NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

‘n Eerbare mens neem altyd volle verantwoordelikheid vir sy keuses.  Dit as sulks maak hom so standvastig soos ‘n waterstroom wat nooit van rigting verander nie.  Gevolglik weet mense altyd waar hulle met hom staan.

DIE HERE ONSE GOD...

HOM MOET ONS AANBID EN HOM ALLEEN DIEN

Hannes Ollewagen

Luk. 4:1-13

En Jesus antwoord en sê vir hom: Gaan weg agter My, Satan, want daar is geskrywe: Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien. (:8).

Die derde maal dat die satan vir Jesus versoek, merk ons dat hy basies dieselfde taktiek aanwend as met die versoeking van Adam en Eva in die Paradys. (Is dit ook so dat God gesê het . . .”–Gén. 3:1). Hy gebruik woorde uit God se mond as aanhaling om die versoeking in toe te draai sodat dit heel aanneemlik voorkom. (Want daar is geskrywe . . .”– Luk. 4:10). Die doel van sy oefening bly egter onveranderd hy wil die mens oorhaal om ook te doen wat hy as satan gedoen het. Hy wil die mens oorhaal om sy eie wil hoër te ag as die bevel en wil van God om dit dan ook uiteindelik te verontagsaam.

Die satan gebruik eers Jesus se behoefte, sy nood, om Hom te probeer oorhaal om aan God ongehoorsaam te wees. Jesus is honger nadat Hy vir veertig dae lank niks geëet het nie en die satan doen homself voor asof hy dan Jesus se welstand op die hart sou dra. Waarom sou u so swaar kry u kan mos die probleem oplos en u lyding beëindig deur my raad te volg? En dink maar hoedat hierdie versoeking nie die laaste maal oor Jesus se pad gekom het in die tyd waarin Hy op aarde as mens geleef het nie. Hy het gedurig daarmee te doen gekry selfs tot aan die einde van sy lewe as mens hier op aarde. Die satan probeer tot in die doodsnikke deur allerhande versoekinge om Jesus tot ongehoorsaamheid aan God te verlei. ...As U die Christus is, verlos Uself en ons. (Luk. 23:39). Hierdie woorde is duidelik geuiter deur die gees van die duisternis van hierdie eeu wat in hierdie kwaaddoener se lewe geheers het.

Die satan wend homself ook daartoe om Jesus te versoek om van God se eer en wil te vergeet en sy eie eer en heerlikheid daarbo te verhef. Hy beloof aan Christus n ongekende mag en heerskappy op voorwaarde dat Hy voor hom as Satan sou neerval en hom aanbid. Terwyl God U gestuur het om as mens hier op aarde te kom ly, die smaad van mense te verduur en uiteindelik op n wrede, pynlike en uiters vernederende wyse vermoor te word, sal hy wat satan is vir hom die son, maan en sterre bied. Die keuse blyk tog voor die hand liggend te wees. Die liefde van Jesus Christus vir die Vader word juis hierdeur onderstreep dat Hy tot alle opoffering bereid is om aan God eer te bewys. Hy eer God deur sy uiters gehoorsame optrede.

Die satan slaag so dikwels daarin om in ons lewens hierdie versoekings te bring. Hy oortuig ons so maklik dat ons nood so groot is, dat ons hartseer so intens is, dat ons woede teenoor n ander persoon so groot is of dat ons so erg te nagekom is dat ons ongehoorsaamheid geregverdig is. Hy oortuig ons so maklik dat omstandighede mos verander het en daarom sal God verstaan waarom ons ongehoorsaam is aan sy gebod. Ek kan maar saamwoon voor die huwelik, want my begeerte na n lewensmaat is só groot en daar is nie eintlik n ander manier waarop ek kan sien dat ek n lewensmaat sal kan kry as om dit op die manier te doen waarop almal dit doen nie. God verbied uitdruklik hierdie tipe optrede. Jy mag die meerderheid nie volg in verkeerde dinge nie. ... (Ex. 23:2). God se wet verander nie om by veranderende tye en omstandighede in te pas nie. Maar dit is makliker dat die hemel en die aarde verbygaan as dat een tittel van die wet sou val. Luk. 16:17. Sy wet is só volmaak dat dit in enige tyd sfeer en omstandighede die botoon kan voer.

Die tragiek is dat die satan se versoeking en misleiding nie by Adam en Eva geëindig het nie. Dit het ook nie by Jesus se versoeking in die woestyn geëindig nie. Dit het ook nie by Jesus se sterwe aan die vloekhout geëindig nie. Wanneer ons noukeurig luister, hoor ons hoedat die satan sy werk voortsit om mense van God afvallig te maak. En in ons tyd word n aansienlike hoeveelheid van hierdie werk deur sogenaamde predikers en geestelikes gedoen. Mense wat handig deur die satan gebruik word om, soos die satan, die Woorde van God te verdraai om mense oor te haal en te sus om die gebod van God te verontagsaam. Mense wat op slinkse wyse in ander se lewens God onttroon sodat hulle hulself as heersers in hul lewens kan aanstel. Mense wat die Gees van God uitblus in mensehart deur die gees van verleiding.

Ek en u is nie opgewasse teen hierdie fel aanslae van die satan wat hy so berekend en slinks uitstuur nie. Maar God sy dank wat ons laat triomfeer in Christus Jesus. Ons moet die Heilige Gees van God in ons lewens koester en so vervuld wees met die Gees van God dat ons volgens die voorbeeld van Jesus Christus en die krag van God se Gees sal kan weerstand bied teen die aanslae van Satan. EINDELIK, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte. Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel. En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees dit is die woord van God terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die Gees, en juis daartoe waak met alle volharding en smeking vir al die heiliges (Efés. 6:10&11, 17&18).

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    __________________

     

    ONS IS OPSOEK NA ‘N UITGEWER

    VIR DIE BOEK “VOLKSREGERING” (teen normale tarief)

    Die inhoud is ‘n beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling vir enige  volk, hetsy klein in getalle of groot.

    Apartheid behels regverdige behandeling. Uiteraard is apartheid ingeweef in elke volk se onafhanklikheid. Dit bevat geen rassemeerder-waardigheid soos kwaad- williges voorgee nie. Ook nie onderdrukking van enigeen nie. Dit is juis erkenning van elke volk se regte en die skepping van ruimte om daardie regte te beoefen en ongehinderd uit te leef. Daar is geen rassehaat aan apartheid te koppel nie. Diegene wat rassisme aanhaal, bedoel rassehaat en probeer oproer bewerkstellig en moet ophou om vrede te probeer voorhou. Wie is verantwoordelik vir die geweld en opstand wat tans landwyd voorkom?  Geen ondersteuner van apartheid nie.

    Bostaande is 'n kort opsomming waarin die omvang en volle betekenis van apartheid beskryf is. Indien daar 'n uitgewer is wat in die uitgee van die boek belangstel, kan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. genader word.

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

     

    VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD

    Stuur u aansoek saam met ’n CV waarin u ‘n persoonlike bekendstelling, werkservaring en tersaaklike kwalifikasies insluit, voor 15 September 2018 aan ds. CM Erasmus by die e-pos adres: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Vir meer inligting:

    VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD

    ___________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 
 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________ 

 

APARTHEID:

 

Rassisme is die teenoorgestelde van rassehaat en is 'n aanprysing omdat rassisme dui op kennis van rasse en die uitstekende voordele van onderskeiding uitbeeld. Dit sluit in die voordele van apartheid se onderskeiding.

 

                                              ___________________                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 850 gaste aanlyn