NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Wie beheer die kontrolekamer van jóu denke? Het jy dit aan die HERE toevertrou sodat jou lewe veilig in sy Hande kan wees? Of is jyself aan die stuur daarvan? Moet dan nie verbaas wees as dinge in jou lewe verkeerd loop nie.

WARE RYKDOM

Hannes Ollewagen

Lukas 12:13-21

“Maar God het aan hom gesê: Jou dwaas, in hierdie nag sal hulle jou siel van jou afeis; en wat jy gereedgemaak het, wie s’n sal dit wees? So gaan dit met hom wat vir homself skatte vergader en nie ryk is in God nie.” (:20&21).

Die Here Jesus spreek in die gelese gedeelte ‘n wanpersepsie aan wat by die meeste mense al van kindsbeen af aan bestaan. Dit is daardie wanpersepsie dat ‘n mens gelukkig sal wees wanneer jy ryk is. “…want iemand se lewe bestaan nie uit die oorvloed van sy besittings nie.” (:15).

Die gedagtegang is seker dat indien ek genoeg geld het, kan ek mos doen wat ek wil. En ek kan dit boonop doen wanneer ek wil. Die gedagte hieraan wek seker by die mens die indruk van vryheid. Dit wek by die mens ‘n indruk van onafhanklikheid. En wanneer ek vry en onafhanklik is, vervaag die noodsaak van aanspreeklikheid en verantwoordbaarheid dikwels. Ek hoef aan niemand rekenskap te gee nie, want ek het niks van enigiemand nodig nie. Ek het nie ‘n verantwoordelikheid teenoor enigiemand anders nie. Die mens verkeer dan dikwels onder die wanindruk dat hierdie is wat ‘n mens vryheid noem. Die vraag is egter of ek waarlik in so ‘n toestand vry is? Is ek waarlik vry indien ek ‘n gevangene van myself is – ‘n gevange van my eie waarheid eerder as om my aan die waarheid van die Woord te onderwerp? Is ek waarlik vry indien ek vir myself kan sê dat ek God nie nodig het in my lewe nie – ek kan mos na myself omsien? Sou u hierdie skatte van u wat vir u hier op aarde soveel “vryheid” bied kan gebruik om u siel van die ewige verderf los te koop?

U sou seker vanoggend wou vra of dit dan sonde is om ryk te wees? Natuurlik nie. Hoe kan iets wat ‘n gawe van God is ‘n sonde wees? Daar is tog verskeie voorbeelde uit die Woord van God van mense wat vir God baie lief was en ook deur God geseën was om groot rykdom te besit. ‘n Baie bekende voorbeeld is Abraham. “Toe sê hy: Ek is die dienaar van Abraham. En die HERE het my heer baie geseën, sodat hy groot geword het, en aan hom kleinvee en beeste, silwer en goud, slawe en slavinne en kamele en esels gegee.” (Gén. 24:34&35). Ons lees ook van Job se rykdom. “Daarby was sy besitting seweduisend stuks kleinvee en drieduisend kamele en vyfhonderd paar beeste en vyfhonderd eselinne en ’n groot menigte slawe, sodat dié man ryker was as al die kinders van die Ooste.” (Job 1:3). En so kan ons kyk na Jakob, Dawid en talle ander voorbeelde uit die Woord.

‘n Gawe wat ‘n mens uit God se Hand ontvang kan nie sonde wees nie. Ons moet tog onthou dat die wyse waarop ons hierdie gawes wat ons van God ontvang, aanwend, wel sondig kan wees. Dit is presies wat die ryk man in die gelykenis uit Lukas 12 gedoen het. In plaas daarvan dat hy teenoor God dankbaar was vir hierdie gawe en dit op ‘n wyse probeer aanwend het wat vir Hom welbehaaglik sou wees, het hy in hebsug vir homself soveel skatte as moontlik probeer vergader. God se opdrag vir die aanwending van hierdie gawe is om mededeelsaam te wees. “Beveel die rykes in die teenwoordige wêreld om nie hoogmoedig te wees nie en ook nie hulle hoop te stel op die onsekerheid van die rykdom nie, maar op die lewende God wat ons alles ryklik verleen om te geniet;dat hulle goed moet doen en ryk wees in goeie werke, vrygewig, mededeelsaam,” (1 Tim. 6:17&18).

Hierdie ryk man verkies om dit in hebsug eerder te vergader waar dit deur mot en roes verteer sal word eerder as om dit in diens van God se koninkryk aan te wend. Hierdie optrede is vir God nie aanneemlik nie. “Julle rykdom is bedorwe, en julle klere is deur die motte verniel. Julle goud en silwer is verroes, en hulle roes sal tot ’n getuienis teen julle wees en sal soos ’n vuur julle vlees verteer. Julle het skatte vergader in die laaste dae.” (Jak. 5:2&3). Die ryk man se eie eer en aansien en bewondering deur mense is vir hom belangriker as om die gawes uit God se Hand in diensbaarheid aan Hom te gebruik.

Wanneer hierdie ryk man se siel in die nag onverwags van hom afgeneem word, sal nie ‘n dooie duit van sy groot rykdom in al sy skure gebruik kan word as boetedoening vir sy skuld voor God nie. Hy kon egter terwyl hy in die geleentheid was sy gawes hier op aarde aangewend het om vir homself skatte in die hemel te vergader. “MOENIE vir julle skatte bymekaarmaak op die aarde, waar mot en roes verniel en waar diewe inbreek en steel nie; maar maak vir julle skatte bymekaar in die hemel, waar geen mot of roes verniel nie en waar diewe nie inbreek en steel nie;” (Matt. 6:19&20). Indien hy die verwagting gehad het om die ewige lewe in God se teenwoordigheid, in God se huis, deur te bring, sou die logiese optrede tog wees om juis solank dáár skatte te vergader – nie waar nie? “Want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees.” (Luk. 12:34).

Ons samelewing word aan selfsug, gierigheid en hebsug gekenmerk. Dit is hartseer, maar dit is waar. En ten spyte van die groot rykdom wat soveel mense besit, is hulle steeds ongelukkig, omdat hulle nie ‘n blydskap en vreugde in God ken nie. Ek en u behoort as God se kinders nie toe te laat dat hierdie smet en vuilheid van die wêreld ons aankleef nie. Ons het die verantwoordelikheid om onsself rein te hou. “…en ook die kleed moet julle haat wat deur sonde bevlek is.” (Judas 1:23).  

Die versoeking is natuurlik altyd groot om mense te probeer beïndruk. Ons beïndruk die oppervlakkige samelewing van ons tyd verskriklik maklik met rykdom. Ons God en Vader is egter nie so oppervlakkig as die mens nie. Hy sien nie aan wat voor oë is nie, maar dit wat in ons hart is. “Maar die HERE sê vir Samuel: Kyk nie na sy voorkoms en sy hoë gestalte nie, want Ek ag hom te gering. Want nie wat die méns sien, sien God nie; want die mens sien aan wat voor oë is, maar die HERE sien die hart aan.” (1 Sam. 16:7). Hy weet of daar rykdom in ons harte is wat blywend is en of ons rykdom ook maar net die oppervlakkige en verganklike rykdom van die wêreld is. Wee hom wat so arm is dat hy net geld besit. . .

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1043 gaste aanlyn