NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Of ons dit glo of nie, elke mens hou daarvan om eer te ontvang. Die gevaar is dat ons naderhand begin om eer te verwag. Ons raak verwaand en selfgesentreerd. In plaas dat ons saam stry vir God se eer kompeteer ons teen mekaar vir eer.  Maar as jy daadwerklik jou geloof rondom Christus sentreer sal jy spontaan vergeet om aan jouself te dink en besef jy is verlos – daarom is eie eer nie meer belangrik nie.

‘n LEWE SAAM MET CHRISTUS

Hannes Ollewagen

1 Thes. 5:1-11

“Want God het ons nie bestem tot toorn nie, maar om die saligheid te verkry deur onse Here Jesus Christus wat vir ons gesterf het, sodat ons, of ons waak en of ons slaap, saam met Hom kan lewe.”

Wat ‘n wonderlike voorreg – ‘n lewe saam met Christus. Ek wonder egter hoeveel mense waarlik in hierdie gawe van God deel . Daar is baie wat weet van, en dalk ook hoop, op ‘n ewige lewe saam met Christus in die hemele. En dit is inderdaad ‘n toekoms waarna gelowiges kan uitsien – ‘n ewige lewe in die heerlikheid van God na ‘n beproewende lewensreis hier op aarde. Dit is egter verkeerd om net daarna uit te sien om eers eendag, nadat ek hier op aarde gesterf het, saam met Christus te leef. Gelowiges in Christus Jesus het die voorreg om alreeds hier op aarde hul lewe in Christus, saam met Hom, te leef. Hy het aan ons immers sy teenwoordigheid tot en met sy wederkoms beloof.

“En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.” (Matt. 28:20). “Ek sal julle nie as wese agterlaat nie; Ek kom weer na julle toe.” (Joh. 14:18).

Ons maak maklik die denkfout dat dit net die mense soos Jesus se dissipels en hulle wat in daardie tyd geleef het wat die voorreg gehad het om saam met Jesus te leef. Dit is natuurlik omdat hulle die voorreg gehad het om Hom in die vlees te sien soos wat ons ‘n ander mens kan sien. Ek wil u egter terug neem na ‘n tyd duisende jare voordat Jesus in die vlees aarde toe gekom het. Duisende jare voor die dissipels en die mense van daardie tyd geleef het. Ons lees in Gén. 6:9 van ‘n man wat tussen goddelose mense op aarde gebly het, maar onder hulle het hierdie man saam met God geleef. “…Noag het met God gewandel.” Ons lees ook van Henog wat sy lewe op dieselfde wonderlike wyse hier op aarde saam met God geleef het. “En Henog het met God gewandel;…” (Gén. 5:24).

Ek en u as gelowiges in God deur Jesus Christus behoort ook ons lewens hier op aarde saam met Hom te leef. Dit is tog ‘n uitvloeisel van ons ware bekering tot God. Ons vlug weg van die lewe van eiesinnigheid, vleeslike begeertes en hartstog. Ons vlug weg van die lewe van ongehoorsaamheid aan God wat ons van Hom vervreem. Ons vlug nie weg van Hom omdat ons naby aan die sonde wil leef nie, maar eerder vlug ons weg van die sonde om naby aan Hom te leef! Om met Hom te wandel! Ons vlug na die voete van Christus en pleit om ons met God te versoen. En daar waar ons versoening, vergifnis en bekering ontvang het, sal ‘n nuwe lewe vir ons begin. ‘n Lewe waarin ons nooit ver van hierdie Middelaar, hierdie Verlosser van ons wil leef nie omdat my ontmoeting met Hom my lewe ingrypend verander het. Dit is ‘n lewe waar ek nie soos Adam en Eva wil wegkruip wanneer ek sy stem hoor nie. Nee, maar eerder raak ek opgewonde wanneer ek sy stem hoor! Ek het ‘n begeerte om soos hierdie wonderlike, onbeskryflike Man te wees. Dit is asof my ontmoeting met Hom my in ‘n nuwe mens verander het.

“Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.” (2 Kor. 5:17).

Dit is in hierdie nuwe lewe waarin ons met Christus wandel waar ons daarna streef om God te behaag op dieselfde wyse as wat Hy vir ons die voorbeeld gestel het.

“Hy wat sê dat hy in Hom bly, behoort self ook te wandel soos Hy gewandel het.” (1 Joh. 2:6).

Dit is hierdie lewe waarin ons, volgens die voorbeeld van Christus, nie ons eie eer soek nie, maar eerder leef om God te verheerlik.

“En Ek soek nie my eer nie; …” (Joh. 8:50).

Dit is hierdie lewenswandel saam met Christus waarin ons leer om nie ons eie wil te soek nie, maar die wil van ons Vader in die hemel.

“Want Ek het uit die hemel neergedaal, nie om my wil te doen nie, maar die wil van Hom wat My gestuur het.” (Joh. 6:38).

Dit is in hierdie lewe waar ons met Christus wandel waar ons volgens sy voorbeeld ook probeer om God in alles te gehoorsaam.

“Soos gehoorsame kinders moet julle nie jul lewe inrig volgens die begeerlikhede wat tevore in julle onwetendheid bestaan het nie. Maar soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in jul hele lewenswandel heilig word,” (1 Pet. 1:14&15).

Dit is in hierdie lewe waar ons met Christus leef waar ons eerder vreugde vind om die Gees te gehoorsaam as wat ons vreugde uit die begeerlikhede van die vlees te probeer put.

“MAAR ek sê: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie;” (Gal. 5:16).

‘n Lewe saam met Christus is nie iets wat miskien vir u ver in die toekoms lê nadat u die lewe hier op aarde verlaat het nie. ‘n Lewe in Christus is iets waarsonder u die koninkryk van God nie sal kan ingaan nie. Hy is die Lig wat vir ons die weg na ewige saligheid sigbaar maak. Laat ons saam met Hom in sy lig wandel.

“As ons sê dat ons met Hom gemeenskap het en in die duisternis wandel, dan lieg ons en doen nie die waarheid nie. Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar; en die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde.” (1 Joh. 1:6&7).

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 813 gaste aanlyn