NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

“Hou maar net vas wat julle het,totdat Ek kom”- Openb.2:25

OM NABY U TE WEES

Hannes Ollewagen

Ps. 73:1-28

Maar wat my aangaan, dit is vir my goed om naby God te wees; in die Here HERE het ek my toevlug gestel, om al u werke te vertel. (:28).

Hierdie Psalm sluit op die teenoorgestelde wyse af as wat dit begin. Dit eindig met n gesindheid van diepe ootmoed en verlange na God terwyl dit begin by n punt waar Asaf God se regverdigheid bevraagteken. Hy wonder waarom God dit toelaat dat die goddelose so voorspoedig in hul weë voortgaan terwyl hy wat as n regverdige probeer leef baie bekend is met teëspoed.

Ek wonder of enigeen van ons met alle eerlikheid kan sê dat ons nie ook al in ons lewens soos Asaf gevoel het nie. Ek bedoel kyk maar net rondom ons. Die korrupte politici steel meer miljoene in een jaar as wat ek en u in n hele paar geslagte met harde, eerlike werk sal kan bymekaarmaak. Ons betaal swaar aan belasting sodat goddelose mense dit kan verkwis. En hierdie goddeloosheid sypel natuurlik na die samelewing deur. Ons hoor gereeld van mense wat deur hul eie volksgenote, selfs deur hul eie familie, in n saketransaksie ingeloop is. Ons jongmense kyk rondom ons en wonder waarom diegene wat die een oppervlakkige, sedelose verhouding na die ander aanknoop, nie sukkel om n maat te vind nie. Daarenteen lyk dit soms vir hulle wat op die Here wag asof hul bedes om n getroue lewensmaat te vind tevergeefs is.

Ons wonder dan ook soos Asaf waarom God hierdie dinge toelaat. Hy sien mos alles wat op die aarde gebeur. Hy is mos almagtig en kan die goddeloosheid mos keer of ten minste stop. Asaf het hierdie saak diep deurdink, maar dit was vir hom swaar om sin hieruit te maak. Toe het ek nagedink om dit te verstaan, maar dit was moeite in my oë, (:16). Hy het egter tot die slotsom gekom dat God se tyd aansienlik van ons tyd verskil. Alhoewel dit lyk asof God hierdie goddeloosheid laat seëvier, is daar tog n punt van afrekening vir die goddelose....totdat ek in die heiligdomme van God ingegaan en op hulle einde gelet het. (:17).

Ons as mense vertolk God se lankmoedigheid verkeerd wanneer ons dink dat Hy nie die ongeregtigheid straf nie. Of verag jy die rykdom van sy goedertierenheid en verdraagsaamheid en lankmoedigheid, omdat jy nie besef dat die goedertierenheid van God jou tot bekering wil lei nie? (Rom. 2:4). Daar is tog nie een lewende siel wat die eindelike oordeel sal ontvlug waar elkeen volgens hul dade geoordeel en vergeld sal word nie. Maar ooreenkomstig jou verhardheid en onbekeerlike hart vergader jy vir jou toorn as n skat in die dag van die toorn en die openbaring van die regverdige oordeel van Godwat elkeen sal vergeld na sy werke: (Rom. 2:5&6).

Die rede waarom God nie onmiddellik diegene verdelg wat onreg pleeg nie is omdat God aan die mens n vrye wil gegee het. En God wil sien dat die mens met hierdie vrye wil die regte keuse moet maak, nl. om homself aan God se gesag te onderwerp. Diegene wat weier om dit te doen, sal eindelik aan die ongeregtigheid gehoorsaam wees en daarin leef. Hulle weerstaan die wil van God net soos wat Satan dit gedoen het en steeds doen. Daarenteen is die bekeerdes wat hul van n lewe van eiesinnigheid bekeer om hul sondige wil in die vlees te kruisig om in n nuwe gees aan God gehoorsaam te probeer leef. Dink maar wat sou van Saulus geword het as God die mens se ongeregtigheid onmiddellik met die dood gestraf het. Hy wat Saulus is sou nie deur God se lankmoedigheid tot bekering gekom het nie. Hy sou nie gered kon word nie en nog minder sou hy die baanbrekerswerk vir God se koninkryk hier op aarde kon doen waartoe God hom eindelik geroep en gebruik het.

Ons moenie dink dat ongeregtigheid God nie pla nie. Hy haat ongeregtigheid en Hy sal nooit daarmee versoen nie. Ons moet ook nie dink dat God die ongeregtigheid nie raaksien nie. Ons moenie God se regverdigheid in twyfel trek wanneer ons die ongeregtigheid sien vermeerder nie. Hy het ons immers gewaarsku dat die ongeregtigheid van die mens sal toeneem. En omdat die ongeregtigheid vermeerder word, sal die liefde van die meeste verkoel. (Matt. 24:12).

Wanneer ons fokus op die goddelose rondom ons en God se regverdigheid bevraagteken, het Satan alreeds by ons reggekry wat hy met Eva reggekry het die twyfel is gesaai. En ons moenie vir n oomblik dieselfde fout begaan nie, want dit sal ongetwyfeld ook by ons tot sonde aanleiding gee. Ons moet hierdie gedagtes bestraf en dit vervang met gedagtes van gehoorsaamheid aan Christus. ...en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus, (2 Kor. 10:5). En op hierdie wyse sal ons nie leef as mense wat op n afstand staan om God se weë te beoordeel nie, maar eerder geliefdes wat met n tere liefde en groot vrymoedigheid naby aan Hom bly.

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 
 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1001 gaste aanlyn