NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

As ek vanaand my hart leeg huil,
Vir die Here vra dat my boot op kalm water seil.
Vir Hom vra vir 'n hoekie om te skuil.
Sal die Here sê: "Jy sal weer op kalm water seil.
Jy mag maar jou leed op My skouer uithuil.
By my is daar rus, 'n plek om te kan skuil."

NEDERIGE ERKENTLIKHEID

Hannes Ollewagen

Daniël 4:1-37

“...dat die lewendes kan erken dat die Allerhoogste mag het oor die koningskap van die mens en dit gee aan wie Hy wil, en die nederige onder die mense daaroor aanstel.” (:17).

Daar is ‘n Engelse spreuk wat lui: “Power corrupts and absolute power corrupts absolutely”. ‘n Mens wat aan niemand verantwoording hoef te doen nie is geneig om homself aan allerhande vergrype skuldig te maak. Koning Nebukadnésar was so ‘n koning. Hy het ‘n geweldige koninkryk gehad en Babel was‘n baie magtige ryk. Hy kon doen wat hy wou en het nie nodig gehad om aan iemand verantwoording te doen nie. Wel, so het hy egter gedink. God het egter in ‘n droomgesig aan hierdie koning ‘n waarskuwing gerig om hom van sy ongeregtighede en hoogmoed te bekeer. Hierdie waarskuwing is verder deur Daniël baie duidelik aan hom gerig. “Daarom, o koning, laat my raad u welgevallig wees en breek met u sondes deur geregtigheid en met u ongeregtighede deur genade te bewys aan die ellendiges as daar verlenging van u rus moet wees.” (Dan. 4:27).

Koning Nebukadnésar het egter Daniël se goeie raad in die wind geslaan. Met aanskoue van die prag en praal van sy magtige ryk het koning Nebukanésar se hart homself verhef. Hy was oortuig dat hyself verantwoordelik was vir die vestiging en opbouing van hierdie magtige ryk en dat hy daarvoor vereer moes word. God het toe sy hand uitgestrek om hierdie koning te verneder sodat hy sou weet dat geen mag op aarde God se gesag en mag kan oorskry nie. Hierdie koning moes verstaan dat enige mag wat ‘n mens het aan die mens slegs gegun word omdat God dit toelaat.

Ek wonder of ek en u gereeld genoeg besin oor die mag wat God in my en u hande lê? Die mag om in my werk en beroep invloed in ander mense se lewens uit te oefen, hetsy positief of negatief. Die mag om in my gesin die leidende rol te speel. Die mag om in my gemeente en gemeenskap ‘n invloed te hê. Strewe ons na hierdie posisies van mag omdat ons onsself daardeur kan bevoordeel of omdat ons daardeur aansien en status kan verkry? Laasgenoemde wat daartoe sal lei dat ons met ‘n baie selfvoldane houding na onsself sal kyk. Dit is die tipe lewensbeskouing wat ons hoogmoedig sal maak. Of onthou ons deurgaans dat God van ons gaan rekenskap eis oor dit wat ons doen met hierdie mag wat Hy in ons hande geplaas het?

Die mens van ons tyd volg al te maklik Nebukadnésar se voorbeeld. Die tegnologie en ander middele tot ons beskikking maak dit so maklik om soveel dinge te vermag wat vir ons bykans ondenkbaar is. Daar is min dinge wat vir ons buite bereik is en in die voortdurende najaging van groter sukses en groter rykdom wat groter eer in die oë van die wêreld sal bring, word die mens al groter in sy eie oë terwyl God al kleiner word. En soos wat God se Gees en beeld in die mens kleiner word, word die vleeslikheid en hoogmoed in sy hart al groter.

God haat hoogmoedigheid, oftewel trotsheid. “Hierdie ses dinge haat die HERE, en sewe is vir sy siel ‘n gruwel: trotse oë, ...” (Spr. 6:16&17). “...en Hy kan verneder die wat in hulle trotsheid wandel.” (Dan. 4:37). “Die trotsheid van ‘n mens verneder hom, maar die nederige van gees sal eer verkry.” (Spr. 29:23). “...God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade.” (Jak. 4:6).“Voor die verbreking is die mens se hart hoogmoedig, maar nederigheid gaan aan die eer vooraf.” (Spr. 18:12). God haat nie mense wat mag het nie. Maar Hy haat dit wel wanneer mense hulle mag misbruik. Dink maar aan koning Dawid wat self ‘n magtige man was en God was vir hom baie lief! Maar God was ook baie ontevrede toe hy sy mag misbruik het om ‘n ander man se vrou te neem.

Die Here verwag van sy kinders om die mag wat Hy in ons hande lê aan te neem. Hy verwag ook van ons dat ons hierdie mag verantwoordelik en in gehoorsaamheid aan Hom sal gebruik. Onse Here Jesus was vir ons die volmaakte voorbeeld in hierdie verband. Ten spyte van die groot mag wat aan Hom toegeken is – om verhoog te word om aan God se regterhand plaas te neem en saam met Hom te regeer –was Hy steeds die toonbeeld van nederigheid. “VERHEUG jou grootliks, o dogter van Sion! Juig, o dogter van Jerusalem! Kyk, jou Koning kom na jou; regverdig en ‘n oorwinnaar is Hy; nederig en Hy ry op ‘n esel – op ‘n jong esel, die vul van ‘n eselin.” (Sagaría 9:9).

Die trotsheid onder ons volksgenote is besig om ons te verteer. Ons is tot in ons fondament verdeel en myns insiens is een van die grootste oorsake hiervan trotsheid. Ek sal nie jammer sê oor my foute nie omdat my eie eer belangriker is as om te doen wat reg is. Niemand sal vir my sê dat ek nie mag skei nie. Niemand sal vir my sê dat ek nie te veel mag drink nie. Niemand sal vir my sê dat ek nie ‘n tatoeërmerk op my liggaam mag aanbring nie. Niemand sal vir my sê dat ek nie voor die huwelik mag saamwoon nie. Elke een sal maak soos hy wil omdat hy dit nie nodig ag om aan enigiemand verantwoording te doen nie. En dan wonder ons hoe dit gebeur het dat selfs ons eens eervolle Afrikanervolk so “korrup” geraak het?

Ons moet dalk vir ‘n oomblik weer besin wat ons diepste hartsbegeerte is – om elke een maar te maak soos hy wil, of om terug te keer tot God en aan Hom die erkenning te gee wat nodig is. En dalk kan ons vandaar weer in nederigheid streef om te wees – knegte van die Allerhoogste teen die hele wêreld vry?

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 
 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 941 gaste aanlyn