NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Weet jy waarom jy soms aan 'onverklaarbare' angs ly? Gaan soek die rede by die moontlikheid dat jy jou hoop op dinge vestig wat nie noodwendig binne God se wil gesentreer is nie.

HOU JOU REIN

Hannes Ollewagen

1 Tim. 5:17-25

“…en moet ook nie met die sondes van ander gemeenskap hê nie. Hou jou rein.” (:22).

Geliefdes, ek dink dat ons meer gereeld hierdie vermaning uit die Woord van die HERE in ons tyd moet aanhoor. Hou jou rein. Moenie besmet en besoedel word nie. Bly skoon. Hou jou rein. Hou jou rein. Hou jou rein!

Daar is in ons tyd soveel dinge in hierdie wêreld wat ons kan bekoor. Dit is geld, daar is weelde, sukses, eer en ook ‘n lekker en gemaklike lewe – om maar net ‘n paar te noem. En wanneer ons deur hierdie dinge bekoor word, kan ons so maklik saam met ander mense in verkeerde dinge deelneem om agter hierdie bekoorlikhede aan te loop. Ons vergeet dan dat God die middelpunt van ons lewe is en dat al hierdie dinge gewoon gawes is wat ons uit sy Hand kan ontvang. Ons maak dan van hierdie dinge selfs die middelpunt van ons lewens en raak dikwels heeltemal aan ons eie sin en eie wil gebonde. En sodoende val ons in die strik van die duiwel.

“Laat niemand, as hy in versoeking kom, sê: Ek word deur God versoek nie. Want God kan deur die kwaad nie versoek word nie, en self versoek Hy niemand nie. Maar elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word.” (Jak. 1:13&14).

Die HERE het alreeds deur die mond van Moses aan sy volk hierdie opdrag gegee om daarteen te waak om nie saam met ander mense aan verkeerde dinge deel te neem nie.

“Jy mag die meerderheid nie volg in verkeerde dinge nie.” (Ex. 23:2).

En dan het Paulus nie alleen in sy brief aan Timótheüs hierdie opdrag van God oorgedra nie. Luister ook na die woorde uit 2 Kor. 6:14:”\

“Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid, en watter gemeenskap het die lig met die duisternis?”  
En hierdie opdrag om ons lewenskleed rein te hou, word verder deur die opdrag in Judas:23 beklemtoon:

"...en ook die kleed moet julle haat wat deur sonde bevlek is.”

Geliefdes, die satan wil ons lewenskleed so graag besoedel en met sonde bevlek. Ja, ons kleed wat in die kosbare bloed van onse Here Jesus Christus silwerskoon, spierwit gewas is. En hoe hartseer dat ons dit soms so maklik toelaat! Is daardie bloed waarin ons skoon gewas is dan nie vir ons kosbaar nie? Is daardie rein feeskleed wat ons van Hom ontvang het dan nie vir ons só kosbaar dat ons dit bo alles in goeie toestand en rein wil hou nie? Moet ons begeerte om deurgaans in rein feesklere voor die Aangesig van die HERE te wandel nie groter as enige ander begeerte in ons lewens wees nie, geliefdes? Luister na die gebeure uit Sag. 3:3-5 en dink daaraan hoe die HERE aan elkeen van ons wat waarlik tot geloof in Hom gekom het ook hierdie nuwe, rein feeskleed geskenk het. Ja, dink daaraan hoe Hy daardie vuil kleed van ons laat uittrek het. Daardie vuil, besmette kleed wat tot ons skaamte en spot gedien het. Hy het in die plek daarvan ons met ‘n rein, pragtige kleed beklee.

“En Josua was bekleed met vuil klere, terwyl hy voor die Engel staan. Daarop het Hy aangehef en gesê aan die wat voor Hom staan: Neem die vuil klere van hom weg. Toe sê Hy vir hom: Kyk, Ek het jou skuld van jou weggeneem, en Ek beklee jou met feesklere. Daarop sê ek: Laat hulle 'n rein tulband op sy hoof sit. En hulle het die rein tulband op sy hoof gesit en hom die klere aangetrek, terwyl die Engel van die Here daarby staan.”

Geliefdes, dink maar hoe dankbaar u sou wees in die geval waar ‘n weldoener aan u ‘n nuwe kleed geskenk het nadat u vir jare lank in ‘n stukkende, vuil, flenterkleed moes loop. Ja, ‘n kleed waarin almal met ‘n mate van afsku na u gekyk het. Ja, mense het u daarin met minagting aangekyk. Dink maar hoe dankbaar u sou wees wanneer hierdie kleed met ‘n pragtige, vlekkelose kleed vervang is. ‘n Kleed waarin mense eerder met verwondering as minagting na u kon kyk. ‘n Kleed waarin mense u sal aanstaar omdat die reinheid daarvan vir hulle so wonderlik en bekoorlik is. Ek dink dat elkeen van ons met alle mag daarna sou streef om hierdie kleed elke dag onbevlek te laat. Ja, ons sou selfs met geweld op enigeen aanval wat met moedswilligheid probeer het om hierdie kleed te bevlek eerder as wat ons met hulle sou hande vat en deelneem in die besoedeling daarvan!

Geliefdes, die kleed van ons lewe is nie een wat ons maar elke kort-kort met ‘n ander een kan vervang nie. Dit is ‘n kosbare kleed wat ons rein moet hou. Dink maar terug oor u lewe en die mense wat deel van u lewe in die verlede was. Hoe min van hierdie mense het regtig hul lewenskleed skoon gehou? En diegene wat dit bevlek het, het nie een geleentheid gehad om sommer gou ‘n nuwe kleed iewers in die hande te kry nie.

Mag hierdie woorde van die HERE ons opnuut laat besin oor die kosbaarheid van die reine lewenskleed waarmee Hy ons in Christus Jesus beklee. En mag ons met ywer daarna streef om hierdie kleed rein te hou. Ja, mag ons diegene wat spatsels en vlekke op hierdie kleed laat kom in ons lewe eerder vermy as om met hulle hande te vat en skaamteloos in die besoedeling daarvan deel te neem.

Amen.

Opsoek na inligting?

  • UBUNTU; Herbedink

    Die gonswoord van 'n dekade of wat gelede, nl 'Ubuntu', het 'n mens nuuskierig gemaak. Wat sou die mooiklinkende woord: 'u-bun-tu' wat blykbaar oornag groot handelswaarde ontwikkel het, werklik beteken? Nadat Desmond Tutu in 'n videosnit die betekenis verduidelik het as:'I am because we are' en Bill Clinton daarop probeer verbeter het met: 'I am because you are', kon dit nie anders nie. Dié saak moes ondersoek word.

    Na 'n ompad deur Afrika en selfs die antieke geskiedenis, is weer in die eie tyd, by uitsprake van Mbeki, Tutu, Steve Biko en andere uitgekom. Daarna is na Ubuntu en die wêreldpolitiek gekyk, maar ook na 'n ubuntuplan en ekonomiese seifbeskikking met die oog op oorlewing.

    Die skrywer, Tobie Hart, slaag met hierdie werk om die leser te boei met aktuele inligting wat elkeen raak. Ook die voorblad, met reënboog en standbeeld praat met die leser.

    Die boek, teen R260-00 per harde kopie kan bestel word by: Groep 7 Drukkers Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..         Die boek is ook in Engels beskikbaar as Ubuntu: Re-invented

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1472 gaste aanlyn