NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Moses sê aan sy volk om kleinvee te slag vir die pasgaviering en die bloed aan hulle deurposte te smeer sodat die engel van die Here verby sal gaan en nie ook hulle eersgeborenes te laat sterf soos hy met die Egiptenare doen nie. Moses maan die volk ook om die pasgaviering geslag na geslag te onderhou as heilige instelling uit dankbaarheid dat hulle gered is en nie deur die dood daar in Egipte getref is nie. Presies so verwag die Here van al sy kinders, geslag na geslag, om uit dankbaarheid dat Hy ons van die ewige dood met sy kruising gered het, nagmaal keer op keer te vier as teken en seël van die nuwe lewe wat ons ontvang het.

DIE KLEED WAT MET SONDE BEVLEK IS

Hannes Ollewagen

Judas : 17-25

“...maar ander moet julle met vrees red deur hulle uit die vuur te ruk; en ook die kleed moet julle haat wat deur sonde bevlek is.” (:23).

Die propaganda van die Nuwe Wêreldorde leer ons dat ons alles en almal moet liefhê en alles en almal moet verdra. Hierdie is gewoon ‘n baie slinkse plan van Satan waarin hy sy dienaars inspan om enige weerstand teen en weersin in sonde en ongeregtigheid af te breek. Hy weet dat indien hy hierin sou slaag hy die mens kan oortuig dat hy nie eintlik ‘n vyand van die mens is nie. Hy sal homself voordoen as hierdie gawe een wat jou nie veroordeel nie en jou net altyd in die gehoor streel. Hy laat jou goed voel oor jouself deur aan jou te vertel wat jy wil hoor – of dit tot jou beswil is of nie. Hy sal homself as ‘n engel voordoen waarvoor die mens geen vrees hoef te koester nie.

“En geen wonder nie! Want die Satan self verander hom in ’n engel van die lig.” (2 Kor. 11:14).

Wee hom wat nie op sy hoede is vir hierdie bedrieglike vyand nie! Is dit nie presies op hierdie wyse dat die satan vir Eva verlei het nie? Hy het homself nie as ‘n skadelike gedrog voorgedoen waarvoor sy onmiddellik op vlug geslaan het nie!

Ek dink dat ons met redelike sekerheid kan getuig dat daar geen groter vyand is as daardie een wat nie as sulks beskou word nie. Vandaar die bekende spreekwoord – “Die makste hond byt die seerste.” Nou is dit presies waarin die satan ook in ons tyd slaag. Hy oortuig die mense van ons tyd dat hy mak en onskadelik is. Daar is geen rede om hom te vrees nie. En elkeen wat hierdie leuen glo, ja al sit u ook elke Sondag in die kerk, maak die Woord van God tot leuenaar omdat Hy presies die teenoorgestelde van Satan getuig.

“Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ’n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind.” (Jak. 5:6).

Die satan wil die mens laat glo dat ons in ‘n tyd van groot vrede leef. Ons word tog nie met ‘n dreigende oorlog in die gesig gestaar nie? Is u seker hiervan? Ek verskil. ‘n Oorlog word aan verwoesting en ellende gekenmerk. En as ons dan in geen oorlog gewikkel is nie – as daar dan geen skerp aanval van die satan is nie – hoe verduidelik ons die volgende:

Ø  Hoe verduidelik ons die ontsettende hoeveelheid gebroke huwelike?  Huwelike wat vernietig is – was dit nie Satan se vernietigingswerk nie?

Ø  Hoe verduidelik ons die bykans algehele verwoesting van heilige instellings van God soos die Sabbat, die huwelik tussen een man en vrou, en dies meer?  Die gawe, skadelose ou duiwel sal tog nie so iets doen nie?

Ø  Hoe verduidelik ons die ekonomiese vernietiging wat wêreldwyd posgevat het a.g.v. mense se hebsug, gierigheid en magsug?  Dit is tog nie die gawe, skadelose ou duiwel wat hierdie mense daartoe aangehits het nie? 

Ø  Hoe verduidelik ons die mishandeling van kinders deur hulle gesonde tugtiging deur wetgewing te ontneem?  Die gawe, skadelose ou duiwel sal tog seker nie wil sien dat ‘n kind tugteloos groot gemaak word nie, want dit sal sy stryd om hierdie

Ø  Hoe verduidelik ons die hoeveelheid mense wat in verslawing van dwelms, drank, verdowingsmiddels, medikasie, pornografie, dobbelary en dies meer vasgevang is?  Is dit die gawe ou duiwel wat sien dat hulle hul lewens geniet of is dit die skadelike, brullende leeu wat hulle eersgenoemde laat glo terwyl hy hulle in hul siel uitmekaar skeur?!

Geliefdes, as u werklik glo dat daar nie ‘n oorlog rondom ons woed nie en dat die satan en sonde onskadelik is, stel ek dit vir u onomwonde dat u heeltemal te min tyd daaraan spandeer om God se Woord te bestudeer. U verkwis bes moontlik gans en al te veel tyd aan televisieprogramme, YouTube en dergelike vermaak dat u nie eers die gevaar rondom u bemerk nie. Indien u hoor dat daar ‘n dief besig is om by u huis in te breek, sal u nie inderhaas ‘n plan beraam om op te tree om u en u geliefdes teen leed te beskerm nie? Indien u dan vandag hoor dat die satan soos ‘n dief en rower lê en loer om u geliefdes se siel vir die verderf te steel, is u nie veronderstel om daadwerklik op te tree nie?

Ek en u kan gerus by koning Dawid gaan leer dat dit nie ‘n sonde is om die ongeregtigheid en vyande van God te haat nie.

“HERE, sou ek dié nie haat wat vir U haat, en ’n afsku hê van die wat teen U opstaan nie? Ek haat hulle met ’n volkome haat; vyande is hulle vir my!” (Ps. 139:21&22).

Ons moet besef dat dit die kosbare bloed van ons geliefde Here Jesus Christus gekos het om my en u lewenskleed skoon te was.

“…Aan Hom wat ons liefgehad het en ons van ons sondes gewas het in sy bloed” (Open. 1:5).

Sou ons nie die satan daarvoor haat dat hy alles in sy vermoë doen om weer hierdie spierwit, rein kleed te bevlek nie? Indien dit werklik vir ons kosbaar is, sal ons dit tog ten alle koste wil koester nie waar nie?

Dit is baie belangrik dat ons begin verstaan dat die satan nie so onskadelik is as wat hy homself voorgee om te wees nie. En ewe belangrik dat God nie so “oraait” met die sonde is as wat ons mensdom vandag wil glo dat Hy is nie. Hy beveel ons om die kleed wat met sonde bevlek is te haat. Ons moet m.a.w. ‘n baie sterk afsku daarvan hê. Ons behoort ‘n weersin daarteen te hê. Ons moet daarmee niks te make wil hê nie.

“… en moet ook nie met die sondes van ander gemeenskap hê nie. Hou jou rein.” (1 Tim. 5:22).

Ons moet dit van ons af wegwerp.

“En as jou hand jou laat struikel, kap dit af. …” (Mark. 9:43).

Ons hoef nie ons sondes vir die Here te probeer verberg nie omdat Hy dit haat nie. Dit sal ons tot geen heil strek nie. Eerder behoort ons daardie vuil kleed voor sy voete te lê. Dit moet ons doen met die ware besef van ons oortreding en ons verkeerdheid. Dit moet ons doen met ‘n ware berou omdat ons die kleed wat Hy ons aangetrek het besoedel en bevlek het. En ons behoort Hom te pleit om hierdie kleed wat ons besoedel en bevlek het van ons weg te neem en skoon te was om daarna aan ons ‘n nuwe, skoon kleed te gee.

“Daarop het Hy aangehef en gesê aan die wat voor Hom staan: Neem die vuil klere van hom weg. Toe sê Hy vir hom: Kyk, Ek het jou skuld van jou weggeneem, en Ek beklee jou met feesklere. Daarop sê ek: Laat hulle ’n rein tulband op sy hoof sit. En hulle het die rein tulband op sy hoof gesit en hom die klere aangetrek, terwyl die Engel van die HERE daarby staan.” (Sag. 3:4&5).

Diegene wat ware waardering vir hierdie nuwe, rein kleed het, sal dit koester. En hulle sal die ou, vuil kleed wat met sonde bevlek is, haat. Maar wee hulle wat volhou om in die vuil kleed te wandel en dit aan te kleef. Hulle sal in die dag van oordeel besef dat alleen diegene wat met Hom in rein klere wandel toegang tot sy ewige heerlikheid verleen word! Hulle sal dan sekerlik skielik ‘n weersin in hierdie besoedelde kleed ontwikkel, maar dit sal te laat wees. . .

Amen.

ü  Hoe verduidelik ons die ontsettende hoeveelheid gebroke huwelike?  Huwelike wat vernietig is – was dit nie Satan se vernietigingswerk nie?

ü  Hoe verduidelik ons die bykans algehele verwoesting van heilige instellings van God soos die Sabbat, die huwelik tussen een man en vrou, en dies meer?  Die gawe, skadelose ou duiwel sal tog nie so iets doen nie?

ü  Hoe verduidelik ons die ekonomiese vernietiging wat wêreldwyd posgevat het a.g.v. mense se hebsug, gierigheid en magsug?  Dit is tog nie die gawe, skadelose ou duiwel wat hierdie mense daartoe aangehits het nie? 

ü  Hoe verduidelik ons die mishandeling van kinders deur hulle gesonde tugtiging deur wetgewing te ontneem?  Die gawe, skadelose ou duiwel sal tog seker nie wil sien dat ‘n kind tugteloos groot gemaak word nie, want dit sal sy stryd om hierdie

ü  Hoe verduidelik ons die hoeveelheid mense wat in verslawing van dwelms, drank, verdowingsmiddels, medikasie, pornografie, dobbelary en dies meer vasgevang is?  Is dit die gawe ou duiwel wat sien dat hulle hul lewens geniet of is dit die skadelike, brullende leeu wat hulle eersgenoemde laat glo terwyl hy hulle in hul siel uitmekaar skeur?!

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 815 gaste aanlyn