NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons vra so graag vir God om hulp en vertel Hom al ons probleme, maar ons wonder dikwels waarom Hy ons nie antwoord nie. Gebed is 'n tweegesprek waar ons uit genade met God praat, maar waar ons ook in gehoorsaamheid moet luister. Ons moet leer om na sy Stem te luister sodat ons antwoorde op ons probleme sal vind.

IS U OPREG MET GOD

Hannes Ollewagen

Joh. 1:35-52

“Daarop sien Jesus Natánael na Hom toe kom en sê van hom: Hier is waarlik 'n Israeliet in wie daar geen bedrog is nie.” (:48).

Geliefdes, wat ‘n pluimpie is dit nie wat Natánael hier ontvang nie! Só ‘n kompliment van die Seun van God. Die oomblik toe Jesus hierdie man sien, maak hy meldig van hierdie kosbare eienskap van Natánael. Dit is duidelik dat hierdie vir Hom ‘n baie kosbare eienskap in ‘n mens is. Christus stel dit dat Hy kan sien dat daar geen bedrog in Natánael is nie. Hy kom na Christus met ‘n opregte gesindheid en nie met allerhande bybedoelings nie. Hy kom nie na Christus met sy eie motiewe of bedoelings nie, maar in waarheid. Hy is opreg.

Geliefdes, dit is nodig dat ons ook dikwels ons gesindheid teenoor God in oënskou neem. Ja, ons behoort onsself ook die vraag te stel of ons in ons verhouding met God waarlik opreg is. Die mens kan so maklik met valse motiewe en bybedoelings tot God probeer nader. Ons sien in ons tyd hoeveel mense “godsdiens” met ‘n valse motief bedryf, mense wat “God wil dien” omdat hulle graag deur Hom geseën wil word. Hulle wil Hom dien omdat hulle finansiële welvaart daardeur probeer bekom. Ander wil “God dien” omdat hulle daardeur groot sosiale aanvaarding geniet. Hulle geniet die bewondering en eer van mense meer as wat hulle na die wil en eer van God soek. Ja, daar is soveel mense in ons tyd wat hulle met “godsdiens” wil besig hou vir wat hulle hoop God vir hulle kan doen eerder as om Hom in opregtheid te dien vir Wie Hy is. Om Hom in waarheid en opregtheid te dien gewoon omdat Hy God is en omdat Hy alleen waardig is om aanbid, gedien en geëer te word.

Geliefdes, die Woord van God leer ons van die groot behae wat God in opregtheid het. Toe God besluit het om die hele aarde deur die sondvloed te vernietig, het Hy ‘n man geïdentifiseer wat genade in sy oë gevind het en gespaar sou word. Ja, God het Noag in genade aangesien. Noag was ‘n regverdige man. Noag was ‘n opregte man.

“Maar Noag het genade gevind in die oë van die Here. Dit is die geskiedenis van Noag. Noag was 'n regverdige, opregte man onder sy tydgenote. Noag het met God gewandel.” (Gén. 6:8&9).

Ons lees ook in 2 Sam. 22 van ‘n man na aan God se hart, koning Dawid, se opregte gesindheid teenoor God.

“Maar ek was opreg voor Hom, en ek was op my hoede vir my ongeregtigheid.So het die Here my dan vergelde na my geregtigheid, na my reinheid voor sy oë.By die liefderyke betoon U Uself liefderyk, by die opregte man opreg,” (2 Sam. 22:24-26).

Die HERE het in Deut. 18:13 aan Sy volk uitdruklik die bevel gegee dat hulle opreg met Hom moet wees. “Opreg moet jy wees met die Here jou God.” En dit is ook die profeet Jeremia wat in Jer. 5:3 getuig dat die HERE ‘n opregte gesindheid raaksien. “o Here, is u oë nie op opregtheid gerig nie? ...”. Ja, geliefdes, opregtheid – net soos gehoorsaamheid - is ‘n aanduiding van respek. En skynheiligheid of ‘n gesindheid met allerhande bybedoelings getuig daarenteen van ‘n gebrek aan respek. En dink u dat God enige behae het in ‘n mens, ‘n sterfling, ‘n nietige skepsel uit die stof van die aarde geskape, wat Hom as die Skepper van die heelal, die Ewig Lewende, die Alfa en die Oméga, die begin en einde van alle dinge, die Heilige en sondelose God, sonder respek behandel? Die antwoord is eenvoudig, geliefdes. Die antwoord van God aan Job in Job 38-41 lewer tog hiervan ‘n duidelike getuienis. Ja, luister na enkele woorde hiervan uit Job 41:1&2:

”NIEMAND is so vermetel, dat hy hom durf terg nie; wie is hy dan wat voor My sou standhou? Wie het eerste aan My gegee, dat Ek hom moet vergelde? Wat onder die ganse hemel is, is myne.”

God stel dit duidelik dat ‘n mens, ‘n sterfling, Hom nie sonder die nodige respek en agting sal behandel nie.

Geliefdes, kom ons ondersoek dan ook vandag ons eie harte om vas te stel of ons werklik met God opreg is. Is baie van ons “godsdienstige oortuigings” wat ons aanhang en navolg omdat ons werklik, opreg daarvan oortuig is dat dit God se goedkeuring wegdra? Of is dit omdat ons na ander mense se goedkeuring streef? Dien ek die Here vir dit wat ek graag van Hom wil verkry, vir dit wat Hy vir my kan doen, of dien ek die Here omdat ek met ‘n opregte hart daarvan oortuig is dat Hy alleen dit waardig is om as God gedien te word?

Amen.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1523 gaste aanlyn