NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ek weet HERE, dat U my nie om die hartseer lei nie maar my dwarsdeur dit neem. Help my dan asseblief om in my diepste seertye te onthou dat U my hand styf vashou al het ek nie die krag om aan U vas te hou nie.

HÝ SAL JOU DIE KOP VERMORSEL

Hannes Ollewagen

Génesis 3:1-24

En Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar saad. Hý sal jou die kop vermorsel, en jý sal hom in die hakskeen byt. (:15).

Ons hoor gereeld van sogenaamde wêreldvrede. Die vrede waarvan hier gepraat word, is heeltemal n ander vrede as waarvan ons in God se Woord lees. Die sogenaamde wêreldvrede is n vrede oor alle grense heen wat kwansuis tussen alle mense heen bewerkstellig moet word. Ten einde hierdie vrede te kan bereik, sal alle verskille uit die weg geruim moet word. En in besonder sou verskille o.g.v. geloofsoortuigings moet verdwyn. Dit is n baie slim taktiek van Satan om hierdie vyandskap wat in die tyd van Adam en Eva reeds begin het te probeer verdoesel. Indien jy jou vyand kan laat glo dat julle vriende is, sal die oorwinning maklik volg.

Die vrede waarvan ons in God se Woord lees, handel primêr daaroor dat daar vrede tussen God en die mens moet wees. Dit sou impliseer dat ons in vyandskap met die bose sal staan omdat God die ongeregtigheid haat. Wanneer ons in n noue verhouding met God leef, sal ons nie bloot n passiewe lewe van Christelikheid leef waarin ons probeer om niemand kwaad aan te doen nie. Ons sal ook die ongeregtigheid beveg.

Ons sê maklik dat ons verstaan dat Jesus Christus op Gólgota die oorwinning behaal het. Maar het dit vir ons regtig enige betekenis? Is daar vir ons krag daarin opgesluit? As Jesus Christus dan oorwin het op Gólgota waarom is daar dan vandag nog sonde op die aarde? Ons kan met ons eie oë mos sien hoedat mense mekaar vermoor, bedrieg, besteel, beswadder en op allerhande maniere die vernietigingswerk van Satan doen. En dan sê ons dat Jesus oorwin het dit maak mos glad nie sin nie! Feit is dat ons dalk die oorwinning wat Jesus Christus behaal het verkeerd vertolk en daardeur die krag van sy oorwinning verlore laat gaan. Dit is mos n gemaklike vertolking om te sê dat Jesus Christus gesterf het en daardeur die sonde oorwin het. En nou is ons gelukkig van alle verantwoordelikheid in ons geloofslewe ontneem omdat Jesus alles gedoen het.

Dit is tragies om te sien dat in die lewens van duisende sogenaamde kerkmense die vernietigende werke van Satan wat hierbo genoem word, sigbaar is. En waar is Christus se oorwinning dan waar is die krag van sy sterwe en opstanding sigbaar? Die krag daarvan word deur valse leraars vernietig wat mense in hul gehoor wil streel eerder as om die Woord van God reg te sny. Omdat, ja, omdat hulle my volk verlei het deur te sê: Vrede! Terwyl daar geen vrede is nie; ... (Eség. 13:10). Wanneer n persoon sondig in die oë van God en daaroor in die gehoor gestreel word, sal hy hom baie onwaarskynlik van sy dwaalweg bekeer. Maar wanneer són persoon tereg gewys word, sal hy dalk tot die besef kom dat hy die verantwoordelikheid het om Satan teë te gaan in hierdie saak waarin hy sondig. Hy sal tot die besef kom dat indien hy vrede met God wil handhaaf, dit sal beteken dat hy in vyandskap met die bose sal staan. Hy sal tot die besef kom dat hy as mens nie opgewasse is teen Satan se aanslag nie. Hy sal sy afhanklikheid van Christus as sy Verlosser besef en op dié wyse sy persoonlike verhouding met Hom versterk. En wanneer són mens wat hom bekeer sy bose werke aflê, kan ons mos die oorwinning van Christus in n lewe raaksien!! Die krag van sy oorwinning is dan mos duidelik sigbaar, nie waar nie?

Ons weet dat God nie kan lieg nie. En die belofte wat Hy in Gén. 3 gemaak het dat die Seun van die mens Satan se kop sal vermorsel, is geen uitsondering nie. Christus het die volle losprys vir ons skuld betaal. En daarna het Hy die Heilige Gees in ons harte gestuur sodat Hy ook in ons lewens die oorwinning oor die bose kan behaal. Hy wil die werke van die bose in my en u lewe verbreek. Hy wil nie vir ons vertel dat Hy daarmee tevrede is nie. Hy wat die sonde doen, is uit die duiwel, want die duiwel sondig van die begin af. Vir hierdie doel het die Seun van God verskyn, om die werke van die duiwel te verbreek. (1 Joh. 3:8). Hy wil dit uit ons lewens uit vernietig omdat Hy n God van liefde is wat nie wil sien hoe die sonde sy kinders vernietig nie.

Die sogenaamde vrede waarvan ons deesdae in hierdie wêreld hoor, is n vrede waarin die kinders van God nie deel het nie. Dit is n vrede met die wêreld, n vredesverdrag met die ongeregtigheid waarin ons nie mag deel hê indien ons God met ons hele hart en siel lief het nie. Gelowiges het die verantwoordelikheid om hulself te verset teen Satan en alle vorme van ongeregtigheid en nooit ons goedkeuring daaraan te skenk nie. En ons kan verwag dat Satan met mag en groot woede sal veg teen die ware gelowiges (die bruid van Christus). En die draak was vertoornd op die vrou, en hy het weggegaan om oorlog te voer teen haar ander nakomelinge wat die gebooie van God bewaar en die getuienis van Jesus Christus hou. (Open. 12:17). Maar ons hoef hierdie stryd nie te vrees nie, omdat ons weet dat God alreeds in die Paradys die oorwinning beloof het. Ons sal met Hom oorwin om eindelik met Hom te regeer. Hy wat oorwin, sal alles beërwe, en Ek sal vir hom n God wees, en hy sal vir my n seun wees. (Open. 21:7).

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1935 gaste aanlyn