NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ware skoonheid sal jy eers kan raaksien wanneer dit reeds in jou hart is...

PRAAT MET DIE HERE !

Hannes Ollewagen

Lukas 18:1-8

EN Hy het ook aan hulle n gelykenis vertel met die oog daarop dat n mens gedurig moet bid en nie moedeloos word nie,   (:1)

Sal God dan nie reg doenaan sy uitverkorenes wat dag en nag tot Hom roep nie, al is Hy ook lankmoedig in hulle geval? Ek sê vir julle dat Hy gou aan hulle reg sal doen; maar as die Seun van die mens kom, sal Hy wel die geloof op die aarde vind? (:7&8).

Ek wonder hoeveel mense besef waarlik wat die waarde van gebed is. Ons het mos só besig geraak in ons lewens dat daar nie meer tyd vir gebed is nie. Daar is nie tyd vir gesonde kommunikasie nie nie met mekaar nie en ook nie met God nie. En dit terwyl ek my tyd verspil op allerhande sosiale platforms waar weinig sterk verhoudings gebou word.

Die meeste van ons weet dat goeie kommunikasie die sleutel tot gesonde verhoudings is.

n Gebrek aan kommunikasie lei dikwels daartoe dat twee of meer partye van mekaar vervreemd raak. Dink maar aan daardie mense wat op n stadium u beste vriende was. En nadat julle dalk d.m.v. afstand van mekaar verwyder geraak het, het die verhouding ook verswak. Daar was aanvanklik die beste voornemens om goeie kontak te behou en dan was daar ook baie oproepe en boodskappe heen-en-weer. Maar namate die tyd aanstap, het hierdie kommunikasie ook later afgeneem tot op die punt waar n mens eintlik maar net van mekaar weet, maar mekaar nie meer regtig ken nie.

Die Here benadruk vir ons die belangrikheid van gebed deur die gelykenis uit Lukas 18. Hy leer ons hierin dat ons in die gebed moet volhard selfs in tye wanneer dit vir ons voel asof God nie op ons gebede ag gee nie. ...met die oog daarop dat n mens gedurig moet bid en nie moedeloos word nie. (:1).

Wanneer ons bid, het ons geleentheid om ons hart voor die Almagtige God, die Skepper van hemel en aarde, uit te stort. Dit is eintlik ondenkbaar dat God, hierdie Verhewe Wese, ag gee op die roepstem van die nietige mensekinders. En tog is dit wat die Woord ons leer. Tewens, ons leer dat dit vir God aangenaam is wanneer ons in opregtheid bid wanneer ons met Hom wil praat. ...maar die gebed van die opregtes is Hom welgevallig. (Spr. 15:8).

Ons moet dalk in alle eerlikheid erken dat ons nie hierdie gawe van gebed na behore waardeer en benut nie. Daar is talle mense wat glad nie bid nie omdat hulle voel dat God nie luister nie. Daar is dalk nog heelwat mense wat bid, maar nie met n opregte hart nie eerder maar n rympie wat uit gewoonte geprewel word. Daar is dalk min mense wat met n opregte hart deur gebed tot God nader om hul harte en lewens met Hom te deel. Gebed word moontlik veel eerder net ingespan as daar nood in ons lewens is.

Indien ons n gesonde verhouding met God wil handhaaf, moet ons ook n gesonde gebedslewe volg. Daardie kommunikasie tussen myself en God sal tot n gesonde verhouding tussen my en Hom bydra. Wanneer ek my probleme en hartseer met God bespreek, is dit n bevestiging dat ek Hom daarmee vertrou. Wanneer ek my blydskap met Hom deel, is dit bevestigend dat ek Hom liefhet. Wanneer ek Hom in my gebede dank, is dit bevestigend dat ek Hom eer.

Die gelykenis in Lukas 18 eindig met n vraag –“...sal Hy wel die geloof op die aarde vind? Sal die Seun van die mens mense vind wat nog in Hom glo? Sal Hy mense vind wat glo dat Hy hulle kan help en red en daarom na Hom gaan in gebed? Sal Hy mense vind wat glo dat Hy kan troos en daarom na Hom gaan in gebed? Sal Hy mense vind wat glo dat Hy waardig is om aanbid en gedank te word en daarom na Hom gaan in gebed? Sal Hy mense vind wat nog in God glo en daarom na Hom gaan in gebed? Sal Hy mense vind wat Hom waarlik só liefhet dat hulle n brandende begeerte het om met Hom te praat en daarom na Hom gaan in gebed?

Ons sien maklik al die probleme en verkeerde dinge in die lewe raak, maar hoe dikwels bid ons daaroor? Ons spandeer dalk in enige gegewe dag meer tyd daaraan om oor probleme in hierdie wêreld te kla as wat ons in gebed deurbring. Is ons nie as diensknegte van God veronderstel om hierdie dinge in gebed na Hom te neem nie? En dan wonder ons waarom daar soveel verkeerdheid in hierdie wêreld is. ...Julle veg en maak oorlog, en julle het nie, omdat julle nie bid nie. (Jak. 4:2).

Ons lewens, en ook die wêreld rondom ons, sal dalk heelwat anders daaruit sien as ons die opdrag van God uit Lukas 18 beter ter harte neem. Hierdie opdrag wat Hy so uitdruklik aan ons stel. Bid sonder ophou. (1 Thes. 5:17). Waak en bid altyddeur, ... (Luk. 21:36). ...volhard in die gebed. (Rom. 12:12). terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die Gees, ... (Efés. 6:18).

Ons wat almal so graag n verskil aan hierdie wêreld wil maak moet dalk leer dat ons n groter verskil gaan maak wanneer ons meer gereeld met die Skepper van hierdie wêreld in gesprek tree.

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1169 gaste aanlyn