NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Deesdae grens dit aan 'n wonderwerk as 'n mens bereid is om iets van homself aan iemand anders te gee. Romeine 13 leer ons dat ons niemands iets verskuldig mag wees behalwe om mekaar lief te hê nie – dit is juis hierdie liefde wat ons mekaar verskuldig is. Maar al wat ons hoef te doen sonder om onsself in te doen, is om na mekaar te luister, tyd saam deur te bring en mekaar te respekteer.

DĺT IS GOD SE WIL

Hannes Ollewagen

1 Thes. 4:1-12

“Want dit is die wil van God: julle heiligmaking;...” (:3).

Daar is menige gedeeltes uit die Woord van God wat ons met inspanning moet bestudeer en lank moet bepeins alvorens ons dit verstaan. Daar is ook ander gedeeltes uit God se Woord wat ons deur die werking van die Heilige Gees skielik verstaan nadat ons dit al soveel kere vantevore gelees het en bykans nie eers opgemerk het nie. En dan is daar ook die gedeeltes uit die Woord van God wat so duidelik en prontuit gestel word dat ons dit nie kan misverstaan nie. So ’n gedeelte is juis ons teksvers van vandag – “Want dit is die wil van God: julle heiligmaking;”. Wat is die wil van God? Ons heiligmaking. Is dit vir God belangrik dat ons heilig moet wees? Ja. Ons kan dit vanuit verskillende hoeke benader, maar die boodskap is dieselfde en baie duidelik.

 

God openbaar deur sy Woord sy wil aan ons. En dit is duidelik uit God se Woord dat ons heiligmaking vir Hom belangrik is – baie belangrik. “...sodat Hy julle harte kan versterk om onberispelik te wees in heiligheid voor onse God en Vader by die wederkoms van onse Here Jesus Christus met al sy heiliges.” (1 Thes. 3:13). Hy wil dat ons eindelik sy heiligheid deelagtig word. “Want húlle het ons wel ’n kort tydjie na hulle beste wete getugtig; maar Hy tot ons beswil, sodat ons sy heiligheid kan deelagtig word.” (Heb. 12:10). God het hierdie wil van Hom alreeds in die vroegste tye deur die mond van sy kneg, Moses, ook aan sy volk geopenbaar. “Want Ek is die HERE julle God; toon dan dat julle heilig is en wees heilig, want Ek is heilig; ...” (Lev. 11:44). En in Lev. 21:8 stel God dit dat ons deur Hom geheilig word wat vir ons die heilsaamheid en goedheid hiervan bevestig aangesien God goed en reg is in al sy handel. “...want heilig is Ek, die HERE, wat julle heilig.”

Die belangrikheid van ’n heilige lewenswandel voor God word ook vir ons in die lewe van Johannes uitgelig. Ons weet dat hy ’n besonderse man was wat ook in ’n baie besonderse verhouding met God geleef het. Luister gerus na Christus se getuienis oor hierdie man. “Voorwaar Ek sê vir julle, onder die wat uit vroue gebore is, het daar nie een opgestaan wat groter is as Johannes die Doper nie...” (Matt. 11:11). En ons lees in Markus 6:20 dat hierdie besonderse man ook ’n heilige man was. “Want Herodus was bang vir Johannes, omdat hy wis dat hy ’n regverdige en heilige man was,...”.

In Johannes 17 lees ons van Jesus se gebed vir Sy dissipels. Hierdie is so ’n kosbare gedeelte waarin ons diep in die hart van onse Here Jesus Christus kan inkyk om te sien wat die kosbarhede is wat in Sy rein en onbesmette hart lê. En een van hierdie kosbaarhede wat ons kan raaksien, is Christus se bede – Sy wens wat Hy vir Sy dissipels uitstort. Hierdie wens is die heiligmaking van Sy dissipels. “Heilig hulle in u waarheid; u woord is die waarheid. En Ek heilig Myself vir hulle, sodat hulle ook in waarheid geheilig kan wees.” (Joh. 17:17, 19). En eindelik bewys Christus dan ook die belangrikheid van hierdie heiligmaking van ons voor God wanneer Hy sy kosbare bloed vir ons uitstort sodat ons daardeur geheilig kan word. “Deur hierdie wil is ons geheilig deur die offer van die liggaam van Jesus Christus, net een maal.” (Heb. 10:10).

Terwyl dit dan vir ons volkome duidelik is dat ons heiligmaking vir God van uiterste belang is, is dit tog vreemd dat menige teoloeë deesdae hierdie waarheid verswyg. Tewens, nie alleen word hierdie waarheid verswyg nie, maar mense word tot die teendeel van heiligmaking aangespoor. Ja, mense word met prekies van finansiële voorspoed besig gehou en gierigheid word hierdeur in hulle harte gesaai. En dan word daar aan mense verkondig hoe belangrik dit is dat jy die lewe moet geniet, want die lewe is kort en dit is jóú lewe. Regtig? Is ’n gelowige nie veronderstel om homself te kruisig om volkome in Christus te leef eerder as om na die genot van hierdie lewe te streef nie? “...aangesien ons dit weet dat die oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie. Want hy wat gesterf het, is geregverdig van die sonde. As ons dan saam met Christus gesterf het, glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe,” (Rom. 6:6-8). Moet ons nie volgens die voorbeeld van die besonderse en heilige man, Johannes, eerder ons eie lewe en begeertes op die agtergrond plaas sodat Christus op die voorgrond kan wees nie? “Hy moet meer word, maar ek minder”. (Joh. 3:30). Moet Christus en die heiligmaking wat vir Hom belangrik is nie op die voorgrond gestel word en ons aardse, vleeslike en verganklike begeertes ver op die agtergrond gestel word nie?

Die eenvoudige en reguit antwoord waarom menige teoloeë die verkondiging van heiligmaking verswyg en ook in die proses mense tot ’n lewe van onheiligheid aanmoedig wanneer hulle die sonde nie veroordeel nie, is eintlik eenvoudig. Dit is vir hierdie mense nie belangrik wat in God se hart lê nie. As dit wat in God se hart is vir hulle belangrik was, sou hulle in sy Woord daarna gesoek het eerder as om sy Woord gedurig te bevraagteken en te probeer verander. As dit wat in God se hart is vir hulle belangrik was, sou hulle dit met ywer aan mense verkondig het eerder as om mense tot ’n lewe van onheiligheid aan te moedig en gruwels soos tatoeëring, hoerery, homoseksualisme, onsedelikheid, drankmisbruik, ontheiliging van die Sabbat, gierigheid, sogenaamde menseregte en dergelike dinge goed te praat. Hulle heg geen waarde aan die kosbare skatte in God se hart nie, maar sal mense ter wille van voordeel met hul woorde vlei en selfs mense tot ongebondenheid aanmoedig sodat hulself met groter gemak en onveroordeeld in ongebondenheid kan voortleef. “Hulle is murmureerders wat oor hul lot klae, en volgens hulle begeerlikhede wandel; en hulle mond spreek trotse woorde, terwyl hulle mense vlei ter wille van voordeel.” (Judas : 16).

Dit wat ons vandag in die wêreld sien gebeur, nl. die aanmoediging en bevordering van homoseksualisme, “transgender”-gedagtes, menseregte, twis, tweedrag en talle ander gruwels wat mense tot ’n onheilige lewe aanspoor, is eenvoudig niks anders as vyandskap teen God nie. En in plaas daarvan dat hierdie gruwels deur teoloë en kerke skerp veroordeel word, het die meeste sogenaamde kerke ’n instrument geword waardeur hierdie gruwels van regerings goedgepraat word. Hierdie sogenaamde “regte” van mense het niks maar niks te make met ons vryheid in Christus nie al sou hierdie misleiers probeer voorgee dat hulle so ’n vryheid in Christus verkondig. Hierdie is ’n absolute ignorering, miskenning en vertrapping van dit wat vir God kosbaar is en wat Hy volkome duidelik deur sy Woord aan ons openbaar. Hierdie mense lewe as vyande van God en daarom breek hulle aktief af en verniel hulle met opset dit wat vir God kosbaar is. “Want baie — van wie ek julle dit dikwels gesê het en nou ook onder trane sê — wandel as vyande van die kruis van Christus. Hulle einde is die verderf, hulle god is die buik en hulle eer is in hulle skande; hulle bedink aardse dinge.” (Fil. 3:18&19).    

Laat ons wat God in waarheid liefhet vashou aan daardie dinge wat vir God kosbaar is en streef na ’n lewe van heiligheid in Hom omdat ons weet dat ons heiligmaking sy wil is. En laat ons Hom sodoende eer en behaag.

“Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking waarsonder niemand die Here sal sien nie;” (Heb. 12:14).

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1117 gaste aanlyn