NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Die hoofroeping van 'n burgerlike regering in 'n sogenoemde christenland is om die openbare godsdiens in stand te hou en te beskerm. En vir sover as wat die staat orde handhaaf moet ons onderdanig wees aan so 'n menslike verordening. Maar wanneer die staat van ons verwag om God ongehoorsaam te wees, mag ons dit nie doen nie. As die staat God se koninkryk hier op aarde nie beskerm nie sal God self 'n einde daaraan maak wanneer dit Hom behaag.

SOEK DIE REG EN DOEN GOED

Hannes Ollewagen

Jes. 1:1-31

“Was julle, reinig julle, neem die boosheid van julle handelinge voor my oë weg, hou op om kwaad te doen,leer om goed te doen, soek die reg, beteuel die verdrukker, doen reg aan die wees, verdedig die saak van die weduwee. Kom nou en laat ons die saak uitmaak, sê die HERE: al was julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu; al was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol. As julle gewillig is en luister, sal julle die goeie van die land eet. Maar as julle weier en wederstrewig is, sal julle deur die swaard geëet word; want die mond van die HERE het dit gespreek.” (:16-20).

Geliefdes, getuig die woorde in vers 20 nie duidelik teen ons volk nie? Wanneer ons kyk na die statistiek van ons mense wat vermoor word, is dit tog vir ons duidelik hoedat ons volk deur die swaard geëet word. En die rede hiervoor word vir ons uitgespel – ons weiering om na die stem van onse God te luister en ons wederstrewigheid in die nakoming van sy gebooie.

Ons word deur die woorde van Jesaja gemaan om die reg te soek. Ons behoort moeite te doen om uit te vind en te vra, te ondersoek na wat vir God welbehaaglik is. Ons behoort ons lewens gereeld te ondersoek of daar nie miskien iets is waarin ek die Here teleurstel nie. Die Here verwag van ons veel meer as om net te sê dat ons in Hom glo en af en toe te bid en dalk ‘n stukkie uit die Woord te lees. En dit is ongelukkig die somtotaal van soveel volksgenote se geloofslewens.

Ons verkies ‘n gemaklike godsdiens waarin daar nie veel opoffering van ons hoef te wees nie. Die Here moet maar tevrede wees met wat ons bereid is om af te staan – ons sal nie bereid wees om te offer wat Hy vra nie. Ons “godsdiens” moenie van ons iets verwag nie, dit moenie vir ons “moeite” wees nie.

“En julle sê: Kyk, wat ’n moeite! En julle verag dit, sê die HERE van die leërskare; en julle bring geroofde en lam en siek diere — so bring julle dan die offer! Kan Ek dit met welgevalle uit julle hand aanneem? sê die HERE.” (Mal. 1:13).

Ek het in hierdie tyd van inperking in Suid-Afrika bykans daagliks van mense gehoor wat mor en kla omdat hulle nie by die drankwinkels kan uitkom of sigarette mag koop nie. Ek het tog net van enkeles gehoor wat daaroor besorgd was dat die samekoms van gelowiges afgeskeep word. Geen moeite is ontsien om drank en sigarette te bekom nie – selfs al was dit “onwettig”. En terselfdertyd is min tot geen moeite gedoen om toe te sien dat die samekoms van gelowiges realiseer nie. Ja, ek wonder of daar moeite gedoen is om ten minste tuis tot die Here te nader en uit sy Woord te leer en of hierdie tyd elke week maar eerder op NetFlix of YouTube gemors is? Hoe sal ons leer om goed te doen as hierdie ons houding is?

Geliefdes, die Here vermaan sy volk deur die mond van Jesaja om ag te gee daarop dat ons Godsdiens oor meer gaan as net die slaafse navolging van insettinge en verordeninge. Die Here stel dat Hy sat is van die volk se feeste en offers, Hy is sat van hulle slaafse navolging van reëls terwyl hulle nalaat om goed te doen. Hy verwag van ons om te soek na wat reg is en om dit te doen. Hy verwag dat ons sal vra na dit wat in sy hart is en dit sal najaag.

“…Welgeluksalig is die man wat die HERE vrees, Bet. wat ’n groot welbehae in sy gebooie het.” (Ps. 112:1).

Geliefdes laat ons luister na die wonderlike uitnodiging van die Here in ons gelese gedeelte. Laat ons na stille oordenking van ons tekortkominge dit nie ignoreer nie maar daarmee na Hom gaan. Laat ons na die Here gaan om die saak uit te maak. Laat ons ons ongeregtighede by die naam noem en voor Hom lê. Ja, as ek en u na stille oordenking ons eie lewe as ‘n besoedelde kleed sien wat skynbaar nooit weer kan wees soos dit was nie is daar vir ons hoop. En wanneer ons hierdie besoedelde kleed sien en erken dat ons dit self nooit weer sal kan skoon kry nie is daar selfs groter hoop. En wanneer ons dan hierdie besoedelde kleed voor die voete van onse Here Jesus Christus neerlê met ‘n opregte pleidooi om dit in sy bloed vir ons te was is daar nie meer hoop nie, maar REDDING vir ons geliefdes!

Mag ek en u in hierdie oggend daadwerklik ag gee op hierdie uitnodiging van die Here. En mag ek en u opnuut gereinig word en skoongewas word van ons oortredinge. Mag ons met ‘n opregte hart na Hom gaan om van ons sondes gereinig te word, maar ook om deur Hom onderrig en geleer te word om goed en reg te doen!

Amen.

Opsoek na inligting?

  •  Indien u Gelofteland se daaglikse hoofartikel per epos wil ontvang, stuur u versoek na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    _____________________

    BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 572 gaste aanlyn