NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Moet u nie laat wysmaak dat almal voor die HERE gelyk is nie. Die HERE sonder vandag nog volke vir Hom af net soos Hy individue vir Hom uitsonder met wie Hy 'n besondere verhouding het; en sommige ander laat Hy geheel en al verlore gaan. Reeds in Núm 8 leer ons dat Hy opdrag gee dat die Leviete onder die kinders van Israel uit afgesonder word sodat hulle net die HERE s'n sal wees. Die Afrikanervolk is ook die HERE se spesiale volk; laat ons dan ons volkshart in geheel na Hom terugdraai sodat Hy ons weer sal begenadig in ons eie land.

BRING ONS OFFERS VAN DANK?

Hannes Ollewagen

Ps. 147:1-20

“Sing ‘n danklied tot eer van die HERE, psalmsing tot eer van onse God met die siter; wat die hemel met wolke oordek, wat vir die aarde reën berei, wat op die berge gras laat uitspruit, wat aan die vee hulle voedsel gee, aan die jong rawe as hulle roep.” (:7-9).

Geliefdes, is dankbaarheid nie ‘n eienskap wat in ons dae al meer skaars word nie? Die mens wie se gedagtes deur die humanisme besmet word, is in sy eie gedagtes op alles geregtig. En hoe sal ‘n mens dankbaar kan wees vir enigiets wanneer jy in alles voel dat jy in elk geval daarop geregtig is? Ons kan daarom met reg sê dat die humanisme reg teenoor die ware Christelike geloof staan. Die humanis verag God deur sy beskouïng dat hy ‘n reg op alles het. Hy stel hierdeur dat daar vir niks enige dank of eer aan God toekom nie. En dit is lynreg in teenstelling met die lering uit God se Woord. “Die een wat dank offer, eer My; ...” (Ps. 50:23).

Geliefdes, ten spyte van koning Dawid se foute en ook sy sondes teen God, het God hierdie man innig liefgehad. God het gesien dat Dawid Hom opreg liefhet en eer. Dink maar aan die lewe van koning Dawid. Hy wou uit dankbaarheid vir God se goedheid vir Hom ‘n huis bou. Hy het uit dankbaarheid vir God se goedheid en trou telkens sy dankoffers aan God gebring. Hy het uit dankbaarheid vir God se goedheid en trou vir God lofliedere en Psalms geskryf en in gebede sy diepe dankbaarheid voor God uitgespreek. Ja, geliefdes – koning Dawid was ‘n dankbare man.

Onse Here Jesus Christus het self sy misnoë t.o.v. ondankbaarheid in Lukas 17 te kenne gegee. Ons lees hier hoedat tien melaatse manne na Hom gaan met die versoek dat Hy hulle sou genees. En nadat Hy al tien hierdie manne genees het, was daar slegs een wat dit nodig geag het om God hiervoor te dank.

“Toe antwoord Jesus en sê: Het tien nie rein geword nie? En waar is die nege? Was daar niemand onder hulle te vinde wat omgedraai het om God te verheerlik behalwe hierdie vreemdeling nie?” (Luk. 17:17&18).

Hierdie een man het dit nodig geag om Hom as God te verheerlik en te dank terwyl die ander nege, ten spyte van die heerlikheid en krag van God wat hulle aanskou het, dit nie die moeite werd geag het om Hom in erkentenis te hou nie.

Geliefdes, onse Here Jesus Christus het selfs ook vir ons die voorbeeld gestel in sy dankbare optrede teenoor die Vader. Ja, wanneer Hy vir Lasarus uit die dood opwek, laat Hy nie ná om God te dank nie.

“...Vader, Ek dank U dat U My verhoor het;” (Joh. 11:41). En op dieselfde wyse leer Hy vir die skare dankbaarheid teenoor God daar waar Hy met vyf brode en twee visse vir duisende van kos voorsien. “...en Hy neem die vyf brode en die twee visse, kyk op na die hemel en dank; ...” (Matt. 14:19).

En tydens die laaste paasfees wat Hy saam met Sy dissipels gevier het, het Hy nie nagelaat om vir hulle ook hierin die voorbeeld te stel nie.

“En toe Hy ‘n beker geneem het, dank Hy en sê: Neem dit en deel dit onder julle.” (Luk. 22:17).

Die Here leer ons steeds vandag vanuit sy Woord hoe belangrik dankbaarheid vir Hom is. Ja, luister na die woorde van die Here uit Kol. 3:15&16:

“En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar. Laat die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid. Leer en vermaan mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere, en sing in julle hart met dankbaarheid tot eer van die Here.” Ja, so mooi stel die Woord dit vir ons in 1 Thess. 5:18 dat dankbaarheid die wil van God is. “Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle.”

Geliefdes, ondankbaarheid is geen geringe oortreding voor God nie. Luister hoe God hierdie oortreding saam met geldgierigheid, lastering en ander dergelike oortredinge skerp veroordeel.

“MAAR weet die, dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom. Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig, ...” (2 Tim. 3:1&2).

Laat ons ons van hierdie ondankbare wêreld duidelik onderskei met ‘n sigbare dankbaarheid teenoor God in ons lewens. Ja, laat ons in ‘n wêreld wat Hom met hul ondankbaarheid verag, aan Hom oorvloedige eer deur van dankbaarheid toebring.

Amen.

Opsoek na inligting?

  • UBUNTU; Herbedink

    Die gonswoord van 'n dekade of wat gelede, nl 'Ubuntu', het 'n mens nuuskierig gemaak. Wat sou die mooiklinkende woord: 'u-bun-tu' wat blykbaar oornag groot handelswaarde ontwikkel het, werklik beteken? Nadat Desmond Tutu in 'n videosnit die betekenis verduidelik het as:'I am because we are' en Bill Clinton daarop probeer verbeter het met: 'I am because you are', kon dit nie anders nie. Dié saak moes ondersoek word.

    Na 'n ompad deur Afrika en selfs die antieke geskiedenis, is weer in die eie tyd, by uitsprake van Mbeki, Tutu, Steve Biko en andere uitgekom. Daarna is na Ubuntu en die wêreldpolitiek gekyk, maar ook na 'n ubuntuplan en ekonomiese seifbeskikking met die oog op oorlewing.

    Die skrywer, Tobie Hart, slaag met hierdie werk om die leser te boei met aktuele inligting wat elkeen raak. Ook die voorblad, met reënboog en standbeeld praat met die leser.

    Die boek, teen R260-00 per harde kopie kan bestel word by: Groep 7 Drukkers Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..         Die boek is ook in Engels beskikbaar as Ubuntu: Re-invented

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1555 gaste aanlyn