NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Halfhartigheid is een van ons grootste sondes. In halfhartige bekering sterf die ou mens maar staan weer op. In ware bekering met die krag van die Heilige Gees sterf die ou mens en die nuwe mens staan in Christus op. Satan probeer hard om ons in eie krag te laat opstaan sodat ons na hom kan terugkeer in sonde. Gee aan die duiwel geen plek en bely en laat staan voor die Here elke dag opnuut in sy krag.

ONS DIENSBAARHEID

Hannes Ollewagen

Matt. 20:20-28

“Maar Jesus het hulle na Hom geroep en gesê: Julle weet dat die owerstes van die nasies oor hulle heers en die groot manne oor hulle gesag uitoefen;maar só moet dit onder julle nie wees nie; maar elkeen wat onder julle groot wil word, moet julle dienaar wees.” (:25&26).

Die moeder van hierdie twee seuns wou graag hê dat haar seuns saam met Christus sou regeer. En daarom gaan sy na Hom en rig hierdie versoek aan Jesus Christus dat haar twee seuns aan weerskante van Hom in sy koninkryk mag sit.

Die Here Jesus leer ons in hierdie gedeelte dat sy koninkryk heeltemal anders as wêreldse koninkryke funksioneer. Hy het nie in die vlees gekom en in die grootste weelde hier op aarde te kom leef nie. Hy het nie sy dissipels heen en weer gestuur om die hele dag agter Hom aan te draf om sy gemak en gerief te verseker nie. Hy het gekom om in diensbaarheid aan God onse Vader hier op aarde te leef. Hy het in die vlees gekom om te dien eerder as om gedien te word. “net soos die Seun van die mens nie gekom het om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as ’n losprys vir baie.” (Matt. 20:28).

Jesus Christus leer ons dat Hy dieselfde diensbaarheid van ons teenoor ons naaste verwag en dat ons die voorbeeld wat Hy vir ons gestel het moet navolg. “As Ek dan, die Here en die Meester, julle voete gewas het, is julle ook verplig om mekaar se voete te was.Want Ek het julle ’n voorbeeld gegee om, net soos Ek aan julle gedoen het, ook so te doen.” (Joh. 13:14&15).

Ons samelewing word vandag sterk aan selfsug gekenmerk. Die kindertjies word van kleintyd af in goddelose en kommunistiese skole ingeskryf wat hulle in die galbitter gif van hul sogenaamde menseregte verdrink. Hierdie besoedeling word versterk deur die vermaak waaraan kinders blootgestel word waarin die ‘eie ek’ ook baie sterk beklemtoon word. Daarmee saam word kinders in ‘n omgewing groot waar hulle sien hoedat hul ouers tot min opoffering bereid is, vinnig hulself onttrek aan sake waar hulle nie hul sin kry nie en gewoonlik die maklikste uitweg vir sake probeer vind.

Die gevolg hiervan is ‘n samelewing waarin mense amper verleer het dat dit ‘n voorreg is om diensbaar te wees. Dit was vir Jesus Christus ‘n voorreg om te dien. Hy was bevoorreg om die wil van God die Vader te doen – al was ‘n baie, baie sware taak Hom opgelê. As daar nou ooit ‘n “mens” geleef het wat op ander mense se diensbaarheid kon aanspraak maak, was dit sekerlik Jesus. Hy doen dit egter nie. Inteendeel, daar was seker nog nooit ‘n lewende siel hier op aarde wat soveel vir mense gedoen het en so min daarvoor in ruil ontvang het nie. Hy het egter niks in ruil terug verwag nie omdat Hy geweet het dat Hy deur God die Vader beloon sou word.

Ons onvermoë tot diensbaarheid het tot gevolg dat ons volkshuishouding vandag ook in puin lê. Daar is van volkseie skole baie min oor. Daar is van ons kerke omtrent niks goeds oor nie. Daar is van ‘n hegte volkseenheid amper nie eers sprake nie. En is ‘n groot rede hiervoor nie dat elke een sy eie gedagtes het en wil navolg nie – en diensbaarheid teenoor my medemens vorm nie juis die kern daarvan nie? Daarom dat ek vinnig my eie koers sal inslaan sodra dinge nie meer na my sin verloop nie al sou dit ten koste van my hele volk se welsyn en toekoms wees. Dit is nie meer ‘n voorreg om aan ons medemens diensbaar te wees nie en daarom sal ons eerder na finansiële voorspoed en gemak in oorsese lande gaan soek. Dit is vir ons belangriker om op ‘n jaarlikse grondslag duisende rande op sport te verkwis as dat ons dit sal aanwend in projekte wat sal help om gesonde Christelike opvoeding vir ons kinders te verseker. Daar is by talle privaatskole kwansuis nie geld om onderwysers ‘n ordentlike salaris te betaal nie, maar daar is altyd geld vir sport en dergelike dinge.

Ons het tyd om ure voor die televisie te lê en na die drek te kyk wat ons aangebied word. Ons het ure tyd om op Facebook of ander sosiale media deur te bring, maar ons kan nie tyd maak om een maal per week saam met gelowiges byeen te kom om die Here te aanbid nie. Ons het ure tyd om ons lot te bekla hier in ons Vaderland en ons het ure tyd om kritiek te lewer oor alles en nog wat, maar ons het nie tyd om aan ons medemens, volk en ons God diensbaar te wees nie.

Kan ons met reg sê dat ons God liefhet en eer terwyl ons nie doen wat Hy van ons verwag nie? Hy het aan ons die voorbeeld van diensbaarheid gestel om dit in alle nederigheid en onderdanigheid na te volg. Ons kla en bid dat God ons volk moet herstel, maar self is ons onwillig om diensbaar te wees. Ons verstaan verkeerd as ons dink dat ons die voorskrifte gaan uitdeel en God die werk gaan laat doen in die herstel en opbou van ons volk. En ons verstaan dit nog meer verkeerd as ons dink dat God behae in ons en ons gebede sal hê terwyl ons in ongeregtigheid en selfsug volhard.

“So sê die HERE van die leërskare: Gee ag op wat julle wedervaar het!Klim op die berg en bring hout aan en bou die huis; dan sal Ek ’n welgevalle daaraan hê en My verheerlik, sê die HERE. Julle het uitgesien na baie, en kyk, dit het min geword; en julle het dit in die huis gebring, maar Ek het dit weggeblaas. Waarom? spreek die HERE van die leërskare. Ter wille van my huis wat in puin lê, terwyl elkeen van julle vir sy eie huis hardloop.” (Haggai 1:7-9). Ons moet dalk daaraan dink om ons gekerm in God se ore stil te maak sodat ons vir ‘n slag in stille ootmoed na Hom kan luister. In hierdie terugkeer en rus sal ons al die voorskrifte vind wat tot ons heil dien – as ons onsself maar net kan kry om dit in nederige diensbaarheid te gehoorsaam.

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 759 gaste aanlyn