NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Wanneer jy iemand kan vergewe vir iets wat hy teen jou verkeerd gedoen het, is dit 'n bewys van oorwinning – die oorwinning van die Gees oor die vlees, en suiwer genade. As jy nie kan vergewe nie sal die skerp klip van wrok en haat in jou hart, jou mettertyd verteer.

FOKUS VERLOOR?

Hannes Ollewagen

2 Kron. 1:1-13

“Toe sê God aan Salomo: Omdat dít in jou hart gewees het, en jy nie rykdom, skatte en eer en die lewe van jou haters of selfs 'n lang lewe begeer het nie, maar wysheid en kennis vir jou begeer het om my volk waaroor Ek jou koning gemaak het, te kan regeer —daarom word dié wysheid en dié kennis aan jou gegee. Ek sal jou ook rykdom en skatte en eer gee soos die konings wat voor jou gewees het, nie gehad het nie, en soos ná jou nie sal wees nie.” (:11&12).

’n Gebrek aan gesonde leierskap is kenmerkend van ons tyd. En sonder gesonde leierskap sal mense maklik fokus verloor. Hier ter plaatse het ’n groot gedeelte van ons volk ongeveer ses dekades gelede ook stelselmatig begin om fokus te verloor en eindelik besluit om uit vrees en ongeloof die politieke mag in die hande van ’n terroristebende oor te gee. Ons het die verbond wat tussen ons as ’n Godvresende volk en God bestaan, verontagsaam en derhalwe teen die HERE gesondig. “En die insettinge en die verordeninge en die wet en die gebod wat Hy julle voorgeskrywe het, moet julle altyd sorgvuldig onderhou, maar ander gode mag julle nie vrees nie.En die verbond wat Ek met julle gesluit het, mag julle nie vergeet nie, en julle mag ander gode nie vrees nie.” (2 Kon. 17:37&38). En die straf van die HERE oor ons volk is duidelik. Ons land en ons volk val uitmekaar. Families en gesinne leef in vyandskap teenoor mekaar. Mense belieg, besteel en bedrieg mekaar en die meeste mense dobber sonder enige rigting rond.

Daar is twee dinge wat my in hierdie tyd dan ook opval. Die eerste is die verbaasdheid van mense, die murmurering van mense oor die terrorisering van die landsburgers deur die politici en amptenary waaronder ook die polisie. ’n Mens hoor gedurig van mense wat vir omkoopgeld afgepers word en dit boonop deur lede van die polisie. Maar wat het u verwag sou gebeur nadat u toegestem het dat die regeermag van ons kosbare Vaderland aan ’n terroristebende oorgedra word? Het u werklik gedink dat ’n terroris nou van karakter verander omdat hy ’n ander benaming of amp ontvang het? Toe nou nie. Wat wel verander het, is die feit dat die persone in gesagposisies van hoofsaaklik Godvresende mense met absolute gewetenlose, goddelose kriminele vervang is. En hulle is nou die mense wat in die kollig is. Hulle is die mense oor wie se lewens en optrede berig word. Hulle is die mense wat steel, lieg en bedrieg en dan met geslepenheid ongeskonde daarvan afkom. En hierdie absolute verwerplike optrede smeer soos ’n smet aan die samelewing af – ook aan die voorheen gelowige samelewing. Laasgenoemde die tweede saak wat my in hierdie tyd opval en waarna ons ook verder moet kyk.

Sou u die koerant oopmaak, is die kanse skraal dat u nie van een of ander skema van diefstal of bedrog sal lees nie. En die moontlikheid dat hierdie verkeerde optrede later boonop tot moord sou lei, is groot. Die misdadigers is dan ook mense met vanne soos Van Niekerk, Botha, Liebenberg, Pretorius, Kruger – Afrikanermense!. En kyk ’n mens 185 jaar terug in die geskiedenis na die voorsate van ons volk wat in diepe ootmoed God se hulp en bystand teen die Zoeloe-oormag afgesmeek het en die wonder van Bloedrivier beleef het, wonder ’n mens hoe dit moontlik is om hier te beland waar ons as ’n volk onsself vandag bevind – tot by die nek in die modderpoel van sonde. Is dit hoe die nageslag lyk van die mense wat 185 jaar vantevore plegtig beloof het dat ons ’n volk van God sou wees wat tot sy eer hier plaaslik sou leef?

Ons kan in hierdie verband baie uit die lewe van Salomo leer. Hoe pragtig is die versoek nie wat Hy aan God in ons gelese gedeelte rig nie! Wanneer God aan Salomo die geleentheid bied om enigiets van Hom te vra, is Salomo se fokus nie op homself nie en daarom begeer hy nie rykdom, skatte en eer vir homself nie. Salomo se fokus is op hierdie stadium op God – dit wat sy verantwoordelikheid teenoor God is. En om hierdie verantwoordelikheid behoorlik na te kom, vra hy van God om vir hom die nodige insig en wysheid te gee. Sy hartsbegeertes (waaruit sy optrede spruit) is gesond omdat dit gebore word uit oorweging van dit wat God se welbehae is – sy fokus is m.a.w. op God. En sien u dan ook die ooreenstemming met ons voorgeslagte, geliefdes? Hulle fokus op daardie stadium, by Bloedrivier, was op God en die resultaat hiervan was ’n bewonderingswaardige en edele optrede.

Ons lees in 1 Konings 11 ook wat fout gegaan het in die lewe van hierdie bewonderingswaardige koning Salomo. “En in die tyd van Salomo se ouderdom het sy vroue sy hart verlei agter ander gode aan, sodat sy hart nie volkome met die Here sy God was soos die hart van sy vader Dawid nie.En Salomo het agter Astárte, die godin van die Sidoniërs, en agter Milkom, die verfoeisel van die Ammoniete, aan geloop.So het Salomo dan gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here en nie volgehou om die Here te volg soos sy vader Dawid nie.” (:4-6). Die fokus in Salomo se lewe het van God af verskuif en daarom is die mooi hartsbegeertes van vroeër in sy hart met verderflike hartsbegeertes vervang. En dit is wat ons ook in ons volkslewe vandag raaksien. Die fokus van mense in ons tyd is ook van God verskuif en hieruit word slegte hartsbegeertes gebore. En wanneer mense dan boonop sien hoedat “hooggeplaastes” in die samelewing self korrup en oneerlik optree, God glad nie voor oë hou nie, raak hulle makliker aan hierdie verfoeilike gedrag gewoond en dan later ook hieraan gelyk. Ewe min as wat jy van ’n terroris ’n edel mens kan maak deur hom in ’n gesiene posisie te plaas, sal die mens daarin slaag om met volharding goeie vrug te dra wanneer ons fokus van die HERE weggeneem word. “Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die wynstok bly nie, so julle ook nie as julle in My nie bly nie.” (Joh. 15:4).

Ons as gelowige kinders van God het die voordeel en voorreg van ’n onveranderlike en onwankelbare, edel voorbeeld vir ons lewe. En dit is vir ons nodig om ons fokus hierop te hou. Dit is vir ons in hierdie tye waarin daar soveel verkeerde dinge rondom is, só nodig om die Woord van die HERE met volharding, getrouheid en ywer te bestudeer, want sodoende sal ons fokus op Hom wees. En laasgenoemde is ons behoud in ’n verdwaalde samelewing wat heeltemal fokus verloor het.   “...laat ons ook elke las aflê en die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê, die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof, wat vir die vreugde wat Hom voorgehou is, die kruis verdra het, die skande verag het en aan die regterkant van die troon van God gaan sit het.” (Heb. 12:1&2).

Opsoek na inligting?

  • ‘n Nuwe boek deur doktor Mike du Toit het op die rak verskyn getiteld:

    ‘N ORGANIESE, EKONOMIESE EN POLITIEKE BESTEL

    VIR ‘N TOEKOMSTIGE AFRIKANERVOLKSTAAT

    Na Du Toit se oordeel het die kapitalisme en demokrasie ernstige tekortkominge en funksioneer dit tot nadeel van alle volkere wat wens om as organiese eenhede met ʼn eie identiteit te bestaan. Hierdie tekortkominge word in die boek uitgewys. Die kapitalisme en demokrasie berus op die liberale lewensbeskouing. As alternatief tot die liberalisme stel Du Toit die organiese lewensbeskouing. Lees alles wat u daaroor wil weet by hierdie skakel NUWE BOEK DEUR DR MIKE DU TOIT

    ______________

    UBUNTU; Herbedink

    Die gonswoord van 'n dekade of wat gelede, nl 'Ubuntu', het 'n mens nuuskierig gemaak. Wat sou die mooiklinkende woord: 'u-bun-tu' wat blykbaar oornag groot handelswaarde ontwikkel het, werklik beteken? Nadat Desmond Tutu in 'n videosnit die betekenis verduidelik het as:'I am because we are' en Bill Clinton daarop probeer verbeter het met: 'I am because you are', kon dit nie anders nie. Dié saak moes ondersoek word.

    Na 'n ompad deur Afrika en selfs die antieke geskiedenis, is weer in die eie tyd, by uitsprake van Mbeki, Tutu, Steve Biko en andere uitgekom. Daarna is na Ubuntu en die wêreldpolitiek gekyk, maar ook na 'n ubuntuplan en ekonomiese seifbeskikking met die oog op oorlewing.

    Die skrywer, Tobie Hart, slaag met hierdie werk om die leser te boei met aktuele inligting wat elkeen raak. Ook die voorblad, met reënboog en standbeeld praat met die leser.

    Die boek, teen R260-00 per harde kopie kan bestel word by: Groep 7 Drukkers Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..         Die boek is ook in Engels beskikbaar as Ubuntu: Re-invented

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 828 gaste aanlyn