NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Om getrou jou daaglikse werk te doen en verantwoordelikhede na te kom bring gemoedsrus en vrede. Die nalaat van doelgerigte arbeid beroof 'n mens van sy vrede wat van hom 'n beskaafde mens maak.

WANDEL LANGS DIE WEG VAN DIE HERE

Hannes Ollewagen

Spreuke 3:1-35

“Ken Hom in al jou weë, dan sal Hý jou paaie gelykmaak.” (:6).

Ons moet baie versigtig wees hoe ons met hierdie woorde van God handel, geliefdes. ‘n Mens sien so maklik dat mense ‘n mooi belofte soos hierdie, ‘n wonderlike versekering soos hierdie, kan probeer buig om hul in die gehoor te streel. Maar tog, geliefdes, die mens kan probeer buig en verander aan God se woorde soos hy wil, daar is geen sterfling wat Hom daardeur sal kan dwing om na die mens se hart te handel nie. Daar is geen wese wat God sal kan dwing om te doen wat nie in sy hart is nie. En daarom is dit belangrik om die Woord van God te gebruik om daaruit te leer wat in God se hart is sodat ons daarvolgens voor sy Aangesig kan wandel. Ja, dit behoort ons eerder te doen as om die Woord van God te probeer misbruik en teksverse te probeer verdraai om God te vertel wat Hy eintlik behoort te doen. Het die mens werklik so verwaand geraak dat ons dink ons kan die Heilige en Almagtige God wat die hemel en aarde geskape het as raadgewer bystaan?

Geliefdes, dit is duidelik wat die Here se bedoeling in hierdie teksvers is. Hy belowe nie dat Hy al ons planne sal laat geluk mits ons onthou om Hom net altyd daarvan in te lig nie. Maar Hy beloof aan ons sy bystand wanneer ons in stille ootmoed en gehoorsaamheid die lewensweg volg wat Hy vir ons aanwys. Hy wil nie hê dat ons Hom van die weg wat ons besluit het om in te slaan net bloot moet inlig nie. Hy wil hê dat ons na Hom vir aanwysings moet opkyk. Hy wil hê dat ons sal vra na die weg wat Hy vir ons aanwys en dit dan soos gehoorsame kinders navolg.

“Ek wil jou onderrig en jou leer aangaande die weg wat jy moet gaan; Ek wil raad gee; my oog sal op jou wees.” (Ps. 32:8).

Ja, wanneer ons in ootmoedige gehoorsaamheid die weg van die Here volg kan ons op sy hulp en bystand steun. Dit beteken nie dat ons nie langs hierdie weg teëspoed sal teëkom nie, maar dit beteken wel dat ons nie alleen hierdie teëspoed hoef te trotseer nie.

As jy deur die water gaan, is Ek by jou; en deur die riviere – hulle sal jou nie oorstroom nie; as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie, en die vlam sal jou nie brand nie.” (Jes. 43:2).

Geliefdes, hoe maklik word my en u hart nie deur die dinge van hierdie wêreld bekoor nie. Ja, ook mense wat God se wil in hul lewens voor oë stel struikel hierin. Dink maar aan Bíleam wat God tog geraadpleeg het en selfs met die eerste besoek van die dienaars van die koning van Moab hierdie mense weggestuur het. En nadat hy met hul tweede besoek saam met hulle weggetrek het, het God langs die pad as sy teëparty aan hom verskyn.

“…Kyk, Ek self het uitgegaan as ‘n teëparty, want jou weg loop gevaarlik steil in my oog!” (Núm. 22:32).

Hoe word Bíleam nie gewaarsku teen die gevaarlike weg waarop Hy wandel waar God hom as sy teëparty eerder as ‘n reddende God tegemoetkom! Laat dit vir ons as duidelike les dien dat ons God langs elke weg van begeerlikheid wat ons inslaan as ‘n hulp kan saam sleep nie, geliefdes. God stel dit duidelik dat ons tevergeefs na Hom sal roep en vra wanneer ons in eiewysheid optree.

“Daarom vrees die mense Hom; almal wat eiewys is, sien Hy nie aan nie.” (Job 37:24).

Geliefdes, praat ek onwaar wanneer ek vanoggend sê dat die grootste deel van die Afrikanervolk vandag, in die jaar 2021, ook rusteloos ronddwaal asof ons sonder rigting is? En het ons nie juis verdwaal omdat ons God nie voor oë gehou het en ons oog nie gedurigdeur op Hom vir leiding gevestig het nie? Ons het gedink dat ons ons eie lot kan bepaal en dat daar vir ons in hierdie wêreld groter heil as by Hom is. Ons het dalk in dwaasheid gedink dat ons weg aan onsself toebehoort.

“Ek weet, o HERE, dat aan die mens sy weg nie toebehoort nie; nie aan ‘n man om te loop en sy voetstappe te rig nie.” (Jer. 10:23).

En hoe steil loop ons weg vandag nie. Dit het ons gebring by ‘n afgrond van moedeloosheid vir almal wat nie die God sien wat ‘n weg oor ‘n afgrond, deur ‘n see en deur ‘n woestyn kan maak nie!

Geliefdes, mag ons vroeër as later (te laat?) tot die besef kom waar ons heil lê.

“Want so sê die Here HERE, die Heilige van Israel: In terugkeer en rus lê julle heil, in stil wees en vertroue bestaan julle krag; …” (Jes. 30:15).

Ja, mag ons ons oë opnuut tot Hom ophef vir ons leiding en mag ons ons harte in stille ootmoed rig dat ons sy stem sal kan hoor wanneer Hy aan ons leiding bied.

“...en jou ore sal ‘n woord agter jou hoor wat sê: Dit is die weg, wandel daarop! wanneer julle regs of wanneer julle links wil gaan.” (Jes. 30:21).

Mag ons Hom opnuut in al ons weë ken!

Amen.

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 720 gaste aanlyn