NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Dank God dat die toekoms van ons volk nie in die hande van heidene berus nie, maar in SYNE!   Daarom gee ek op hierdie dag geen treë sonder Hom nie.  Met Hom loop ek tot aan die uithoeke van die aarde!

DIE LOF EN EER WAT HOM TOEKOM

Hannes Ollewagen

1 Kron. 29:10-30

“Aan U, HERE, kom toe die grootheid en die mag en die heerlikheid en die roem en die majesteit, ja, alles in hemel en op aarde; aan U, HERE, kom toe die koningskap en die selfverhoging as Hoof oor alles.En die rykdom en die eer kom van U, en U heers oor alles; en in u hand is krag en mag, en in u hand is dit om alles groot en sterk te maak.En nou, onse God, ons loof U, en ons prys u heerlike Naam.” (:11-13).

Koning Dawid, ‘n man wat onder sy tydgenote uitgestaan het. Hy was ‘n bekende naam in sy tyd. Koning Dawid, ‘n magtige heerser, ‘n groot koning oor ‘n groot volk. En wat hierdie man in die oë van God nog groter gemaak het, was juis sy nederigheid voor God. Ons lees in hierdie gedeelte hoedat hierdie groot, suksesvolle, roemryke koning aan die einde van sy lewe en regering die lof en eer van sy oorwinnings en prestasie voor die Here lê. Hy roem nie in sy eie krag, grootheid, vernuf of vermoë nie, maar erken dat hy hierdie dinge uit die Hand van God ontvang het. En God het hierdie man vir sy nederigheid liefgehad. God het ‘n afkeer in eiewaan, hoogmoed en ‘n mens wat in homself roem.

“Maar nou roem julle in jul grootpratery. Al sulke roem is verkeerd.” (Jak. 4:16).

Ons lees van soveel konings wat deur die grootheid van hul koningskap, oorwinnings en prestasies in hoogmoed en verwaandheid verval het. Wanneer dit gebeur, het hierdie konings begin dink dat hulle God nie meer nodig het nie. Hulle is in hul eie oë slim en sterk genoeg om hul eie en hul onderdane se heil uit te werk. Hulle wil die eer wat aan God toekom nie aan Hom gee nie, maar begeer die eer en roem vir hulself. En God laat ons mooi verstaan hoe groot sy weersin aan die verwaandheid van so ‘n mens is.

“En op ’n bepaalde dag het Herodes ’n koninklike kleed aangetrek en op die troon gaan sit en hulle toegespreek. Daarop het die volk hom toegeroep: ’n Stem van ’n god en nie van ’n mens nie! En onmiddellik het ’n engel van die Here hom getref, omdat hy die eer nie aan God gegee het nie; en hy is deur wurms verteer en het gesterwe.” (Hand. 12:21-23).

Dit is nie alleen die konings in die “Bybelse tyd” wat hierdie oortreding begaan het nie. Hulle was nie die enigste, nog die laaste mense wat God hierdeur gegrief het nie. Ons samelewing is vandag so behep met die mens se eie voorspoed, materiële welvaart en roem dat die eer van God byna uit ons gedagtes verdwyn. Ek noem sommer vir u ‘n baie praktiese voorbeeld. As daar derduisende mense is, ja ek praat nou van mense wat hulself as Christene beskou, wat verkies om op die Sabbat eerder hul tyd aan sport te wy as om met toewyding God se aangesig te soek, is hierdie mense nie aan dieselfde oortreding skuldig nie? Ons laat na om na die huis van die Here op te gaan om na sy Woord te luister, in gebed tot Hom te nader, om saam met ander gelowiges sy lof te besing en dit omdat ons so deur ons sporthelde en vermaaklikheidsterre bekoor is! ‘n Baie groot deel van ons volk beledig God op hierdie manier en ons wonder waarom die plae van God oor ons reën? Sou die Here ons volk seën terwyl ons Hom met soveel minagting bejeën? Sou Hy ons as ‘n volk eer terwyl ons nalaat om Hom te eer? God stel dit tog vir ons duidelik in die woorde van Jesaja 42:8 dat Hy die eer wat Hom toekom aan GEEN ANDER sal gee nie.

“EK is die HERE, dit is my Naam; en my eer sal Ek aan geen ander gee, of ook my lof aan die gesnede beelde nie.”

Ek sien deesdae dat daar oraloor mense is wat hulle rugby- en kriekethemde stukkend sny en skeur. En ek kry lekker – baie lekker! Dit is jammer dat dit so lank moes neem vir mense om hierdie punt te bereik, maar eerder laat as nooit. En mag die hoeveelheid mense wat hierdie afgodsbeelde verniel sommer daagliks vermeerder!   Ek kry ongelukkig nie die indruk dat hierdie mense se optrede uit geloofsoortuiging gebore is en omdat God Drie-enig se eer vooropgestel word nie, maar nietemin is die vernietiging van hierdie afgodsbeelde iets wat behaaglik is om te aanskou.

Dit is duidelik dat ‘n groot deel van die blanke bevolking in Suid-Afrika meer as keelvol is vir die valse beskuldiging wat ons oor eeue om die nek gehang is. Mense is keelvol vir die blatante mishandeling van ons volksgenote onder die voorwendsel van “regstelling van sogenaamde onregte uit die verlede”. Mense het genoeg gehad van die verwoesting en chaos wat oor die afgelope paar dekades deur Satan en sy knegte hier in ons vaderland aangerig is. Maar tog is daar soveel aksies wat geloods word en uiteindelik in die sand loop. En wat sou die rede hiervoor wees? Eenvoudig dat mense bewus raak van ‘n onhoudbare situasie, maar nie lank genoeg oor die oorsaak hiervan en oplossing daarvoor dink nie. Hierdie aksies is maar blote tekens van frustrasies – soos ‘n kind wat homself in woede op die vloer neergooi. Ongelukkig is daar weinig van hierdie aksies en bewegings wat op die vastigheid van geloof, oortuigings en beginsels gebou word. En daarom baie vinnig in die sand loop.

Ek en u sal moet besef hoe belangrik die eer van God werklik vir Hom is. En ons sal moet besef hoe groot die onreg is wat ons volk Hom aandoen deur nie aan Hom die nodige ereplek in ons volkshuishouding toe te staan wat ons in die Gelofte van 1838 aan Hom beloof het nie. Hy sal nie sy eer afstaan nie. Hy sal dit nie aan vermaaklikheidsterre of sporthelde nie ewe min as aan politieke afgode en mense van aansien afstaan. Ons doen God oneer aan om op die hulp en verlossing van ‘n mens te hoop eerder as op die krag van God!

“So sê die HERE: Vervloek is die man wat op die mens vertrou en vlees sy arm maak, terwyl sy hart van die HERE afwyk.” (Jer. 17:5).

Wanneer ons opnuut daarna streef om aan God die eer te gee wat Hom toekom, sal ons dalk minder “klein opskuddings uit frustrasie” sien waar daar een of ander mens is wat ‘n begeerte na aandag en eie eer het. Ons sal meer kragdadige gebeure sien wat ons toekoms ingrypend sal verander. Wanneer ons die eer aan Hom gee wat Hom toekom, sal ons met vrymoedigheid tot Hom om hulp kan roep en uit ons benoudheid verlos word!

“...en roep My aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp, en jy moet My eer.” (Ps. 50:15).

Is dit werklik vir ons volk so moeilik om hierdie offer aan God te bring? Sou ons werklik bereid wees om eerder ons volk se lewe te offer as om offers van dank, lof en eer aan God te bring?

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 907 gaste aanlyn