NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Satan is die een wat depressie by mense misbruik totdat hulle glo hulle is hopeloos en ongered. Die teenoorgestelde is egter waar: iemand wat deur die donker van depressie geloop het, het 'n bepaalde innerlike krag ontwikkel wat van hom 'n wyser en sterker mens gemaak het. Moenie na die duiwel luister wanneer jy op jou swakste voel nie – weet daar kom 'n tyd hierna wat jy as kind van God baie sterk sal wees met 'n wysheid wat jou verder deur jou lewe sal dra, want in die donkerste dieptes het jy vir God weer gevind.

DIEN VOOR SY AANGESIG

Hannes Ollewagen

1 Konings 3:1-28

“Toe verskyn die HERE in Gíbeon in ’n nagtelike droom aan Salomo; en God het gesê: Begeer wat Ek jou moet gee.” (:5).

“Gee dus aan u kneg ’n opmerksame hart om reg te spreek oor u volk, om tussen goed en kwaad te onderskei, want wie sou hierdie talryke volk van U kan regeer? En dit was goed in die oë van die Here dat Salomo dit begeer het.” (:9&10).

Dit klink darem so lekker. Hoe gelukkige man was Salomo nie – hy het ‘n geleentheid gekry om enigiets van God te vra en God het aan hom belowe dat Hy sy wens sou vervul. Ek wonder wat ek en u sal vra indien ons hierdie geleentheid sou kry? Tog kry ons dieselfde geleentheid, maar nie alleen een maal in ons lewe nie. Ons kry die geleentheid om gereeld in gebed tot God se troon te nader en die wense van ons hart voor Hom te lê. Maar hoe lyk hierdie wense van ons – is dit so eerbaar soos hierdie wens van Salomo? Of is dit menigmaal selfsugtig en net op ons eie gerief, gemak, eer en voorspoed gefokus?

Ongelukkig is laasgenoemde waar in die meeste van ons se lewens en daarom dat God hierdie wense nie vervul nie. Dit is nie dat Hy nie na ons bedes en smekinge luister nie, maar eerder dat Hy nie behae daarin het nie en daarom nie aan hierdie versoeke voldoen nie. “Julle bid en julle ontvang nie, omdat julle verkeerd bid, om dit in julle welluste deur te bring.” (Jak. 4:3).

Ons lees in die Skrifgedeelte uit Konings dat dit goed was in die oë van die Here wat Salomo begeer het. God het behae in sy versoek gehad en daarom het Hy ook aan sy versoek voldoen. Salomo se versoek was op sy verantwoordelikheid voor God gefokus. Dit was dus op God se eer eerder as sy eie eer gerig. Hy was ernstig om sy verantwoordelikheid om oor God se volk te regeer na te kom. Hy wou sy beste hierin vir die Here doen. En omdat hy die groot verantwoordelikheid besef het wat hom opgelê is, het hy die Here gesmeek om hom hiervoor toe te rus met die nodige wysheid. Hy was nederig voor die Here. Hy het nie gedink dat hy sonder God se hulp kon klaarkom nie. En in sy nederigheid voor die Here het hy ook sy afhanklikheid van God met sy versoek bely. So ‘n nederige en ootmoedige gesindheid word deur God met welgevalle aangesien. “Want die HERE is verhewe; nogtans sien Hy die nederige aan, en die hoogmoedige ken Hy uit die verte.” (Ps. 138:6). “Maar Hy gee groter genade; daarom sê Hy: God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade.” (Jak. 4:6).

Ons lees verder dat Salomo se koninkryk groot en sterk geword het. Salomo het hierdie geskenk wat hy uit God se Hand ontvang het dan ook eindelik aangewend. Hy het dit gebruik om die volk van God te dien en hulle leiding te gee. Ons word dikwels ongelukkig wanneer God nie aan ons gebede en versoeke voldoen nie. Ek wonder egter hoeveel van al die mooi gawes wat ons al van Hom gebid het, word regtig met groot ywer deur ons aangewend om aan Hom diensbaar te wees? U behoort self te weet dat dit nie lekker is om aan iemand iets te skenk en te sien dat daar geen waardering daarvoor is nie – dat daar geen nut daaraan was om dit aan daardie persoon te skenk nie. Tog verwag ons dat die Here altyd moet gee en nooit rekenskap mag eis nie. Hy moet altyd gee wat ons op ‘n gegewe tydstip verlang, maar dit word as niks gereken wanneer ons Hom beledig deur geen waardering te toon vir dit wat Hy aan ons skenk nie.

Ons vergeet te maklik dat die Here ook van elkeen van ons verwag om die mooi gawes wat Hy ons uit genade skenk ook in diensbaarheid aan Hom te gebruik. “Namate elkeen ’n genadegawe ontvang het, moet julle mekaar daarmee dien soos goeie bedienaars van die veelvuldige genade van God.” (1 Pet. 4:10). Ons lewe mos in ‘n tyd waar ek nie enigiets sal doen as daar nie “iets vir my in is nie”. En dan staan ons verslae wanneer ‘n volkshuishouding in duie stort. Dit is vir ons onverstaanbaar dat dinge so sleg gaan. Maar wat anders kan ons verwag as niemand bereid is om die werk te doen nie? As niemand tot diens bereid is nie. “Deur allerhande luiheid versak die balkwerk, en deur slapheid van die hande lek die huis.” (Pred. 10:18).

Ek is verseker dat as die Here Jesus Christus vandag op die wolke moet kom Hy nie met die Afrikanervolk se stand van sake baie tevrede sal wees nie. As ons moet verslag doen van die vordering wat ons gemaak het sedert 16 Desember 1838 waar ons plegtig voor Hom beloof het om vir Hom ‘n huis tot sy eer op te rig, sal ons beskaamd staan. Ek en u moet dalk ook besin oor alles wat die Here in ons hand gelê het waarvoor ons voor Hom verantwoordelik is. Dink aan u kinders – om hulle tot sy eer groot te maak en in sy weë te onderrig. Dink aan u onderneming of u werk waar u u sake volgens reg moet besorg. Dink selfs aan die verstand en rykdom wat Hy in u hande gelê het en vra uself af hoe u dit op ‘n gereelde basis aanwend. Ons word nog tyd gegun om hierdie gawes nie onbenut te laat nie, maar met verantwoordelikheid aan te wend sodat ons met ‘n blymoedige hart eendag aan Hom kan rekenskap gee.

“En sy heer sê vir hom: Mooi so, goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel. Gaan in in die vreugde van jou heer.”

“En werp die nuttelose dienskneg uit in die buitenste duisternis; daar sal geween wees en gekners van die tande.” (Matt. 25:23&30).

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1552 gaste aanlyn