer bewerkstellig en moet ophou om vrede te probeer voorhou. Wie is verantwoordelik vir die geweld en opstand wat tans landwyd voorkom?  Geen ondersteuner van apartheid nie.

    Bostaande is 'n kort opsomming waarin die omvang en volle betekenis van apartheid beskryf is. Indien daar 'n uitgewer is wat in die uitgee van die boek belangstel, kan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. genader word.

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

     

    VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD

    Stuur u aansoek saam met ’n CV waarin u ‘n persoonlike bekendstelling, werkservaring en tersaaklike kwalifikasies insluit, voor 15 September 2018 aan ds. CM Erasmus by die e-pos adres: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Vir meer inligting:

    VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD

    ___________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 
 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________ 

 

APARTHEID:

 

Rassisme is die teenoorgestelde van rassehaat en is 'n aanprysing omdat rassisme dui op kennis van rasse en die uitstekende voordele van onderskeiding uitbeeld. Dit sluit in die voordele van apartheid se onderskeiding.

 

                                              ___________________                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1483 gaste aanlyn