NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons sterf nie soos diere nie.  Jesus gee ons die belofte dat ons aardse lewe nie die enigste lewe is nie.  Daar wag ‘n heerlike hiernamaalse lewe op alle gereddes.

DIE AARDE BEHOORT AAN DIE HERE...

... EN DIE VOLHEID DAARVAN!

Hannes Ollewagen

Ps. 24:1-10

“…Die aarde behoort aan die HERE en die volheid daarvan, die wêreld en die wat daarin woon; want Hý het dit gegrond op die seë en dit vasgestel op die strome.” (:1&2).

Hoe mooi is hierdie belydenis van Dawid nie, geliefdes – ‘n opregte erkenning van die heerskappy van God oor alle dinge. Ja, en soveel mooier word hierdie belydenis wanneer ons God se Woord bestudeer en dieselfde belydenis raaklees wat deur ander gelowiges en diensknegte van God gemaak is. Soos wat Dawid hierdie belydenis gemaak het, hoor ons ook deur die mond van Moses hierdie belydenis.

“Kyk, aan die Here jou God behoort die hemel, ook die hoogste hemel, die aarde en alles wat daarin is.” (Deut. 10:14).

Moses het hierdie belydenis selfs ook voor ‘n heidense koning, die Farao van Egipte, gemaak.

“…sodat u kan weet dat die aarde aan die Here behoort.” (Ex. 9:29).

En Paulus weerhou homself ook nie daarvan om in sy brief aan die gemeente van die Korinthiërs hierdie belydenis te maak nie.

“Want die aarde behoort aan die Here en die volheid daarvan.” (1 Kor. 10:26).

Hoe kan daar enige twyfel oor hierdie saak wees wanneer dit soveel male bevestig word? ‘n Saak staan vas, dit is onbetwisbaar die waarheid, in die mond van twee of drie getuies.

“…In die mond van twee of drie getuies sal elke woord vasstaan.” (2 Kor. 13:1).

En so bevestig God die waarheid van hierdie saak in die mond van verskeie getuies.

Ek wonder hoeveel mense in ons tyd nog werklik aan hierdie waarheid glo? En wat my laat wonder, geliefdes, is die optrede van mense. Ja, die mens van ons tyd wat leef asof daar geen God is nie – asof ons nie eendag voor Hom gaan staan om verantwoording te doen oor ons lewe en optrede hier op aarde nie. Ja, oor die manier waarop ons sy Skepping behandel het nie. En sy Skepping sluit ander mense en ook myself en my eie lewe in. Dit alles behoort aan Hom – die aarde EN DIE VOLHEID daarvan. Ons sien deur die mens se optrede sy minagting vir God. Hy wat ons leer van ‘n kuise huwelikslewe tussen man en vrou soos wat dit deur God geskape is. En daarenteen word verhoudings van dieselfde geslag aangemoedig en selfs deur owerhede “gewettig”. God se Woord wat moord verbied, maar tog sal owerhede aborsies “wettig” verklaar. En dergelike dinge van dieselfde aard sien ons oraloor. Daardie optrede sê tog eintlik “God, ons glo nie dat U heerskappy voer oor die aarde nie – ons sal volgens ons vleeslike begeertes handel.”

Geliefdes, ons sien ongelukkig nie net hierdie minagting van God in wêreldheersers se optrede nie. Dit is ongelukkig ook onder gewone mense sigbaar – ja, selfs kerkmense. Wanneer ‘n mens luister na die gesprekke wat sommige mense voer en die begeertes wat hulle nastreef, wonder ‘n mens menigmaal of hierdie mense hulself aan God se heerskappy onderwerp. Wanneer ons kyk na mense se versuim om hul verantwoordelikhede na te kom, wonder ‘n mens of hierdie mense werklik aan God se heerskappy oor hul lewens glo. Hoeveel mans sien ons vandag wat al mooi groot is en selfs pappas is wat nog tot laatnag sit en “playstation” speel terwyl hul kinders ‘n gebrek het aan ‘n goeie kennis van God? Is dit hoe ‘n man optree wat homself onderworpe aan God se gesag beskou? Sal God tevrede wees met jou werk as jy ure van jou lewe op sulke nuttelose snert spandeer het en jou kind se siel verlore gaan omdat hy nie na behore opgevoed is in die jare waarin God hom/haar in jou hande toevertrou het nie? Ek verstaan nie so uit God se Woord nie, geliefdes.

“En vaders, moenie julle kinders vertoorn nie, maar voed hulle op in die tug en vermaning van die Here.” (Efés. 6:4).

God leer ons om die tyd uit te koop, geliefdes en nie op sinnelose gemors te verspil nie.

“...en koop die tyd uit, omdat die dae boos is.” (Efés. 5:16).

Wanneer ons luister na die verhoudinge tussen mense wonder ons ook waar die agting vir God se heerskappy oor alles is. Is dit nie so dat God ons as hoogste van die gebooie stel dat ons Hom en daarnaas mekaar moet liefhê nie?

“En die skrifgeleerde sê vir Hom: Goed, Meester, U het met waarheid gesê dat God een is en daar geen ander is as Hy nie;en om Hom lief te hê uit die hele hart en uit die hele verstand en uit die hele siel en uit die hele krag, en om die naaste lief te hê soos jouself, is meer as al die brandoffers en die slagoffers.” (Mark. 12:32&33).

Wanneer ons dan hierdie gebod van naasteliefde agter ons rug werp, sal ons met reg kan sê dat ons werklik vir Hom agting het en sy heerskappy oor alles, ook my eie lewe, erken? Is ‘n versuim van hierdie gebod nie ook maar ‘n ontkenning van my onderwerping aan God se heerskappy nie? Ja, is dit nie selfs ‘n teken van my gebrek aan liefde vir God self nie?

“As iemand sê: Ek het God lief — en sy broeder haat, is hy 'n leuenaar; want wie sy broeder wat hy gesien het, nie liefhet nie, hoe kan hy God liefhê wat hy nie gesien het nie? En hierdie gebod het ons van Hom dat hy wat God liefhet, ook sy broeder moet liefhê.” (1 Joh. 4:20&21).

Dit is dalk nodig dat ons ook besin oor die boodskap wat ons lewens uitstuur, geliefdes. Is dit ‘n boodskap van die erkenning van God se gesag oor die ganse heelal en ook oor my eie lewe, of is dit ‘n boodskap van minagting van God en ‘n ontkenning van sy gesag? Dit is nie nodig dat u hierop antwoord nie. U lewe sal die antwoord hierop wees. Ja, soos met die liefde kan die antwoord van die mond bedrieglik wees, maar die antwoord deur optrede verklap altyd die waarheid!

“My kinders, laat ons nie liefhê met woorde of met die tong nie, maar met die daad en in waarheid.” (1 Joh. 3:18).

Amen.

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 836 gaste aanlyn