NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

In elke geslag moet daar 'n dwaas wees wat die waarheid sal praat soos hý dit insien – Boris Pasternak.

‘Ν BETROUBARE MAN

Hannes Ollewagen

Spr. 28:1-28

“’n Betroubare man is ryk aan seëninge; maar hy wat haastig is om ryk te word, sal nie ongestraf bly nie.” (:20).

Hoeveel betroubare mense ken u? Dit is eintlik skrikwekkend, né? Wanneer u op hierdie oomblik dink aan al die honderde, dalk duisende mense met wie u bekend is en hoe min name na vore kom wanneer u na ‘n betroubare karakter moet wys.

Wanneer ek hoor van betroubaarheid, van getrouheid, is die bekende gesegde van CJ Langenhoven dikwels in my gedagtes:

“Gee my ‘n man wat sê wat waar is as die duiwel daar is; wat doen wat reg is as die regter weg is; wat trou by sy gewete bly as hy straf in plaas van beloning kry.”

Hierdie tipe mense is yl gesaai. En dit is juis hierdie soort manne, betroubare manne wat ‘n volk nodig het om hom stewig te anker. Dit is betroubare manne wat in ‘n volkshuishouding ‘n goeie voorbeeld stel en sterk leiding neem.

“Maar kies jy uit die volk bekwame manne wat God vrees, betroubare manne wat onregverdige wins haat. En stel dié aan oor hulle: owerstes oor duisend, owerstes oor honderd, owerstes oor vyftig en owerstes oor tien;” (Ex. 18:21).

Ons lees ook in 1 Samuel 3:20 van Samuel se betroubaarheid as ‘n profeet van die Here.

“En die hele Israel van Dan tot Berséba het erken dat Samuel betroubaar was as ‘n profeet van die HERE.” (1 Sam. 3:20).

Daar word ook van Paulus in 1 Kor. 7:25 getuig dat hy betroubaar is.

“…maar ek gee my mening as iemand wat deur die barmhartigheid van die Here betroubaar is.”

En dit is tog duidelik dat God ‘n groot welbehae aan hierdie eienskap het. Ons lees immers in Gal. 5:22 dat getrouheid ‘n vrug van die Gees is.

“Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing.”

Daarteenoor leer ons van God se afkeur in ontrouheid wanneer ons van Saul se lewe lees in 1 Kron. 10:13:

“En Saul het gesterwe weens ontrou wat hy teen die HERE begaan het, …”.

Geliefdes, dit is nie alleen mense in leiersposisies wat getrou moet wees nie. Ons as kinders van God moet betroubaar wees. Ons streef immers om aan sy Beeld gelyk te word. En dink aan die voorbeeld van betroubaarheid wat Christus Jesus vir ons gestel het. Getrou aan God die Vader in selfs die mees vernederende omstandighede! Dit waartoe God Hom geroep het, die opdrag wat God aan Hom gegee het, het Hy getrou nagekom.

Ek en u geliefdes, behoort ook daarna te streef om betroubaar voor God te leef. Ons moet betroubaar wees as manne wat die hoof is van ‘n huishouding. Ons behoort op betroubare wyse die Woord van God in ons huise in waarheid en op gereelde grondslag te verkondig. Ons behoort as priester konings van ons huise op betroubare wyse ons kinders te tug en te vermaan volgens die opdrag wat ons van God ontvang.

“En vaders, moenie julle kinders vertoorn nie, maar voed hulle op in die tug en vermaning van die Here.” (Efés. 6:4).

Vrouens, dit is ook julle verantwoordelikheid om betroubaar te wees. ‘n Betroubare hulp vir jou man soos God jou daartoe geskape het – nie om oor hom te heers nie, maar om hom te ondersteun. Dit is nie jou plek om hom te verneder nie, maar te ondersteun. Dit is dalk in die oë van die wêreld ‘n groot prestasie om ‘n beter loopbaan as jou man te hê en meer geld as hy te verdien. Dit is in God se oë geen prestasie om jou man en kinders te verwaarloos ten einde jou eie begeertes te bevredig nie. Dit is in God se oë geen prestasie om ontrou aan jou huisgesin te wees en jou plig te versaak nie, maar eerder om jou verantwoordelikheid betroubaar na te kom.

“...sodat hulle die jong vroue kan leer om versigtig te wees, hulle mans en kinders lief te hê, ingetoë te wees, kuis, huislik, goed, aan hul eie mans onderdanig, sodat die woord van God nie belaster word nie.” (Tit. 2:4&5).

Dit is geen prestasie, liewe kinders, om jul ouers nie te respekteer nie. Daar is duisende kinders van ons tyd wat daarin slaag om só, ontrou aan God se Woord te wees. Daar is duisende kinders wat daarin slaag om hul ouers met minagting te behandel. Daar is duisende kinders van hierdie wêreld wat as onbetroubare navolgers die verordening van God se Woord verloën deur ongehoorsaam aan hul ouers te wees. En ek wil dit vir julle weer sê, ek wil dit vir julle onomwonde stel dat dit geen prestasie is nie. Inteendeel, dit is iets waaroor jy jouself baie diep behoort te skaam. Die feit dat jy as ‘n kind nie respek betoon aan die pa en/of ma wat God met gesag beklee het en oor jou aangestel het nie is ‘n aanduiding dat jou respek vir God ook nie op die standaard is waar dit hoort nie. Dit is veel eerder ‘n prestasie om jou ouers te respekteer en te gehoorsaam. Kyk maar hoe min kinders daarin slaag om in hierdie saak betroubaar te wees!

Geliefdes, ons is haastig om oor die lot van ons volk hier aan die suidpunt van Afrika te kla en te murmureer. Dit is dalk ook nodig dat ons introspeksie doen oor wat ons aandeel in ons treurige toestand is, want sodoende staan ons die kans om hierop te verbeter. ‘n Onbetroubare volk is ‘n onstandvastige volk. En ons as ‘n Gelofte volk is ‘n onbetroubare volk wanneer ons nie die insettinge van ons God nakom nie. Ons moet besef dat indien ons begeer om standvastig hier ter plaatse geanker te wees ons ook ons volkshuishouding met boustene van betroubaarheid moet bou.

“Mem. Die werke van sy hande is trou en reg; Noen. Al sy bevele is betroubaar.” (Ps. 111:7).

“Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met ‘n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het.” (Matt. 7:24).

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 472 gaste aanlyn