NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Niemand sal verskil oor die feit dat elke gelowige op aarde steeds 'n daaglikse stryd voer nie. Hierdie oorlog woed omdat Satan onverpoosd veg om kinders van God te verslind. Elke gelowige is egter 'n soldaat van die Here en ons veg teen die duiwel en sy bose magte, maar ons voer nie 'n hopelose stryd nie, wel 'n oorwinnaarstryd want: Christus het reeds die oorwinning vir ons aan die kruis behaal!

VREES GOD!

Hannes Ollewagen

Spr. 1:7-19

“DIE vrees van die HERE is die beginsel van die kennis; sotte verag wysheid en tug.” (:7).

Ons is almal bekend daarmee dat koning Salomo ’n besonderse wyse man was. “So het koning Salomo dan groter geword as al die konings van die aarde, in rykdom en wysheid.” (1 Kon. 10:23). En deur sy mond het God ook aan sy volk ontsettend baie lewenswysheid geleer. Die eerste ding waarvan ons in Spreuke lees, is wat die grondslag van kennis is. Die vertrekpunt, die fondasie van kennis en wysheid is ’n vrees vir God. “Die vrees van die HERE is die beginsel van die kennis;...” Dit word vir ons ook in Spr. 9:10 bevestig. “Die beginsel van die wysheid is die vrees van die HERE, en kennis van die Heilige is verstand.”

Ons weet natuurlik dat die vrees vir God nie vreesbevange beteken nie. Dit is nie om so vreesbevange te wees dat ons geen vrymoedigheid het om met eerbied tot Hom te nader nie. Hierdie vrees vir God verwys na die ontsag wat ons aan Hom verskuldig is. Dit is hierdie ontsag, hierdie vrees vir God wat dan aan die grondslag van kennis en wysheid lê. Hierdie ontsag in ons harte wat ons rig om die Woorde van God met ootmoed en ontsag te aanvaar. Ja, in so ’n hart met ootmoed en ontsag gevul sal die Woord van God ingang vind. ’n Mensehart daarenteen waarin daar geen ontsag of vrees vir God is nie sal vir sy Woord nie ontvanklik wees nie. Ek dink net soos wat selfsug as die teenpool van liefde gestel kan word, kan verwaandheid teenoor vrees vir God gestel word. Hierdie ontsag, vrees vir God, is derhalwe ’n deug wat enige kind van God met ywer moet nastreef.

Ons leer uit verskeie gedeeltes uit God se Woord van die behae wat God in die nodige vrees vir Hom het. Luister na die duidelike getuienis in Ps. 147:11. “Die Here het ’n welgevalle in die wat Hom vrees, wat op sy goedertierenheid hoop.” En dink maar met hoeveel welgevalle God hierdie gesindheid van die nodige vrees vir Hom in die vroedvroue in Egipte se harte raakgesien het. “En omdat die vroedvroue God gevrees het, het Hy huisgesinne aan hulle geskenk.” (Ex. 1:21). Hierdie vroedvroue se ontsag vir God was groter as hul ontsag vir die Farao. En dit is hoe dit behoort te wees.

God se totale afsku van hulle wat nie die nodige vrees en ontsag aan Hom betoon nie is vir ons uit sy Woord ewe duidelik. Dink maar aan sy opdrag dat Ámalek, wat God nie gevrees het nie, se gedagtenis onder die hemel uitgedelg moet word. Die opdrag was nie dat hulle maar net gestraf moes word nie, maar dat hulle gedagtenis van die aarde af uitgedelg moes word. “DINK aan wat Ámalek op die pad by julle uittog uit Egipte aan jou gedoen het,hoe hy jou op die pad teëgekom het en by jou die agterhoede, al die swakkes agter jou, verslaan het terwyl jy moeg en mat was, en hy God nie gevrees het nie. As dan die Here jou God vir jou rus gee van al jou vyande rondom, in die land wat die Here jou God jou as erfenis sal gee om dit in besit te neem, dan moet jy die gedagtenis van Ámalek onder die hemel uitdelg; vergeet dit nie.” (Deut. 25:17-19). En die erns hiervan word later weer vir ons beklemtoon wanneer Saul, as koning van Israel, opdrag ontvang om Ámalek met die banvloek te tref en hy dit nie doen nie. Hy voer teen hul oorlog, maar verdelg hulle nie volgens God se opdrag onder die hemel uit nie. Die gevolg hiervan was dat God hom as koning verwerp het. “En die Here het jou op die pad gestuur en gesê: Gaan heen en tref die sondaars, die Amalekiete, met die banvloek en veg teen hulle totdat hulle vernietig is. Waarom het jy dan nie na die stem van die Here geluister nie en op die buit afgestorm en gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here? Want wederstrewigheid is 'n sonde van waarsêery, en eiesinnigheid is afgodery en beeldediens. Omdat jy die woord van die Here verwerp het, het Hy jou as koning verwerp.” (1 Sam. 15:18,19 &23).

Die gebrek aan vrees vir God in die wêreld is ook in hierdie tyd waarin ons leef duidelik waarneembaar. En ons eie volk se hande is ongelukkig ook nie skoon t.o.v. hierdie onreg nie. Hierdie feit is baie hartseer, maar ongelukkig waar. Dink maar aan die verwaandheid wat selfs in kerklike kringe te bespeur is waar die Woord van God nie alleen bevraagteken word nie, maar sommer ook onder die dekmantel van “vertalings” doelbewus verander word. Getuig hierdie optrede van ontsag teenoor God of onderstreep dit nie duidelik ’n verwaandheid van mense wat hulself die reg aanmatig om God se ordening en insettinge te verander nie? So ’n optrede is mos ’n blatante minagting vir God se Woord! “Julle mag by die woord wat ek julle beveel, niks byvoeg nie, en julle mag daar niks van weglaat nie; sodat julle die gebooie van die Here julle God mag onderhou, wat ek julle beveel.” (Deut. 4:2). Die normale verloop van sake op die Sabbat is ’n verdere getuienis van die gebrek aan ontsag vir God in ons volkshart. “My heilige dinge het jy geminag en my sabbatte ontheilig.” (Eség. 22:8). ’n Mens verniel mos nie iets van ’n ander vir wie jy ontsag het nie? So ’n optrede getuig dan juis daarvan dat jy geen respek en ontsag vir ’n ander het nie. Wanneer ons God se insettinge en gebooie en dit wat Hy self geheilig het, bv. die Sabbat en die huwelik as ’n heilige instelling, verniel, getuig dit nie van ons gebrek aan vrees vir Hom nie? Sou u hierdie wou ontken, antwoord eenvoudig die volgende vrae: is handel op die Sabbat ’n ongewone gesig onder ons volk? Is egskeiding ’n ongewone gesig onder ons volk? Die woorde uit Eség. 22:26 lewer ’n duidelike getuienis in hierdie verband, geliefdes. “Sy priesters verkrag my wet en ontheilig my heilige dinge; tussen heilig en onheilig maak hulle geen onderskeid nie, en die verskil tussen onrein en rein gee hulle nie te kenne nie; daarby maak hulle hul oë toe vir my sabbatte; ja, Ek word onder hulle ontheilig.”

Ons lees in Romeine 3 waar die sondige optrede van die mens in geen onduidelike taal uitgedruk word. “Hulle het almal afgewyk, saam het hulle ontaard. Daar is niemand wat goed doen nie, daar is selfs nie een nie. Hul keel is ’n oop graf, met hul tonge pleeg hulle bedrog, die gif van adders is onder hulle lippe. Hulle mond is vol vervloeking en bitterheid. Haastig is hulle voete om bloed te vergiet. Verwoesting en ellende is in hulle paaie, en die weg van vrede ken hulle nie.” (Rom. 3:12-17). En wat lê aan die grondslag van hierdie verkeerde, verrote lewe? ’n Gebrek aan vrees vir God! “Daar is geen vrees van God voor hulle oë nie.” (Rom. 3:18).

Die mens se erkenning van God se Woord, sy insettinge en verordeninge, verander niks aan die egtheid, die wese, die onverandelikheid of die duur daarvan nie. Die mens se ontkenning of erkenning hiervan getuig alleen van sy eie ontsag vir God of dan die gebrek daaraan. Feit bly staan dat God se gebooie vir alle mense geld ongeag of die mens dit met ontsag aanvaar of in verwaandheid verwerp. Hiervoor sal elkeen vir homself eendag voor God verantwoording doen. Mag ek en u ons met ootmoed aan God se Woord en insettinge onderwerp en mag ons lewens getuig van die vrees van God in ons harte! “Die hoofsaak van alles wat gehoor is, is: Vrees God en hou sy gebooie; want dit geld vir alle mense. Want God sal elke werk bring in die gerig wat kom oor al die verborge dinge, goed of sleg.” (Pred. 12:13&14).

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2699 gaste aanlyn