NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

In hierdie tye is daar dikwels nie meer duidelike onderskeid tussen die waarheid en die leuen nie. Met die leuen word dit wat goed is afgemaak as onaanvaarbaar. Iemand se opregte bedoelings, eerbare verdienste of naasteliefde, kan met een leuen maklik verander word in valsheid, oneerlikheid of skynheiligheid. Omdat God alleen die Waarheid is, en die leuen verfoei, moet die waarheid sonder valse skyn by ons 'n ereplek hê.

ONS MOET BETAAL WAT ONS BELOWE

Hannes Ollewwagen

Deut. 23:15-24

“As jy aan die HERE jou God ‘n gelofte doen, moet jy nie versuim om dit te betaal nie; want die HERE jou God sal dit sekerlik van jou eis, en dit sal sonde in jou word.” (:21).

“Wat oor jou lippe gaan, moet jy hou en doen soos jy aan die HERE jou God vrywillig beloof het – wat jy met jou mond gespreek het.” (:23).

Ons staan weer op die vooraand van die herdenking van een van die grootste gebeure in ons volk se geskiedenis – Geloftedag. Daardie dag wat ons onthou as ‘n dag waarop die Almagtige God van hemel en aarde Hom oor ons ontferm het. Hy het met ‘n wonderwerkende krag ons voorsate uit lewensgevaar gered. Dit is daardie dag wat ons voorsate onderneem het om ewigdurend in ons volksbestaan as ‘n blywende dank- en biddag te herdenk.

Dit is verblydend om te sien dat daar weer in ons tyd ‘n oplewing blyk te wees in die viering van hierdie dag. Maar tog is daar ‘n baie groot deel van die Afrikanervolk wat homself hiervan distansieer. En dan praat ons van mense wat hulself as gelowige Afrikaners beskou. Daar word aangevoer dat ons voorouers die Gelofte afgelê het en dat die verpligting nie op ons rus om dit na te kom nie. Ek verstaan egter met die lees van hierdie Gelofte dat ons voorsate ook daarin onderneem het om dit met die nageslag te deel sodat die opkomende geslagte hierdie verbintenis met God sou voortsit.

U sien, die moderne mens met sy individualistiese en selfsugtige lewensbeskouing sal hierdie Gelofte beskou as ‘n swaar las. Hy probeer om hierdie las van homself af te werp met allerhande verskonings, maar wil tog kla oor die feit dat dit met ons volk so sleg gaan. Hy wil kla en moedeloos raak oor die feit dat dit blyk asof ons nie in ons tyd die wa deur die drif getrek gaan kry nie, maar is nie bereid om saam te trek in ons volk se juk nie. Hierdie mens beskou die verbintenis van die Gelofte van ons voorouers as iets “onverskillig” wat hulle gedoen het en daarmee ‘n verpligting op ons geplaas het wat ons “vryheid sal inperk”. En hoe ironies dat die geskiedenis bewys lewer daarvan dat daardie mense juis nie onverskillig was nie. Inteendeel, hulle het verantwoordelikheid vir die voortbestaan van ons volk en opkomende nageslagte aanvaar en hulle juis daarom tot God gewend het. Hulle het dit beskou as ‘n eer om hulself en ook hul nageslag aan God te verbind in die wete dat geen geslag sonder Hom kan oorleef nie. En hulle het sekerlik die verwagting gekoester dat hulle nageslag dit ook as ‘n voorreg sou beskou om aan God verbind te wees as ‘n volk eerder as wat dit vir hulle ‘n las sou wees. . .

Ons is vinnig om te bid vir reën op ons plase. Ons is vinnig om te bid vir die ekonomie. Ons is vinnig om te kla – “O, Here! Waarom word ons mense so wreedaardig vermoor?” Ons wonder waarom God wat Almagtig is nie hierdie situasie omkeer nie? Luister Hy dan nie na ons gebede nie? Wel, die woorde uit Prediker 5 laat ons nogal hieroor besin. “As jy ‘n gelofte aan God gedoen het, stel nie uit om dit te betaal nie, want daar is geen welgevalle in dwase nie. Betaal wat jy belowe. Dit is beter dat jy nie belowe nie as dat jy belowe en nie betaal nie. Laat jou mond nie toe om op jou liggaam ‘n sondeskuld te laai nie, en sê nie voor die gesant van God: Dit was ‘n vergissing nie. Waarom moet God toornig word oor jou stem en die werk van jou hande verwoes?” (Pred. 5:3-5).

Ons kan met ons eie oë sien hoedat dinge rondom ons verwoes word. Dit behoort ons tog sekerlik te laat wonder of die Here dan toornig op ons is? “Toornig op ons stem?” – hoe kan dit wees? Is alle gebede dan nie goed en reg nie? Verseker nie. Daar is mense wie se gebede vir die Here ‘n gruwel is. (Spr. 28:9:“Wie sy oor wegdraai om nie na die wet te luister nie, selfs sy gebed is ’n gruwel.”) Dit kan wees dat die gebed en stem van ‘n mens wat sy woord aan God nie hou nie en aan God nie gehoorsaam is nie God se grimmigheid wek eerder as dat dit in genade aangesien word. Die geklank van so ‘n persoon se stem is die geklank van ‘n mens wat God bedrieg. Dit is die geklank van ‘n mens wat die lankmoedigheid van God misverstaan en Hom vir ‘n gek probeer hou.

Indien ons in die komende jaar beplan om allerhande biddae te hou waar daar tot die lewende God van hemel en aarde gebid sal word oor al die verskillende probleme en plae wat ons omring moet ons dalk eers vir ‘n oomblik stil raak. Ons moet stil raak om te besin oor hoe ons lewens voor Hom lyk. Ons moet stil raak om te besin daaroor of my gebede vir Hom aanneemlik is. Ons moet stil raak om te besin oor hoeveel beloftes ons al aan God gemaak het en hoe die nakoming en onderhouding hiervan daar uitsien. Ons moet besin of ons voorsate onverskillig was in die aanroep van God vir die behoud van ons volk en of ons geslag dalk onverskillig is in die nie-nakoming van dit wat ons aan God beloof het.

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    __________________

     

    ONS IS OPSOEK NA ‘N UITGEWER

    VIR DIE BOEK “VOLKSREGERING” (teen normale tarief)

    Die inhoud is ‘n beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling vir enige  volk, hetsy klein in getalle of groot.

    Apartheid behels regverdige behandeling. Uiteraard is apartheid ingeweef in elke volk se onafhanklikheid. Dit bevat geen rassemeerder-waardigheid soos kwaad- williges voorgee nie. Ook nie onderdrukking van enigeen nie. Dit is juis erkenning van elke volk se regte en die skepping van ruimte om daardie regte te beoefen en ongehinderd uit te leef. Daar is geen rassehaat aan apartheid te koppel nie. Diegene wat rassisme aanhaal, bedoel rassehaat en probeer oproer bewerkstellig en moet ophou om vrede te probeer voorhou. Wie is verantwoordelik vir die geweld en opstand wat tans landwyd voorkom?  Geen ondersteuner van apartheid nie.

    Bostaande is 'n kort opsomming waarin die omvang en volle betekenis van apartheid beskryf is. Indien daar 'n uitgewer is wat in die uitgee van die boek belangstel, kan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. genader word.

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

     

    VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD

    Stuur u aansoek saam met ’n CV waarin u ‘n persoonlike bekendstelling, werkservaring en tersaaklike kwalifikasies insluit, voor 15 September 2018 aan ds. CM Erasmus by die e-pos adres: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Vir meer inligting:

    VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD

    ___________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 
 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________ 

 

APARTHEID:

 

Rassisme is die teenoorgestelde van rassehaat en is 'n aanprysing omdat rassisme dui op kennis van rasse en die uitstekende voordele van onderskeiding uitbeeld. Dit sluit in die voordele van apartheid se onderskeiding.

 

                                              ___________________                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1259 gaste aanlyn