NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

 

Laat ons nooit vergeet dat alles en almal aan God se mag onderworpe is nie.  Hy gebruik selfs booswigte as instrumente in sy hand - ’n karwats om stout kinders ’n loesing mee te gee.  God het by geleentheid selfs ’n bose gees gebruik om die afvallige koning Saul te teister. Weet dat God alle mag ook oor Suid-Afrika het.

DIE REGTE WEEGSKAAL

Hannes Ollewagen

Spreuke 11:1-31

“’n VALSE weegskaal is vir die HERE n gruwel, maar in n volle gewig het Hy behae. (:1).

Die goddelose behaal oneerlike wins, maar hy wat geregtigheid saai, n betroubare loon. (:18).

Die meeste van ons het seker al van die term “bakkersdosyn” gehoor. ʼn "Bakkersdosyn" beteken 'dertien'. Bakkers het een brood by hul dosyn (twaalf) bygevoeg om vervolging ingevolge streng wette oor geknoeiery vry te spring. Hierdie gebruik uit die dertiende eeu klink vir ons vandag na ‘n sprokie. Hoe lekker is dit om te dink dat daar ‘n tyd was dat owerhede met soveel ywer en ook met heerlike gevolg die ongeregtigheid vervolg het.

Maar ons milieu word gekenmerk aan owerhede en hooggeplaastes wat hulself so skuldig maak aan bedrog en knoeiery dat hulle nie die wilskrag het om ongeregtigheid te vervolg nie. U moet ook nie glo dat dit alleen in Suid-Afrika die geval is nie – dit is ‘n wêreldwye tendens. Die tragiek is dat die samelewing gewoonlik die voorbeeld van leiers volg en daarom verbaas dit ons nie dat die groot meerderheid van die huidige samelewing so korrup raak nie.

Die gemiddelde mens assosieer geld met vryheid en mag. En omdat vryheid en mag iets is waarna bykans enige mens streef, raak mense vandag totaal behep met hul drang om rykdom te verwerf. Dit is ongelukkig ook waar dat baie mense na rykdom verlang omdat hulle totale onafhanklikheid wil verwerf. Hulle wil selfs onafhanklik van God wees, want dit sou hulle in ‘n staat stel om te doen wat ookal hul hart begeer. En wie wil nou nie ‘n lewe leef waarin niemand vir jou voorskryf en grense stel nie? Die antwoord is seker niemand behalwe ‘n Geesvervulde mens wat begeer om God se gebooie en wil van harte te gehoorsaam nie.

Hierdie beheptheid van mense om vryheid en rykdom te bekom, veroorsaak dat hulle in die strik van die satan val. “Maar die wat ryk wil word, val in versoeking en strikke en baie dwase en skadelike begeerlikhede wat die mense laat wegsink in verderf en ondergang.” (1 Tim. 6:9). Die gejaag na rykdom op so ‘n ongesonde vlak gee daartoe aanleiding dat mense heeltemal van rasionele denke en optrede gestroop word. Hulle sal bereid wees om alles oor boord te gooi in hul strewe na rykdom. Hulle sal menigmaal huwelike, kinders en selfs beginsels op die altaar plaas sodat die offerrook daarvan vir Mammon kan opgaan. En daarom het Christus dit met reg gestel dat ‘n huiskneg nie twee here kan dien nie; want hy sal òf die een haat en die ander een liefhê, òf die een aanhang en die ander een verag. ” Julle kan nie God én Mammon dien nie.” (Luk. 16:13).

Baie van hierdie rykes het ook allerhande filantropiese projekte waarmee hulle besig is. Hierdie mense doen dit ook nie om God te behaag of omdat hulle aan Hom diensbaar is nie, maar eerder om mense te beïndruk en vir hulself eer te verkry. Ek kan hierdie stelling met vrymoedigheid maak omdat hulle hul liefdadigheid betoon op ‘n wyse wat God gebied nie gedoen behoort te word nie. “PAS op dat julle nie jul liefdadigheid voor die mense bewys om deur hulle gesien te word nie; anders het julle geen loon by julle Vader wat in die hemele is nie.Wanneer jy dan liefdadigheid bewys, moenie ’n trompet voor jou blaas soos die geveinsdes in die sinagoges en op die strate doen, dat hulle deur die mense geëer kan word nie. Voorwaar Ek sê vir julle, hulle het hul loon weg.” (Matt. 6:1&2).

God het geen behae in die offers van goddeloosheid nie. “Die offer van die goddelose is vir die HERE ’n gruwel, maar die gebed van die opregtes is Hom welgevallig.” (Spr. 15:8). ‘n Mens wat dink dat hy op ‘n oneerlike wyse rykdom kan bekom en God tevrede sal stel deur net sy tiende deel daarvan aan God af te staan, sal vir homself die grimmigheid van God op die hals haal. So ‘n persoon probeer God betrek in sy goddelose handeling en kan verwag dat God so ‘n spuug in sy Aangesig nie sal verdra nie. “Maar aan die goddelose sê God: Wat vertel jy nog my insettinge en neem jy my verbond in jou mond —terwyl jy die tug haat en my woorde agter jou werp?As jy ’n dief sien, dan geval dit jou by hom, en jou deel is met die egbrekers. Hierdie dinge het jy gedoen, en sou Ek swyg? Jy dink Ek is net soos jy! Ek gaan jou straf en jou dit ordelik voor oë stel.” (Ps. 50:16-18 & 21).

Ons moet as gelowige en kinders van God in hierdie verdorwe wêreld daarteen waak om nie perspektief te verloor nie. Ons moet daarteen waak om nie deur die begeerlikhede van hierdie wêreld verlok en meegesleur te word nie. Die god van hierdie wêreld (satan) verwag van sy volgelinge om hom met ‘n weelderige, ydele en uitspattige lewe te vermaak. Die heilige en liefdevolle God wat ons aanbid, is nie so ‘n harde Meester nie. Terwyl Hy van ons verwag om met verantwoordelikheid hard te werk en nie die brood van luiheid te eet nie, verwag Hy ook van ons om vergenoeg te wees met die deel wat Hy vir my en u afmeet. Hy verwag van ons om nie so behep te raak om onafhanklikheid te bekom nie, maar dat ons eerder sal leef met ‘n gesindheid van diepe afhanklikheid van Hom. En dat ons Hom sal vertrou om vir ons te voorsien in ons behoeftes volgens sy belofte. “Kyk na die voëls van die hemel; hulle saai nie en hulle maai nie en hulle bring nie bymekaar in skure nie, en tog voed julle hemelse Vader hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie?” (Matt. 6:26).

Hy verwag van ons om eerder besig te wees om skatte in sy koninkryk bymekaar te maak as wat ons besig sou wees om vir ons skatte te verwerf wat deur mot en roes verniel sal word. “MOENIE vir julle skatte bymekaarmaak op die aarde, waar mot en roes verniel en waar diewe inbreek en steel nie; maar maak vir julle skatte bymekaar in die hemel, waar geen mot of roes verniel nie en waar diewe nie inbreek en steel nie; want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees.” (Matt. 6:19-21). Mag ons Here ons besig vind om geregtigheid te saai wanneer Hy kom eerder as dat Hy ons aantref met ‘n valse weegskaal in die hand . . .

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1032 gaste aanlyn