NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Elkeen van ons wil graag 'n groot en edel taak hier op aarde aanpak, maar dit is ons belangrikste plig om klein takies te voltooi asof hulle groot en edel is.

ONS MOET GOED DOEN WANNEER ONS KAN

Hannes Ollewagen

Pred. 11:1-10

“WERP jou brood uit op die water, want ná verloop van baie dae sal jy dit vind.Gee ’n deel aan sewe, ja, ook aan agt; want jy weet nie watter onheil daar op die aarde sal wees nie.” (:1&2).

Ons samelewing raak toenemend individualisties en selfsugtig. Elke man vir homself. Ek is gelukkig solank dit met my goed gaan – my medemens se welstand is sy eie verantwoordelikheid. Hy kan mos so hard werk soos ek om iewers te kom. Hy is mos mooi groot en kan mos na homself kyk. Dinge is klaar moeilik soos dit is. Ek sukkel alreeds hard genoeg om net in my eie behoeftes te voorsien – hoe moet ek nog na ‘n ander ook omsien?

Die Woord van die Here leer ons in geen onduidelike taal dat God van gelowiges verwag om ook na ander uit te reik en goed te doen waar ons die geleentheid vind. In plaas daarvan om ons te beywer om ‘n oormatige hoeveelheid rykdom en skatte te vergader wat eindelik deur mot en roes verniel sal word, is ons veronderstel om daarna te streef om as rentmeesters van God dit wat Hy in ons hande plaas met verantwoordelikheid en tot sy eer te bestuur. “Beveel die rykes in die teenwoordige wêreld om nie hoogmoedig te wees nie en ook nie hulle hoop te stel op die onsekerheid van die rykdom nie, maar op die lewende God wat ons alles ryklik verleen om te geniet;dat hulle goed moet doen en ryk wees in goeie werke, vrygewig, mededeelsaam,en vir hulle ’n skat weglê, ’n goeie fondament vir die toekoms, sodat hulle die ewige lewe kan verwerf.” (1 Tim. 6:17-19).

Dit is altyd vir my so hartroerend wanneer ek van tye in ons volksgeskiedenis lees waar ons mense na mekaar soos geliefde broeders omgesien het. Wanneer ‘n boer ‘n misoes het sou sy buurman wat weer ‘n goeie oes gehad het ‘n gedeelte daarvan aan hom afstaan. Die motivering was dat sy medemens ook moet leef. En om sy medemens se tekort uit sy oorvloed aan te vul sou hom nie ten gronde rig nie. Dit, teenoor vandag se gesindheid waar die een boer nie kan wag dat sy buurman swaarkry nie sodat hy sy plaas kan oorneem en nog groter kan boer en nog meer rykdom en skatte kan vergader wat eindelik deur mot en roes verniel sal word. En so sal ons ook die mooi verhale lees van geneeshere wat werklik besorgd was oor die welstand van hul pasiënte. Dit was vir hulle ‘n voorreg om met hul “meerdere kennis” aan hul medemens diensbaar te wees. En vandag se dokters sal weier om ‘n pasiënt te sien as daar net ‘n geringe moontlikheid bestaan dat hy nie sy volle fooi wat buitensporig hoog is, sal kan verhaal nie.

U sal dalk vandag dink dat u anders as die “onbarmhartige rykes” sou wees indien u geld gehad het. U sou mense gehelp het sonder om te skroom. U hoef nie noodwendig ryk te wees om aan mense goed te doen nie. Ons het menigmaal die geleentheid om aan mense goed te doen sonder dat dit ons geld kos. U het ook mos gawes uit God se hand ontvang? U kan aan mense goed doen deur die gawes wat deur God aan u geskenk is. Ons dink maar aan Paulus wat die wêreld deurkruis het om die Evangelie te verkondig. Hy het die gawe van prediking wat hom geskenk is aan duisende mense gebring en hoe goed het hy aan hulle gedoen! Ons word tog daartoe aangemoedig in die woorde van 1 Pet. 4:10:”Namate elkeen ’n genadegawe ontvang het, moet julle mekaar daarmee dien soos goeie bedienaars van die veelvuldige genade van God.”

In sy brief aan die Galásiërs vermaan Paulus ook hierdie mense om nie moeg te word om goed te doen nie. “En laat ons nie moeg word om goed te doen nie, want op die regte tyd sal ons maai as ons nie verslap nie.Laat ons dan, terwyl ons geleentheid het, aan almal goed doen, maar die meeste aan die huisgenote van die geloof.” (Gal. 6:9&10). Hy herinner ons daaraan dat ons op die regte tyd beloning hiervoor sal ontvang. Ons kan gerus hierdie vermaning ter harte neem. Ek en u is dalk ook moeg om goed te doen omdat soveel van ons opreg bedoelde mooi gebare met ondankbaarheid, kritiek en dergelike optrede begroet is. En dit kan ons heeltemal moedeloos maak. In so ‘n geval moet ons moed skep in die wete dat ons ons goeie dade doen uit gehoorsaamheid aan God en dat Hy self ons gehoorsaamheid sal vergeld net soos wat Hy diegene wat daarteenoor ondankbaar is hulle oortreding sal vergeld.

Wanneer ons weier om goed te doen, is dit uiteindelik die satan wat tevrede gestel word aangesien hy daarin slaag om ons te beweeg om ongehoorsaam aan God te wees. Ek en u moet in goeie werke volhard in die wete dat ons God se hart daardeur verbly – ongeag ander mense se opinie of gebrek aan waardering daaroor. Indien ons die woorde uit Matt. 25:40 met groter erns in ons harte ronddra, sal ons dade teenoor ander mens dalk baie, baie anders daaruitsien. “En die Koning sal antwoord en vir hulle sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen.” (Matt. 25:40).

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1127 gaste aanlyn