NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons sien oral om ons hoe mens onder die spreekwoordelike broodlyn leef; vroeër jare het ons feitlik nooit 'n blanke bedelaar gesien nie, vandag het elke straathoek een of meer. En ons gee dikwels 'n geldjie of iets anders om hulle te help, maar dink ons ooit aan hulle geestelike broodlyn, daardie groter behoefte wat dikwels nie raakgesien word nie? Gebruik die geleentheid om met hierdie mense oor hulle emosionele en geestelike welstand te praat en u sal verbaas wees hoe groot behoefte hulle daaraan openbaar!

LYK ONS TOEKOMS DONKER?

Hannes Ollewagen

Jer. 42:1-22

“Weet dan nou verseker dat julle deur die swaard, die hongersnood en die pes sal sterwe in die plek waarheen julle verkies om te trek om daar as vreemdelinge te vertoef.” (:22).

Jerusalem is onder die koningskap van Sedekía deur die koning van Babel, koning Nebukadnésar, ingeval. Nebukadnésar het die grootste gedeelte van hierdie bevolking van Juda in ballingskap weggevoer om as vreemdelinge in Babel te gaan hervestig. Daar het egter‘n klein groepie mense in Jerusalem agtergebly wat die ballingskap vrygespring het.   (“Maar van die arm mense wat niks gehad het nie, het Nebusarádan, die owerste van die lyfwag, in die land Juda laat agterbly en aan hulle wingerde en landerye in dié tyd gegee.” Jer. 39:10).

Hierdie klein groepie mense wat in Jerusalem agtergebly het, het natuurlik ontsettend weerloos gevoel. Die roemryke Jerusalem waarin hulle geborgenheid gevind het en in veiligheid geleef en bestaan het, is ingeval. Hulle stad is verower en hulle het aanskou hoedat hulle volksgenote na ‘n vreemde land weggevoer word. Hulle is van hul besittings en geliefdes gestroop!

Rigtingloos, op moedverloor se vlakte en onseker oor die toekoms wend die leiers uit hierdie oorblyfsel hulle tot Jeremia –‘n bekende profeet en erkende man van God in daardie tyd. Hulle vra van Jeremia dat hy tot God moet gaan om hulle saak aan Hom voor te lê sodat hulle sy leiding mag volg. Die leiding wat God vir hierdie klein oorblyfsel gee, is dat hulle rustig in Jerusalem moet leef terwyl hulle in alle Godsvrees en ootmoed wag op die verlossing wat Hy vir hulle sal bewerk. “As julle rusting in hierdie land bly, sal Ek julle bou en nie afbreek nie, en julle plant en nie uitruk nie; want Ek het berou oor die onheil wat Ek julle aangedoen het. Vrees nie vir die koning van Babel vir wie julle bang is nie; wees nie vir hom bevrees nie, spreek die HERE, want Ek is met julle om julle te verlos en julle uit sy hand te red.” (Jer. 42:10&11).

Hierdie oorblyfsel verontagsaam egter God se opdrag in hierdie verband. En dit ten spyte daarvan dat hulle gesweer het om te doen wat God hulle beveel – kom wat wil. “Toe sê hulle vir Jeremia: Laat die HERE ‘n waaragtige en geloofwaardige getuie teen ons wees as ons nie stip handel ooreenkomstig elke woord waarmee die HERE u God u na ons sal stuur nie. Laat dit goed of sleg wees – ons sal luister na die stem van die HERE onse God na wie ons u stuur, dat dit met ons goed kan gaan as ons luister na die stem van die HERE onse God.” (Jer. 42:5&6). Hierdie oorblyfsel begeer eerder om te gaan skuiling soek in die skadu van Egipte as onder die vleuels van die HERE. Dit maak vir hulle soveel meer sin.   Jy sien, Egipte is soveel groter as die vervalle Jerusalem. Daar is soveel beter kans op oorlewing. Dit is tog logies dat hulle veel beter af in Egipte sal wees as in hierdie puinhoop van Jerusalem. Maar hulle keuse was niks ander as om vir God te sê dat hulle verantwoordelikheid vir hulle eie heil neem en Hom nie nodig het nie.

In 2019, duisende jare nadat hierdie gebeure waarvan ons in Jeremia lees, afgespeel het, is daar ‘n soortgelyke situasie in die wêreld. Hier aan die suidpunt van Afrika is ‘n verslae volkie. In 2019, rigtingloos, verward, moedeloos en smagtend na duidelike en ferm leiding. En hier is ook mense wat alle hoop op verlossing deur God verloor het. Ons mense vlug na ander lande omdat hulle vrees vir die gewelddadige moorde (swaard), die slegte ekonomiese toestande en werkloosheid (hongersnood) en verval en plundery (pes) hier ter plaatse. Ons herhaal ook ongelukkig die foute van die verlede eerder as om daaruit te leer. In plaas daarvan dat ons mense gaan skuiling soek onder die vleuels van die HERE vlug hulle eerder landuit om dáár ‘n “beter toekoms” te gaan soek.

Die feit dat die toekoms vir die meeste van ons volksgenote so donker lyk, is uiters kommerwekkend. Ek sê dit omdat dit beteken dat hulle God nêrens in hierdie toekoms voor oë het nie. Indien dit die geval was, sou hulle sy lig kon sien waarin ons die toekoms moet tegemoetgaan. (“...in u lig sien ons die lig.” Ps. 36:10). Die God wat ons aanbid, die God wat hemel en aarde geskape het, die Drie-enige God – Vader, Seun en Heilige Gees, is ‘n God van alle tye. Hy is nie ‘n God wat net in die tyd van Israel wonderwerke gedoen het nie. Hy is nie ‘n God wat net in die tyd van Israel redding gebring het nie. Hy is die Alfa en die Oméga, m.a.w. Hy was in die verlede, is met ons in die hede en is voor ons uit in die toekoms. (“...Ek is die Alfa en die Oméga, die eerste en die laaste, ...” Open. 1:11).

As ons God dan reeds in die toekoms vir ons wag, waarom lyk dit vir ons uitsigloos en donker? Die waarheid is dat dit vir ons uitsigloos en donker lyk omdat ons mense só vêr van die Woord van die waarheid afgedwaal het dat die lig van die Woord hulle nie meer omstraal nie. Ons moet verseker weet dat vir diegene wat op hierdie duister weg gaan voortgaan die toekoms wel bitter donker lyk. En nou praat ek van ‘n toekoms hier op aarde sowel as ‘n toekoms in die ewigheid hierna. Daarenteen kan hulle wat hulle tot God keer en sy leiding volg en aan sy Woord gehoorsaam is om trou in sy verbond te bly, rustig leef met die vertroostende belofte uit Ps. 91 (lees gerus die hele Psalm). Ons hoef nie onder vreemdes te gaan skuiling soek nie, want ons kan met vrymoedigheid gaan skuil onder die vleuels van ons liefdevolle, barmhartige en getroue God. “Hy sal jou dek met sy vlerke, en onder sy vleuels sal jy skuil; sy trou is ‘n skild en pantser.” (Ps. 91:4).


Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1906 gaste aanlyn