VERWOERDMAAND

OM ONBERISPELIK TE WEES

Hannes Ollewagen

1 Thes. 3:1-13

...sodat Hy julle harte kan versterk om onberispelik te wees in heiligheid voor onse God en Vader by die wederkoms van onse Here Jesus Christus met al sy heiliges. (:13).

Elke gelowige het sekerlik al die punt bereik waar hy/sy voel dat hulle baie na aan die toppunt van hul geloofslewe gekom het. Daardie punt waar dit vir n mens voel asof jy nou die Woord van God meermale deurgewerk het en met die inhoud daarvan goed vertroud is. Daardie punt waar n mens so maklik die groot fout kan begaan om te dink dat jou geloofsverantwoordelikheid afgehandel is. Jy het nou genoeg gedoen om die ewige lewe te beërwe en kan nou op ander dinge in die lewe fokus.

Alhoewel n omvattende kennis van die Woord n mens die weg na die ewigheid leer, is hierdie kennis nie die toegangskaartjie daartoe nie. Dit maak nie saak hoe deeglik of omvattend daardie kennis is nie. Daar is vir n mens net een Weg tot saligheid en dit is deur Jesus Christus. En daarom is ons geloofsverantwoordelikheid nie iets wat ons moet afhandel voordat ons sterwe nie, maar eerder n integrale deel van ons daaglikse bestaan. Na my kennismaking met Jesus Christus moet ek in n lewende verhouding met Hom leef tot die dag van sy wederkoms. Of die wederkoms nou sou plaasvind voordat of nadat ek my laaste asem hier op aarde uitgeblaas het, is irrelevant. Ek sal net een keer die gawe van lewe ontvang en hierin moet ek seker maak dat ek gereed is om Hom te ontmoet wanneer ek voor sy Regterstoel moet verskyn.

Ek kan nie vir Jesus Christus ontmoet en dan besluit om Hom agter te laat in die lewe en myself te troos dat ek darem die saligheid sal beërwe omdat ek Hom eendag in my lewe leer ken het en daarmee gered is nie. Nee, ek moet daagliks in n lewende verhouding met Hom wandel. Ek sal sodoende deur sy Woord en Gees daagliks leer om meer en meer onberispelik te wees.

Ons moet volgens Paulus se voorskrif in vers 8 aan die Thessalonicense vasstaan in die Here. Want nou leef ons, as julle vasstaan in die Here. Maar ons moenie stagneer nie. Terwyl ons vasstaan in dit wat ons weet reg is, moet ons gedurig onsself ondersoek om vas te stel wat in ons geloofslewe ontbreek volgens die woorde van Paulus uit vers 10. ...terwyl ons nag en dag baie ernstig bid om julle aangesig te sien en te voltooi wat aan julle geloof ontbreek? En wanneer ons met eerlikheid daardie dinge in ons geloofslewe kan identifiseer en erken wat ontbreek, moet ons met aanwending van alle ywer in die geloof arbei sodat ons onberispelik kan word in die heiligmaking voor God.

Daar is soveel mense wat die erns daarvan besef om hul geloofsverantwoordelikheid na te kom. Maar net soveel mense wat hiervan bewus is, probeer telkens hierdie verantwoordelikheid so vinnig nakom sodat hulle dit kan afhandel om daarna met alle inspanning kan ywer om hul eie strewes hier benede te verwesenlik. En ironies genoeg is dit juis laasgenoemde, ons eie strewes, wat ons telkens in ons geloofslewe laat struikel. Dit is telkens my wil wat vir my belangriker is as God se wil wat maak dat ek in n oomblik van blindheid met Hom swaarde kruis eerder as vriendskap sluit. Dit is telkens daardie oomblik wanneer my eie wil seëvier dat ek vir God wil raad gee en voorskryf eerder as om na sy volmaakte wil te vra.

Dit beteken egter nie dat wanneer ek besluit om my geloofsverantwoordelikheid na te kom dat al my drome en wense hier op aarde tot niet sal gaan nie. Sy wil vir ons is immers om lewe in oorvloed te hê. Ja, die Here sal my leer en van my verwag om van daardie dinge af te sien wat nie binne sy wil is nie. Maar daarenteen sal Hy self daardie behoeftes en selfs hartsbegeertes van my wat binne sy wil is, vervul na die rykdom van sy goedertierenheid en barmhartigheid wanneer ek in opregtheid en vreugde met Hom wandel. ...en verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart. (Ps. 37:4).

Mag u vasstaan in die HERE, maar terselfdertyd ondersoek wat in u geloofslewe ontbreek. En mag Hy ook u hart versterk om onberispelik te wees in heiligheid voor God die Vader terwyl ons sy wederkoms verwag.

Opsoek na inligting?

  • VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD

    Stuur u aansoek saam met ’n CV waarin u ‘n persoonlike bekendstelling, werkservaring en tersaaklike kwalifikasies insluit, voor 15 September 2018 aan ds. CM Erasmus by die e-pos adres: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Vir meer inligting:

    VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD


    __________

    BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    ___________

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

DIT IS GRATIS

In ons moderne tyd en veral in die Nuwe Suid-Afrika waar orde nie meer 'n saak van belang is nie, is daar maar min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. As leiers binne die Afrikanervolk sal ons vinnig moet leer hoe om dissipline en orde te handhaaf waar 'n paar mense byeenkom - sonder hierdie kennis en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms sinloos wees - vandaar die chaotiese wanorde binne die regime.

Kliek hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures gratis af te laai.  Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

Dit is deur Johan Dorfling geskryf en kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind ongeag die agenda of doel van die byeenkoms.

'n Opegte dankie aan Johan wat baie moeite hiermee gedoen het. Mag dit tot groot heil en samewerking in ons volk meewerk!

 
 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________ 

 

APARTHEID:

Dr Verwoerd het gesê skeiding beoog volle kanse vir almal op woongebied, landgebied en lewensterrein binne elkeen se eie rassegemeenskap tot elkeen se voorspoed, tevredenheid en beskerming. Hy stel sy beste werkkrag, geesteskrag, elke oomblik van sy lewe, tot beskikking.

                                              ___________________                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1824 gaste aanlyn