NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Tyd; dis ‘n belangrike woord. Jy moet dit hê om te kan regmaak.  Wie dit nie het nie, kan nie regmaak nie.  Meer mense sterf sonder Christus as met Hom; mense wat nie met Hom reggemaak het nietoe hulle die tyd gehad het.

‘N BEKER VAN HEIL...

...OF ‘N BEKER VAN ONHEIL?

Hannes Ollewagen

Matt. 26:17:30

“Want dit is my bloed, die bloed van die nuwe testament, wat vir baie uitgestort word tot vergifnis van sondes.” (:28).

Daar is ‘n dwaling in ons tyd dat die sterwe van ons dierbare Here Jesus Christus vir elke liewe mens ‘n plek in die hemel verseker het. Die dwaling lê daarin dat elke mens kwansuis gered is omdat Jesus Christus aan die vloekhout gesterf het, ongeag.

Die woorde van ons Verlosser, Jesus Christus, uit Matt. 26:28 stel die volgende baie duidelik:

  1. Sy bloed is die bloed van die nuwe testament, m.a.w. die bloed van die nuwe verbond;
  2. Sy bloed word vir baie uitgestort;
  3. Sy bloed is uitgestort tot vergifnis van sondes.

Wanneer ons kyk na sy bloed wat die nuwe verbond verseël, het ons natuurlik met ‘n ooreenkoms te doen. En in enige ooreenkoms is daar gewoonlik twee partye wat tot die ooreenkoms of die verbond toetree en wilsooreenstemming bereik.

Diegene wat reken dat God almal deur sy dood aan die vloekhout in die ewige saligheid ingesluit het, ontken dat God aan die mens ‘n vrye wil gegee het. Hoe duidelik stel die Woord dit vir ons dat God die mens se keuse om sy guns, die beker van sy barmhartigheid en genade, die beker van heil, uit sy hand aan te neem of weg te wys. Hy dwing dit in niemand se keel af nie. “En as iemand julle nie ontvang nie en na julle woorde nie luister nie, gaan uit daardie huis of daardie stad uit en skud die stof van julle voete af. Voorwaar, Ek sê vir julle, dit sal vir die land van Sodom en Gomorra verdraagliker wees in die oordeelsdag as vir daardie stad.” (Matt. 10:14&15). En dit klink ook allermins of diegene na wie verwys word in vers 15 – hulle wat die beker van heil van die hand wys – op pad is om die ewige saligheid te beërwe!

Die Woord stel dit duidelik dat Christus Jesus se bloed vir baie uitgestort word. Hierdie waarheid word ook in ‘n ander Skrifgedeelte weereens in Jesus Christus se eie woorde gestel: “...net soos die Seun van die mens nie gekom het om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as ‘n losprys vir baie.” (Matt. 20:28). Ja, Hy gee sy lewe as losprys – Hy betaal met sy bloed die losprys en verseël daarmee ‘n nuwe verbond met baie – nie met almal nie. Dit word verder vir ons bevestig in die woorde van Hebreërs 9:28 dat Christus geoffer is om die sondes van baie weg te neem. “...so sal Christus ook, nadat Hy een maal geoffer is om die sondes van baie weg te neem, vir die tweede maal sonder sonde verskyn aan die wat Hom verwag tot saligheid.” Die Woord stel dit vir ons so onomwonde omdat God die hart van die mensekinders ken! Hy weet dat daar baie van hulle is wat deur die verlossingswerk en die lyding van ons Here Jesus Christus diep geraak sal word met aanhoor van die Evangelie en deur die werking van die Heilige Gees. Maar Hy weet ook dat daar baie is wat hierdie beker van heil uit die hand van die Here sal verag en die Heilige Gees sal weerstaan. Ja, soos die een kwaaddoener wat saam met Jesus opgehang is en Hom saam met die verbygangers gesmaad het en in die beker van heil gespuug het. Daarenteen het die ander kwaaddoener die Here Jesus in sy sterwensuur gesmeek om aan hom te dink wanneer Hy in sy koninkryk kom. Hy het in sy sterwensuur gepleit vir net ‘n klein slukkie uit die heilsbeker van God se genade! En Jesus se reaksie aan hierdie man? Hy verseker hom dat hy saam met Hom in die paradys sal wees. Al sluit die kwaaddoener sy nuwe verbond met Jesus in sy laaste uur op aarde het hy steeds met wilsooreenstemming daartoe toegetree. Hy het die beker van heil uit die Here se hand aangeneem.

Sy bloed is uitgestort tot vergifnis van sondes. Luister baie, baie mooi na die woorde van God deur die mond van sy kneg, Moses, wat ons vind in Deut. 27:26: “Vervloek is hy wat die woorde van hierdie wet nie hou om dit te doen nie; …” Besef ons die implikasie hiervan? Ek en u, as mense wat die wet van God oortree het – ons wat nie in die woorde van hierdie wet kon hou om dit te doen nie – ons is eintlik vervloektes voor God. Vervloek omdat ons Hom in die aangesig gespuug het met ons sondige dade. Vervloek omdat ons sy volmaakte skepping met ons wandade kom ontheilig en verontreinig. Vervloek omdat ons onsself verwaand genoeg gedra het en vermetel genoeg was om te dink dat ons die insettinge en verordeninge van die Allerhoogste, Allerheiligste, onbegryplik grote God mag verontagsaam. Wie is vermetel genoeg om homself teen God te verhef en te dink dat hy met sy lewe sou ontvlug? En is dit nie presies wat ons doen wanneer ons aan God ongehoorsaam is nie – verhef ons onsself nie op vermetele wyse teen Hom nie?

Dit bring my ook by diegene wat nie wil drink uit die beker van heil wat uit die hand van Christus aan die mens gebied word nie. Hulle wat van mening is dat hulle hierdie bloed van die nuwe verbond nie nodig het nie – hulle sluit m.a.w. geen nuwe verbond met God nie. Hulle bly in hul vervloekte staat as mense wat teen God gesondig het. Hulle wat nie uit die beker van heil wil drink nie sal deel hê aan ‘n ander beker. Hulle sal drink uit die beker van onheil – die beker gevul met die grimmigheid van God. “Hy sal op die goddelose vangnette, vuur en swawel laat reën; en ‘n gloeiende wind sal die deel van hulle beker wees.” (Ps. 11:6). Ja, geliefdes. Ons lees ook van hierdie beker van grimmigheid, nie van ‘n heilsbeker nie, wat vir die goddelose berei is in Ps. 75:9:”Want in die hand van die HERE is ‘n beker, en die wyn skuim; dit is oorvloedig gemeng, en Hy skink daaruit; ja, die afsaksel daarvan moet al die goddelose van die aarde opslurp, uitdrink.” En moenie by uself dink om te sê dat hierdie grimmigheid van God in die “Ou Testament” bestaan het en met Jesus se koms in die vlees tot ‘n einde gekom het nie. Ons lees in Openbaring 14:10 hoedat Jesus Christus, die Lam van God, sal toesien hoedat hulle wat die beker van heil uit sy Hand geweier het, sal drink uit die beker van God se toorn. “...sal hy self ook drink van die wyn van die grimmigheid van God wat ongemeng ingeskink is in die beker van sy toorn, en hy sal gepynig word met vuur en swawel voor die heilige engele en voor die Lam.”

As u nie wens dat ek moet ophou praat oor die vervloeking en vuilheid en slegtheid van die mens en die toorn van God wat daarmee saam gaan en verlang om die dierbare woord – Christus – te hoor nie dan het u nog nie begryp hoe vreeslik hierdie vervloekte en verlore toestand van die mens is nie. En as u dit nie begryp nie sal u nie besef wat dit is wat onse Here Jesus Christus werklik vir sy verloste kinders gedoen het nie! U sal nie besef hoedat ek en u veronderstel is om daardie beker van heil wat ons uit God se hand neem om deel te hê aan sy bloed wat ons van hierdie vloek losgekoop het na regte met ons trane van dankbaarheid behoort te vul nie!

Ons het in die eerste verbond teen God oortree en as skuldiges is ons as vervloektes van God se aangesig weggedryf. Maar ons Heiland kom en Hy vervul die wet van God. Hy voldoen aan God se reg. Hy gehoorsaam God die Vader en is daarom geseënd bo elke ander naam. “...en in gedaante gevind as ‘n mens, het Hy Homself verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja die dood van die kruis. Daarom het God Hom ook uitermate verhoog en Hom ‘n naam gegee wat bo elke naam is,” (Fil .2:8&9). En Hy wat hierdie naam bo elke naam het, word nie van God se sangesig weggedryf nie. Hy is waardig om God se aangesig te sien en daar tree Hy as Middelaar vir baie op wat wens en begeer om hul met God te versoen. Hy tree in belang op van hulle wat treur oor hul vervloekte toestand in die vlees en wens om met God versoen te word. Hy bewerk vir ons voor God die Vader, versoening en red ons uit ons vervloekte en verlore toestand omdat Hy ons van daardie vloek losgekoop het. “Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons ‘n vloek te word – want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat aan ‘n hout hang – “ (Gal. 3:13).

Ek hoop dat u begeer om te drink uit die beker van heil wat God aan ons bied. Ek hoop, geliefde broeder en suster, dat wanneer u dink aan die heil wat uit hierdie beker oor u lewe vloei dat dit u hart sal reinig voor God wanneer u van harte begryp wat dit is wat onse Here Jesus Christus vir ons met sy bloed gedoen het.

 

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1302 gaste aanlyn