NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

‘n Mens vind selde die lewe die moeite werd; jy maak dit eerder die moeite werd!

‘Ν NUWE GEES. . .

...DIE GEES VAN HEILIGHEID

Hannes Ollewagen

Eségiël 11:1:25

En Ek sal hulle een hart gee, en n nuwe gees in julle binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit hulle vlees verwyder en hulle n hart van vlees gee, sodat hulle in my insettinge kan wandel en my verordeninge kan hou en dit doen; en hulle sal vir my n volk wees, en Ek sal vir hulle n God wees. (:19&20).

Alhoewel die HERE in hierdie gedeelte verwys na n nuwe gees is die verwysing na die hart nie ook as n nuwe hart nie, maar as een hart. En dit is nie sonder rede dat Hy dit só stel nie. Één hart sou beteken n hart wat aan Hom getrou is. Dit is natuurlik die teenoorgestelde van dubbelhartigheid of n hunkering op twee gedagtes. Die Here het n behae daarin om met getrouheid en met n opregte hart gedien te word en dubbelhartigheid is in sy oë verfoeilik. Want dié mens moenie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie so n dubbelhartige man, onbestendig in al sy weë. (Jak. 1:7&8). Nader tot God, en Hy sal tot julle nader. Reinig die hande, julle sondaars, en suiwer die harte, julle dubbelhartiges! (Jak. 4:8). En Elía het nader gekom na die hele volk en gesê: Hoe lank hink julle op twee gedagtes? As die HERE God is, volg Hom na; en as Baäl dit is, volg hom na! ... (1 Kon. 18:21).

 

Dit is n hartseer stelling om te maak, maar dubbelhartigheid is ongelukkig nie n ongewone verskynsel in die lewens van baie Christene in ons volk nie. Daar is soveel Christene wat die Here sal soek in tye van beproewing en hartseer, maar in tye van voorspoed word Hy in hul lewens op die agtergrond geplaas. In tye van voorspoed word Hy nie getrou gedien en gehoorsaam nie. Daar is soveel Christene onder ons wat gereeld kerk toe gaan, want dit is hoedat hulle grootgeword het. Dit is die regte ding om te doen. Ongelukkig is daar van Maandag tot Saterdag in hul woorde en lewens weinig te bespeur van dit wat hulle veronderstel was om Sondag by die kerk te gehoor het.

Daar is in ons tyd net soveel Christene wat die Here graag wil dien, maar nie bereid is of die begeerte het om sekere sondes in hul lewens te laat staan nie. Hierdie pasifistiese Godsdiens is aangehelp deur dwaalleraars wat verkondig dat Jesus jou liefhet en aanvaar nes jy is. En dat Hy jou nie wil verander nie selfs al is jy n homoseksueel, selfs al is jy verslaaf aan dwelms, pornografie of watter ander euwel ook al jy kan kwansuis so ongewas van jou sonde bly! As hierdie kettery waar is, waarom beloof God aan sy volk n nuwe gees? As Hy met die besoedelde en vuil gees tevrede is en dit nie wil verander nie waarom die belofte van n nuwe gees? Hy is só ontevrede met ons besoedelde en sondige gees dat Hy dit nie alleen wil verander nie. Nee, Hy verwag dat dit moet sterfen heeltemal tot niet gemaak moet word. Hy verwag dat ons dit moet doodmaak in die gees om sodoende deur Hom lewend gemaak te word in n nuwe Gees van heiligheid!...Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe? Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in n nuwe lewe kan wandel.   (Rom. 6:2-4).

Die nuwe Gees wat God beloof aan sy volk wat Hom wil dien en gehoorsaam, word vir ons mooi in Romeine 8 beskryf. Dit is die Gees van heiligheid die Gees van God self wat ons deel geword het deur Jesus Christus se gehoorsaamheid aan die Vader. Dit is hierdie Gees wat ons van sonde oortuig. En waarom sou die Gees ons maar net van sonde oortuig sodat ons maar net daarvan bewus kan wees? Wat op aarde sou die doel daarvan wees –‘n alewige skuldgevoel, minderwaardigheid, ontoereikendheid en vrees vir moontlike straf? Dit klink nie vir my na God se handewerk nie! Ek weet nou van die sonde in my lewe, maar wat daarvan? Leer Jesus Christus ons dan nie om te bid om van die Bose verlos te word nie, m.a.w. vra ons nie vir God om ons van hierdie sonde vry te maak nie? Dit is hierdie selfde Gees van God wat met krag in ons lewens werk om die mag van sonde te weerstaan en te oorwin. Dit is hierdie Gees van krag, liefde en selfbeheersing wat ons moet koester en toelaat om in ons lewens te werk en heerskappy te voer sodat ons harte ook aan God getrou sal wees. Want God het ons nie n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing. (2 Tim. 1:7).

Hierdie Gees van heiligheid is die Gees wat ons bystaan om al daardie verfoeisels en gruwels uit ons harte en lewens te verwyder. En hulle sal daarnatoe kom en al sy verfoeisels en al sy gruwels daaruit verwyder. (Eség. 11:19).   Hy oortuig ons nie om daarmee vrede te sluit nie Hy oortuig ons om dit uit ons lewens uit te verdelg omdat Hy, as n heilige God, die troon van ons harte nie met ons afgode sal deel nie.

Ek groet u met die heilwense uit Hebreërs 13:20&21: MAG die God van die vrede, wat die groot Herder van die skape, naamlik onse Here Jesus Christus, deur die bloed van die ewige testament uit die dode teruggebring het, julle volmaak in elke goeie werk, om sy wil te doen, deur in julle te werk wat welbehaaglik is voor Hom deur Jesus Christus aan wie die heerlikheid toekom tot in alle ewigheid! Amen.

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1128 gaste aanlyn