NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

As jy jou spiere nie oefen nie, word hulle swak. As jy die vermoëns en vaardighede wat God jou gegee het, ewe-eens nie gebruik nie, sal jy dit  verloor. As jy die vermoëns werklik gebruik soos dit bedoel is, sal God dit ook  vermeerder – dit is 'n belofte wat Hy aan ons maak.

ONS LIEFDE VIR DIE HERE

Hannes Ollewagen

Ps. 119:121-128

“Daarom het ek u gebooie lief, meer as goud, ja, as baie fyn goud.Daarom hou ek al die bevele aangaande alles vir reg; elke leuenpad haat ek.” (:127&128).

Ons leer uit die lewe van koning Dawid vele kosbare lewenslesse. En wat meer is, is dat ons ook uit hierdie lesse geweldig baie leer oor ‘n mens se verhouding met God. Ons leer eweneens geweldig baie van God en sy Vaderhart uit die lewensverhaal van hierdie voormalige koning van Israel.

Dawid was nie ‘n mens sonder foute, tekortkominge en sonde nie. Ons weet dat hy byvoorbeeld owerspel en selfs daarna ‘n moord gepleeg het om hierdie sonde van hom te probeer verbloem. Ons weet dat God vir Dawid nie toegelaat het om vir Hom ‘n tempel te bou nie omdat hy te veel bloed op aarde vergiet het. Ek dink dat koning Dawid seker volgens ons menslike oordeel lankal as ‘n verworpene behandel sou word. Die Here verwys tog ten spyte van al hierdie dinge na Dawid as ‘n man na aan God se hart; ‘n man wat al sy welbehae sal doen. “En nadat Hy hom afgesit het, het Hy Dawid vir hulle verhef as koning, van wie Hy ook gesê en getuig het: Ek het Dawid, die seun van Ísai, gevind, ’n man na my hart, wat al my welbehae sal doen.” (Hand. 13:22).

Hoe moet ons dan hierdie gebeure verwerk? Is God dan inkonsekwent? God stel dan dat Hy onveranderlik en ook regverdig is. Hy leer ons dat Hy nie die persoon aansien nie en die ongeregtigheid haat. Hoe sou Hy dan ‘n man wat in sy lewe só verkeerd doen‘n man na aan sy hart noem? Die Here leer ons ook dat Hy nie sien wat voor oë is nie, maar dat Hy ons hart aansien. “...Want nie wat die méns sien, sien God nie; want die mens sien aan wat voor oë is, maar die HERE sien die hart aan.” (1 Sam. 16:7). God het Homself nie blind gehou vir Dawid se verkeerde dade nie. God het Dawid nie ongestraf laat bly oor sy verkeerde dade nie. Maar God het ook Dawid se ware berou oor sy oortredinge nie misgekyk nie. Hy het gesien hoedat Dawid sy hart skeur voor God oor die feit dat hy aan God ongehoorsaam was. Die diepe berou wat Dawid oor sy ongeregtigheid getoon het, het sy liefde vir God onderstreep. Dit het Dawid diep in die hart getref wanneer hy tot die besef gekom het dat hy God teleurgestel het.

Ons dink daarenteen aan die Skrifgeleerdes en die Fariseërs wat ‘n oënskynlike vroom lewe gehandhaaf het. En tog lewer Christus Jesus self baie fel kritiek op hierdie mense se lewens. Hy is bewus van die feit dat hierdie vroom lewe alleen is om die eer van mense te kry terwyl die liefde vir God nie in hulle harte is nie. “En hulle doen al hul werke om deur die mense gesien te word, ...” (Matt. 23:5). “Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle gee tiendes van kruisement en anys en koljander, en die swaarste van die wet laat julle ná: die reg en die barmhartigheid en die trou. Hierdie dinge behoort julle te doen sonder om die ander na te laat.” (Matt. 23:23). Hulle gebrek aan liefde vir God is uiteraard bewys toe hulle Hom eindelik aan die vloekhout opgehang het.

Hierdie lering beweeg nou na ‘n punt waar baie dwaalleraars sal hande uitruk en verkondig dat “solank as wat jy sê dat jy God liefhet kan jy maar leef soos wat jy wil. Dit is nie jou dade wat iets beteken nie, maar wat in jou hart aangaan.” Sien ons dan dat Dawid ongebrydeld voortgegaan het om ‘n lewe van sonde en goddeloosheid te lei? Sien ons ooit dat hy homself die reg aangematig het om God se wette en verordeninge te gaan verander soos wat baie predikante, kerke en sinodes vandag doen? Of sien ons dat hy homself telkens tot God bekeer het wanneer hy tot besef van sy ongeregtigheid gekom en dan ook sy sonde laat staan het? Het Dawid ná sy oortreding wéér owerspeel gepleeg? Stellig nie! Dit is tog ‘n sekere getuienis dat hy opreg en diep jammer was vir sy oortreding – hy herhaal dit nie. Die dade is eindelik ‘n getuienis van dit wat werklik in jou hart aan die gang is. Wanneer jy ‘n liefde vir God in jou hart koester, sal dade van gehoorsaamheid in jou lewe na vore kom. Ons noem dit die vrug van die Gees. En wanneer daar ‘n gebrek aan liefde vir God in jou hart is, sal daar mettertyd ‘n opstandigheid en verontagsaming van God se insettinge in jou dade weerspieël word. “Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. ’n Mens pluk tog nie druiwe van dorings of vye van distels nie!So dra elke goeie boom goeie vrugte; maar ’n slegte boom dra slegte vrugte.” (Matt. 7:16&17).

Ons samelewing basuin dit uit dat ons mense mank gaan onder ‘n gebrek aan kennis en liefde vir God. Die oppervlakkigheid van die hedendaagse teologiese lerings getuig openlik hiervan. En omdat daar geen liefde vir God is nie, is daar ewe min of geen weerstand teen die vertrapping van God se heilige, regverdige en heilsame insettinge. Die weerstand is só min dat baie kerkmense maar aanhou sit in dit wat hulle dink die gemeenskap van heiliges is, maar lankal ontaard het in ‘n vergadering van goddeloses.

Ons het as gelowiges in ons vervalle samelewing die groot verantwoordelikheid en voorreg om erns te maak met ons verhouding met ons God. Ons moet daarteen waak dat ons liefde vir Hom nie verkoel word deur die koue samelewing van ongeregtigheid wat gedurig om ons vloei nie. “En omdat die ongeregtigheid vermeerder word, sal die liefde van die meeste verkoel.” (Matt. 24:12). Mag ons liefde vir die Here só sterk wees dat ons soos koning Dawid bereid sal wees om in geveg te tree ter wille van die erfdeel van ons God wat vir ons so kosbaar is.

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1142 gaste aanlyn