NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Wanneer God na die mensdom kyk, sien Hy sy Christelike Kerk – anders as ons wat ons blind staar teen tydelike lewensbande van families, volke en state.

ONS VOLMAAKTE VOORBEELD

Hannes Ollewagen

1 Pet. 2:18-25

“Want hiertoe is julle geroep, omdat Christus ook vir julle gely het en julle ’n voorbeeld nagelaat het, sodat julle sy voetstappe kan navolg;” (:21).

Dit is interessant hoedat Petrus in die gelese gedeelte Christelike diensknegte maan om aan hul here onderdanig en gehoorsaam te wees – selfs wanneer hulle onregverdig behandel word. “DIENSKNEGTE, wees julle here onderdanig met alle vrees, nie alleen aan die wat goed en vriendelik is nie, maar ook aan die wat verkeerd is.” (:18). Dit blyk ‘n teenstrydigheid te wees met die wese van God. God is dan regverdig. Hoe kan ons vermaan word om onregverdige behandeling te verdra?

Hoe sou ons God se regverdigheid in die marteldood van Jesus Christus verklaar? Was Christus dan nie sondeloos en vlekkeloos voor God nie? Hoe kon God dan toelaat dat Hy tot só ‘n vernederende marteldood gevonnis word? Dit blyk tog ook onregverdig te wees.

Maar God se regverdigheid word daarin geopenbaar dat Hy die sonde nie ongestraf laat bly nie. Hy is ‘n heilige God en trou aan Homself, eis Hy dat die sonde gestraf word. God sy dank dat ons hemelse Vader se barmhartigheid ook daarin geopenbaar word dat Hy die offer van Jesus Christus se dood aanneem as die offer wat vir ons sondes betaal moes word.

Onse Here Jesus Christus het nie alleen in die vlees gekom om die offer vir ons sondes te bring nie. Hy het ook vir ons deur sy lewe hier op aarde ‘n voorbeeld nagelaat om na te volg. Die vermaning in Petrus is nie alleen gerig tot werknemers om aan hul werkgewers gehoorsaam en onderdanig te wees nie, maar tot elke gelowige in Christus Jesus. Elke gelowige in Christus Jesus is tog ‘n dienskneg van Hom, nie waar nie? Ons noem Hom tog Here en Meester en is dus eerbied, gehoorsaamheid en onderdanigheid aan Hom verskuldig. Ons is veronderstel om die voorbeeld wat Hy vir ons gestel het soos goeie diensknegte na te volg. “Julle noem My Meester en Here, en julle is reg, want Ek is dit.Want Ek het julle ’n voorbeeld gegee om, net soos Ek aan julle gedoen het, ook so te doen.” (Joh. 13:13&15).

Beproewing en somtyds selfs lyding is ook deel van gelowiges se lewenspad . “Want sewe maal val die regverdige en staan weer op, maar die goddelose struikel in die ongeluk.” (Spr. 24:16). Daar is mos die dwaalgeeste wat deesdae verkondig dat God in sy liefde nie sal toelaat dat enige teëspoed die mens oorkom nie. Dit is gewoon onwaar en in stryd met die gesonde leer en suiwere Woord van God. Hy laat nie alleen beproewing oor ons lewenspad kom nie, maar deel selfs met tye self die houe uit wanneer sy kinders dit nodig het. “Want Hý doen smart aan, maar verbind ook; Hy verbrysel, maar sy hande maak gesond.” (Job 5:18). Maar ook die kastyding wat ons van God ontvang, deel Hy in sy volmaakte liefde uit. “En julle het die vermaning heeltemal vergeet wat tot julle as seuns spreek: My seun, ag die tugtiging van die Here nie gering nie en beswyk nie as jy deur Hom bestraf word nie;want die Here tugtig hom wat Hy liefhet, en Hy kasty elke seun wat Hy aanneem.” (Heb. 12:5&6).

Die verkondiging van ‘n voorspoed-teologie kan menige mens aan God se liefde vir hulle laat twyfel. Wanneer ons hoor dat ‘n God van liefde niks anders nie as goed aan ons wil doen, u net wil seën, u skatryk wil maak en in alles voorspoedig wil maak, sal u ongetwyfeld in ‘n moeilike plek beland wanneer tye van beproewing en/of swaarkry u lewenspad kruis. U sal vra of God u dan nie liefhet nie, of Hy niks vir u omgee nie? U sal wonder of u dan nie vir Hom so spesiaal en kosbaar is as diegene met wie dit so voorspoedig gaan nie. U sal wonder of God nie omgee om u in hartseer, swaarkry en ellende te sien nie.

Die tyd sal ons ontbreek indien ons al die voorbeelde uit God se Woord moet haal van mense wat innig deur God bemin is, maar tog bittere lyding moes verduur. Daar was mense wat geweldige swaarkry in hul lewens moes deurstaan en hulle liefde vir God het hulle hierin gesterk. Die galery van geloofshelde in Hebreërs is vir ons ‘n pragtige voorbeeld van mense wat deur hul lyding die egtheid van hul geloof bewys het! Hierdie mense het nie die geloof in God nagevolg om iets van Hom te probeer kry of Hom te probeer manipuleer om hulle suksesvol, voorspoedig of ryk te maak nie. Hierdie mense het die geloof in God nagevolg en behou omdat hulle Hom liefgehad het vir wie Hy is. Luister na die pragtige getuienis van Moses, die man van God, uit Hebreërs 11:24-26:”Deur die geloof het Moses, toe hy grootgeword het, geweier om die seun van Farao se dogter genoem te word,omdat hy verkies het om liewer sleg behandel te word saam met die volk van God as om ’n tyd lank die genot van die sonde te hê,en die smaad van Christus groter rykdom geag het as die skatte van Egipte, ...”

Onse Here Jesus Christus was ook uiteindelik die toonbeeld van ‘n ootmoedige onderwerping aan God se volmaakte wil – self al sou dit lyding vir jouself beteken. En Jesus Christus het ons hierdeur geleer dat selfs ons diepste seer, selfs ons diepste lyding nie sonder rede in God se volmaakte Raadsplan is nie. Ek en u behoort ook in ons lewens hierdie volmaakte voorbeeld na te volg in die wete dat dit ‘n voorreg is om lyding of leed onder God se wil te verduur. Ons sal van Hom eendag loon hiervoor ontvang. “Salig is die wat vervolg word ter wille van die geregtigheid, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.” (Matt. 5:10).

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1190 gaste aanlyn