NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Wanneer daar pyn in jou lewe opduik kan jy seker wees dat dié God wat jy liefhet 'n doel daarmee het en dat Hy jou nooit bo jou kragte sal versoek nie. Jy kan vashou aan God se beloftes in sy Woord dat Hy altyd by jou sal wees in daardie pyn. Jy kan ook weet dat God baie maal pyn in jou lewe toelaat om jou te laat besef dat jy nie sonder Hom kan voortgaan nie, dat jy totaal van Hom afhanklik is.

ONS KRAG IS IN HOM

Hannes Ollewagen

Lukas 4:1-13

“EN Jesus het vol van die Heilige Gees teruggekeer van die Jordaan af, en is deur die Gees in die woestyn gelei, waar Hy veertig dae lank deur die duiwel versoek is;…”(:1&2).

Geliefdes, ons lees in 1 Kor. 15:45 van die eerste Adam en die laaste Adam wat teenoor mekaar gestel word.

“So is daar ook geskrywe: Die eerste mens, Adam, het ‘n lewende siel geword; die laaste Adam ‘n lewendmakende Gees.”

En dit laat ons dan ook dink aan die versoeking van Adam & Eva in die tuin van Eden wanneer ons vandag van die versoeking van Jesus lees. Die eerste Adam is versoek en hy het voor hierdie versoeking geswig. So is Christus tydens sy lewe op aarde ook in versoeking gebring, maar sonder om te swig; sonder om aan die begeerlikhede van die vlees toe te gee.

Geliefdes, wat is versoeking? Wanneer ons kyk na wat in die tuin van Eden asook in die woestyn waar Jesus versoek is gebeur het, sal ons sien dat versoeking die satan se poging is om die mens te oorreed om sy eie wil bo die wil van God te stel. Ons kan ook sê dat versoeking die satan se manier is om die mens te probeer oorhaal om sy eie begeertes bo die insettinge en verordinge van God te stel. En dit sal daartoe lei dat die mens sy eie vleeslike begeertes navolg terwyl die Woord en insettinge van God in die proses verontagsaam word.

“Maar elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word. Daarna, as die begeerlikheid ontvang het, baar dit sonde;...” (Jak. 1:14-15).

Ons lees dan ook in vandag se Skrifgedeelte hoe die satan op verskeie maniere probeer om vir Jesus oor te haal om in die strik van versoeking te trap. Hy probeer vir Jesus op allerhande maniere oortuig om die gebod van God opsy te skuif en aan sy eie wil toe te gee. Ja, die satan gaan selfs so vêr in hierdie proses as om vir Jesus uit die Skrif aan te haal waarom Hy aan die versoeking behoort toe te gee.

“Toe bring hy Hom na Jerusalem en stel Hom op die dak van die tempel en sê vir Hom: As U die Seun van God is, werp Uself hiervandaan neer. Want daar is geskrywe: Hy sal sy engele bevel gee aangaande U om U te bewaar, en hulle sal U op die hande dra, sodat U nie miskien u voet teen 'n klip stamp nie.” (:9-11).

Jesus volhard egter, vol van die Heilige Gees, in sy trou aan die Vader en gee nie aan ‘n enkele versoeking van die satan toe nie. Hy onderwerp Hom deurentyd aan God en weerstaan die duiwel wat dan ook uiteindelik van Hom wegvlug.

“Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug.” (Jak. 4:7).

En die loon hiervan is dat Hy hierna ook daar in die eensame woestyn die vreugde van die Vader se teenwoordigheid ervaar eerder as die eensaamheid van hulle wat aan die begeertes van die vlees toegee en voel asof hul van God verlate is.

“Daarna het die duiwel Hom laat staan, en daar het engele gekom en Hom gedien.” (Matt. 4:11).

Geliefdes, ons behoort die kosbare voorbeeld van Christus in hierdie saak ter harte te neem. Alhoewel die satan verskillende maniere of begeertes probeer gebruik het om Christus te versoek, het Hy deurgaans net een manier gevolg om al hierdie verskillende versoekings teen te gaan. Hy het in elke saak presies uit die Skrif geweet wat God se wil daaroor is en die satan daarop gewys. Hy het presies geweet wat die wil van God in elke saak was omdat dit vir Hom belangrik was om die wil van God te ken en te doen. Ja, dit is duidelik uit sy antwoorde en optrede dat dit vir Hom belangriker was om die wil van die Vader te doen as om sy eie wil te bevredig. Dit word tog ook vir ons in Markus 14:36 bevestig.

“En Hy sê: Abba, Vader, alle dinge is vir U moontlik; neem hierdie beker van My weg; nogtans nie wat Ek wil nie, maar wat U wil.”

In die tyd waarin ons leef is dit só, só, só belangrik om hierdie boodskap regtig ter harte te neem. Ja, ‘n tyd waarin selfs predikante en leraars al meewerk aan die satan se versoekings eerder as om mense volgens die eise van die Woord te onderrig. Ja, ‘n mens hoor waarlik van mense wat vertel hoedat ‘n predikant of leraar aan hulle gesê het dat hierdie of daardie “is nie wat God in sy Woord bedoel nie.” En op hierdie wyse hulle oorgehaal het om aan hul vleeslike begeertes toe te gee eerder as om aan die verordening van God gehoorsaam te wees. En so minag hierdie dwaalleraars die Woorde van die HERE uit Mal. 2:7:

”Want die lippe van 'n priester moet kennis bewaar, en uit sy mond word onderrig gesoek, want hy is 'n boodskapper van die HERE van die leërskare.”

Die leraar moet kennis bewaar – nie homself slimmer as God probeer hou nie!

Geliefdes, ons lees ook in die eerste vers van vanoggend se Skrifgedeelte dat Jesus – vol van die Heilige Gees – in die woestyn gelei is. Hy het nie alleen deur die kennis van die Woord die satan se versoekings weerstaan nie, maar ook deur die krag van die Heilige Gees. En ons sal ook nie sonder die krag van die Heilige Gees die satan kan weerstaan nie, geliefdes. Laat ons onsself volgens die kosbare voorbeeld van Christus met ware kennis van God en die Heilige Gees in ons harte toerus om sodoende die versoekings van die satan wat ook op ons gerig word te weerstaan. Die feit dat ons mense is, mense met sondige begeertes, is nie ‘n verskoning vir ongehoorsaamheid aan God nie. God stel dit duidelik in sy Woord dat hierdie begeertes van die vlees in botsing met sy Gees sal kom en terselfdertyd dat ons nie hieraan mag toegee om net te doen wat ons wil nie.

“...want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie.” (Gal. 5:17).

Geliefdes, mag ons ook ten bloede toe weerstand bied in ons stryd teen die sonde eerder as om regverdiging daarvoor te soek en daaraan toe te gee. Laat ons onsself daarop toespits om waarlik die wil van God uit sy Woord te ken en in die Gees te lewe, want hierin lê ons krag om die versoekings van die satan te weerstaan.

“MAAR ek sê: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie” (Gal. 5:16).

Amen.

Opsoek na inligting?

  • ‘n Nuwe boek deur doktor Mike du Toit het op die rak verskyn getiteld:

    ‘N ORGANIESE, EKONOMIESE EN POLITIEKE BESTEL

    VIR ‘N TOEKOMSTIGE AFRIKANERVOLKSTAAT

    Na Du Toit se oordeel het die kapitalisme en demokrasie ernstige tekortkominge en funksioneer dit tot nadeel van alle volkere wat wens om as organiese eenhede met ʼn eie identiteit te bestaan. Hierdie tekortkominge word in die boek uitgewys. Die kapitalisme en demokrasie berus op die liberale lewensbeskouing. As alternatief tot die liberalisme stel Du Toit die organiese lewensbeskouing. Lees alles wat u daaroor wil weet by hierdie skakel NUWE BOEK DEUR DR MIKE DU TOIT

    ______________

    UBUNTU; Herbedink

    Die gonswoord van 'n dekade of wat gelede, nl 'Ubuntu', het 'n mens nuuskierig gemaak. Wat sou die mooiklinkende woord: 'u-bun-tu' wat blykbaar oornag groot handelswaarde ontwikkel het, werklik beteken? Nadat Desmond Tutu in 'n videosnit die betekenis verduidelik het as:'I am because we are' en Bill Clinton daarop probeer verbeter het met: 'I am because you are', kon dit nie anders nie. Dié saak moes ondersoek word.

    Na 'n ompad deur Afrika en selfs die antieke geskiedenis, is weer in die eie tyd, by uitsprake van Mbeki, Tutu, Steve Biko en andere uitgekom. Daarna is na Ubuntu en die wêreldpolitiek gekyk, maar ook na 'n ubuntuplan en ekonomiese seifbeskikking met die oog op oorlewing.

    Die skrywer, Tobie Hart, slaag met hierdie werk om die leser te boei met aktuele inligting wat elkeen raak. Ook die voorblad, met reënboog en standbeeld praat met die leser.

    Die boek, teen R260-00 per harde kopie kan bestel word by: Groep 7 Drukkers Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..         Die boek is ook in Engels beskikbaar as Ubuntu: Re-invented

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2031 gaste aanlyn