NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons Afrikanervolk kan nie vandag roem op 'n geskiedenis van verstandigheid en harte wat aan die geloof van reg en verkeerd vasgehou het nie. As ons het, sou ons nie vandag in ons eie land verkneg gewees het onder 'n ateïstiese swart owerheid nie.
Die twee Emmaüsgangers was so teleurgesteld dat Jesus dood is omdat hulle gedink het Hy sal die Een wees wat die volk Israel gaan red, en hulle het nie besef Hy het opgestaan en praat nou self met hulle nie want hulle het nie aan die beloftes van sy opstanding vasgehou nie. Daarop het Jesus aan hulle gesê het "o Onverstandiges, met harte wat traag is om te glo alles wat die profete gespreek het!" Bid dat God ook óns volksondes vergewe en ons laat bly leef!

ONS LEWENSLIG

Hannes Ollewagen

Jes. 2:1-22

“Kom, huis van Jakob, en laat ons wandel in die lig van die Here!” (:5)

Hoe gepas is hierdie uitnodiging by monde van die profeet Jesaja nie ook vir ons volk vandag nie. Die profeet rig hierdie wekroep tot sy volk in ’n tyd waarin God se grimmigheid a.g.v. hul ongeregtigheid oor hul uitgestort word. Die volk Israel het in die tyd van Jesaja, soos ons eie volk vandag, in sy eiesinnigheid en navolging van sy afgode so ver van die Lig beweeg dat hulle in die duisternis verdwaal geraak het.

Hierdie verskynsel is in ons tyd ook baie duidelik waarneembaar. Ons kan self sien hoedat mense meer en meer sukkel om tussen reg en verkeerd te onderskei. Inteendeel, ons sien selfs al hoedat mense baie dinge wat ’n paar dekades gelede as heeltemal verkeerd en onaanvaarbaar beskou is vandag gewoon as heeltemal aanvaarbaar en selfs as “reg” beskou. Die rede hiervoor is eenvoudig – die afwesigheid van die ware Lig in die mens van ons tyd se lewe maak dat hulle nie meer kan sien nie. “Maar as ons evangelie dan nog bedek is, is dit bedek in die wat verlore gaan, naamlik die ongelowiges in wie die god van hierdie wêreld die sinne verblind het, sodat die verligting van die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is, op hulle nie sou skyn nie.” (2 Kor. 4:3&4).

Die gebrek aan liefde vir die Lig in ons tyd is teleurstellend en kommerwekkend om die minste te sê. Mense se optrede in ons tyd getuig daarvan dat daar nie meer ’n liefde vir die Lig (die Woord deur God self gestuur) is nie. Die dag van die HERE is nie meer belangrik nie. Mense sal eerder op hierdie dag hul tyd daaraan spandeer om hulself op allerhande wyse te vermaak. En by vermaak sluit ek die menige sogenaamde “kerke” in waar mense bloot na motiveringspraatjies eerder as ware onderrig uit God se Woord sit en luister. Laasgenoemde is maar net ’n ander vorm van vermaak en is ligjare van die ware Godsdiens verwyder omdat dit nie ten doel het om die mens van sy verkeerde weë terug te bring en sy verhouding met God te versterk nie, maar eerder om sy tyd in beslag te neem sodat hy dit nie aan sy verhouding met God spandeer nie. Die Lig van die Woord skyn nie in hierdie plekke nie. En mense verkies om hul tyd op hierdie wyse deur te bring omdat hulle nie met die waarheid van God se Woord gekonfronteer wil word nie. Mense wil nie hoor dat hulle verkeerd handel nie. Mense wil nie na die Lig kom nie omdat hul in hul lewens verdorwe geraak het en hul liefde vir die Lig uitgedoof is. “Want elkeen wat kwaad doen, haat die lig en kom nie na die lig nie, dat sy werke nie bestraf mag word nie.” (Joh. 3:20).

Daar is vir ons net een manier om nie in die duisternis van hierdie lewe te verdwaal nie. En dit is om in die ware lig te wandel. “EN Jesus het weer met hulle gespreek en gesê: Ek is die lig van die wêreld; wie My volg, sal sekerlik nie in die duisternis wandel nie, maar sal die lig van die lewe hê.” (Joh. 8:12).

Maar wat beteken dit om in die lig te wandel? Dit beteken dat ons genoegsame tyd daaraan sal wy om met erns die Woord van die HERE te bestudeer – m.a.w. dat ons na die Lig sal gaan. Ons behoort dan ook verder nie die regverdigheid en insettinge van God deur sy Woord aan ons geopenbaar te bevraagteken nie, maar eerder ons lewens daarvolgens in te rig. Sy Woord moet m.a.w. vir ons die bepalende en deurslaggewende maatstaf van reg en verkeerd wees en ons moet in hierdie lig wandel – ons moet volgens hierdie maatstaf van reg en verkeerd elke oomblik probeer leef. “U woord is 'n lamp vir my voet en 'n lig vir my pad.” (Ps. 119:105).

Mense wat (soos die meeste leiers van die NG Beweging vandag – ons kan dit nie meer ’n kerk noem nie) probeer om alewig debat te voer oor die insettinge wat God aan ons in sy Woord gee en of dit nog in ons tyd van toepassing is en allerhande maniere soek om mense se gehoorsaamheid hieraan te ondermyn, is vyande van die Lig wat hulself daarvoor beywer vir ’n oorwinning van die duisternis oor die lig. Moenie dat hierdie mense u verwar nie. Moenie dat hulle nuttelose gestryery by u ’n weersin in die ware Godsdiens wek nie. Dit waarmee hulle besig is, is nie die ware Godsdiens nie! Die feit dat hierdie mense verkeerd met God se Woord omgaan, maak nie sy Woord verkeerd nie – die verkeerd is by hulle. Moet ook nie agter hierdie soort van mense aan dwaal nie. Moenie dat hulle die ware Lig wat ook u lewe moet verlig, in u lewe verduister nie. U het die voorreg van God se volmaakte Woord tot u beskikking – soek daarin na die Lig in hierdie lewe waarin elke mens behoort te wandel en leef daarin, verbly en verlustig u daarin!

“Want by U is die fontein van die lewe; in u lig sien ons die lig.” (Ps. 36:10).A

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1397 gaste aanlyn