VERWOERDMAAND

ONS IS DUUR GEKOOP

Hannes Ollewagen

1 Kor. 6:12-20

Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort. (:20)

Ons hoor gereeld in die moderne musiek en nuusmedia van die sogenaamde reg wat die mens oor homself het. Daarenteen leer die Woord van God dat ons in liggaam en in gees nie aan onsself behoort nie, maar aan God wat ons duur gekoop het.

Die siening van die wêreld is dat die mens aan homself behoort. Hierdie siening leen die mens daartoe om aan elke begeerte van die vlees toe te gee. Die mens moet hiervolgens eintlik maar net aan homself gehoorsaam wees. Hierdie humanistiese siening verhef die mens tot sy eie god en as een of ander begeerte jou beetpak, moet jy dit bevredig. Dit is blykbaar die resep vir n gelukkige lewe. Jy kan n tatoeëermerk op jouself aanbring as dit jou gelukkig sal maak. Jy kan uitlokkende klere aantrek en probeer om soveel mans as moontlik te betower sodat jou selfbeeld gestreel kan word.As jou eggenoot jou begin verveel en n nuwe, opwindende verhouding met n ander persoon jou belangstelling prikkel kan jy maar aan die vleeslike hartstog toegee solank dit jou gelukkig maak. Jy kan selfs selfmoord (of deesdae moet ons dit mos selfdood noem) pleeg as die gier jou sou beetpak (asof dit jou gelukkig maak).

n Ware gelowige wat sy lewe aan die Here Jesus gegee het, sal hierdie humanistiese lewensuitkyk verfoei. Ons weet dat die mens deur die ongehoorsaamheid van Adam en Eva aan God aan die mag van die sonde uitverkoop is. En God het in sy ryke barmhartigheid en goedertierenheid sy Seun, Jesus Christus, in die vlees gestuur om ons van hierdie sondemag vry te koop. Die Here Jesus Christus het die losprys vir ons ten volle vereffen. ...omdat julle weet dat julle nie deur verganklike dinge, silwer of goud, losgekoop is uit julle ydele lewenswandel wat deur die vaders oorgelewer is nie, maar deur die kosbare bloed van Christus, soos van n lam sonder gebrek en vlekkeloos, (1 Pet. 1:18&19). En daarom behoort ons nie aan onsself nie, maar aan die Here wat ons duur gekoop het.

Dit is dan juis uit n diepe dankbaarheid vir hierdie verlossing dat n gelowige die besluit neem om sy lewe aan die Here te gee. Dit is daardie besluit wat ons neem dat ons nie meer aan die vleeslike hartstog gehoorsaam wil wees nie, maar dat ons na die wil van die Here wil leef. Ons wil nie meer aan onsself behoort nie, maar verbly ons daarin dat ons die eiendom van onse Here Jesus Christus en God die Vader geword het. En daarom is ons veronderstel om daagliks onsself toe te spits om die wil van God te probeer doen.

Dit is belangrik dat ons daarop let dat ons in vers 20 van 1 Korinthiërs 6 daarop gewys word dat ons in liggaam en gees aan God behoort. Dit is n beklemtoning van die balans wat in ons Godsdiens gehandhaaf moet word. Ons kan nie net op slaafse wyse gebooie onderhou nie, want dan verheerlik ons God dalk in die liggaam, maar nie in die gees nie.

Ons moet egter ook daarteen waak om die Skrif só vêr te vergeestelik dat ons optrede in die liggaam nie meer tot verheerliking van God is nie. Hierdie is n algemene verskynsel in ons samelewing waar mense hulself geestelike waarhede wysmaak wat lynreg teen die Woord van God indruis. Hulle is egter oortuig daarvan dat hulle God in hul optrede behaag omdat hulle die dieper, geestelike waarheid van n bepaalde onderwerp sou verstaan. Daar is uiteraard in die meeste Skrifgedeeltes baie diep en verborge geestelike waarhede opgesluit. En hierdie waarhede word op die regte tyd deur die Heilige Gees aan n gelowige openbaar. Daar is ongelukkig ook mense wat geestelike waarhede in die Woord wil inskryf wat nie bestaan nie. En dit is n vergryp teen God. Elke woord van God is gelouter;... Voeg by sy woorde niks by nie, sodat Hy nie van jou rekenskap vorder en jy as n leuenaar openbaar word nie. (Spr. 30:5&6). Lees gerus ook in Deut. 4:2, 12:32 en Openbaring 22:18&19 wat die Here in hierdie verband sê.

Mag ons ook in die dae wat voorlê opnuut leef met die wete en diepe besef in ons hart dat ons nie aan onsself behoort nie, maar aan onse Here Jesus Christus wat ons duur gekoop het. En mag ons dankbaarheid ons met nuwe ywer vul om ons in liggaam en gees aan God te wy om vir Hom te leef en Hom in liggaam en gees te verheerlik.

En wanneer ons onsself dalk as vreemdelinge hier op aarde voel waar soveel mense net geen saak met God het nie kan ons rus in die wete dat Christus ook as vreemdeling behandel is toe Hy in die vlees aarde toe gekom het. Wanneer ons dan n volgende keer daardie verfoeilike musiek dalk iewers in n winkel hoor blêr dat die mens oor sy eie lewe beheer uitoefen, laat ons God in ons gees dank dat Hy ons losgekoop het en dat ons in liggaam en gees aan Hom behoort. Met die regte ingesteldheid sal selfs die verkondiging van n leuen ons aan die waarheid herinner en hopelik ook aan ons verantwoordelikheid om God in die liggaam en gees te verheerlik!

Opsoek na inligting?

  • VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD

    Stuur u aansoek saam met ’n CV waarin u ‘n persoonlike bekendstelling, werkservaring en tersaaklike kwalifikasies insluit, voor 15 September 2018 aan ds. CM Erasmus by die e-pos adres: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Vir meer inligting:

    VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD


    __________

    BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    ___________

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

DIT IS GRATIS

In ons moderne tyd en veral in die Nuwe Suid-Afrika waar orde nie meer 'n saak van belang is nie, is daar maar min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. As leiers binne die Afrikanervolk sal ons vinnig moet leer hoe om dissipline en orde te handhaaf waar 'n paar mense byeenkom - sonder hierdie kennis en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms sinloos wees - vandaar die chaotiese wanorde binne die regime.

Kliek hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures gratis af te laai.  Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

Dit is deur Johan Dorfling geskryf en kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind ongeag die agenda of doel van die byeenkoms.

'n Opegte dankie aan Johan wat baie moeite hiermee gedoen het. Mag dit tot groot heil en samewerking in ons volk meewerk!

 
 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________ 

 

APARTHEID:

Dr Verwoerd het gesê skeiding beoog volle kanse vir almal op woongebied, landgebied en lewensterrein binne elkeen se eie rassegemeenskap tot elkeen se voorspoed, tevredenheid en beskerming. Hy stel sy beste werkkrag, geesteskrag, elke oomblik van sy lewe, tot beskikking.

                                              ___________________                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1545 gaste aanlyn